|
Maar presies wat is daar in sigaretdampe wat dit so besonder gevaarlik maak vir die mens?
Miskien sal daar nog ’n tyd kom wanneer mense sal terugkyk op ons teenswoordige samelewing en dink: hoe is dit moontlik dat miljoene mense willens en wetens hul graf met ’n brandende stukkie twak tussen hul lippe gegrawe het? _________________________________________________ |
|
IIIN tabakrook—waarmee baie mense hul longe so behaaglik besoedel—skuil daar verskillende, baie ernstige gevare. Een daarvan is die veelbesproke nikotien, ’n giftige, vloeibare stimulant wat in die tabakblaar voorkom. Baie
mense weet dit nie, maar nikotien is genoem na ’n persoon. Hy was Jean
Nicot de Villemain (1530-1600), ’n Franse diplomaat en die eerste mens
wat tabak in Frankryk ingevoer het. Tabak is natuurlik uit die Amerikas
na Europa gebring ná die ontdekking van die nuwe wêreld deur
Christopher Columbus.
Maar
selfs vriend Nicot het waarskynlik nie geweet hoe potensieel gevaarlik
sy ingevoerde, "lekker" stimulerende blare werklik was nie. Hy
sou stellig in elk geval nooit kon voorsien het watter heftige veldtogte
hier in ons tyd teen die einste tabakblaar gevoer sou word nie. Nadat
talle moderne medici naamlik tabakrook met longkanker, hartsiektes,
chroniese brongitis, enseem en ander siektes verbind het, is intensiewe
veldtogte in baie lande geloods om die gebruik en bemarking van tabak te
beperk. Dit het ook in Suid-Afrika gebeur. In
Julie 2000 het ’n Amerikaanse jurie selfs ’n ongehoorde
skadevergoeding van $145 miljard toegestaan in ’n eissaak teen vyf
tabakfirmas en twee navorsingsorganisasies. Daar is bevind dat meer as
500 000 rokers in die Amerikaanse staat Florida weens hul rookgewoonte
aan hartsiekte, longkanker en ander siektes gely het. Die stryders teen
rook is dus werklik aan die brand!
Maar
presies wat is daar dan alles in rook wat dit so lewensgevaarlik maak?
As sigaret- en pyprook vergelyk word, is die dampe wat ’n brandende
sigaret afgee en deur die roker ingeasem word, die gevaarlikste. Omdat
pyprokers minder geneig is om rookdampe diep in te trek, ly hulle minder
as sigaretrokers aan die skadelike uitwerkings van tabakrook op die
asemhalingstelsel. Pyprokers is egter meer vatbaar as nie-rokers vir
lip-, tong-, mond- en keelkanker.
Van
die gifstowwe in rook het ons reeds nikotien hierbo genoem. Maar •
Nikotien is wel die stof wat mense afhanklik van rook maak. Dit
dien in ’n mate as ’n kalmeermiddel, maar stimuleer terselfdertyd die
afskeiding van epinefrien (adrenalien) in die bloed—een faktor wat
die bloeddruk abnormaal laat styg. •
Teer in rook irriteer die asemhalingstelsel en is ’n belangrike
oorsaak van longkanker. •
Die gas koolstofmonoksied in rook bereik die bloed deur die
longe, verbind met die hemoglobien in die bloed en ontneem die weefsels
van suurstofvoorsienende hemoglobien. Op die duur dra dit by tot
arteriosklerose, wat die hoofoorsaak van hartaanvalle en beroerte is. Rook
beskadig die longe deurdat rookdeeltjies die lugweë van die longe
irriteer, wat veroorsaak dat oormatige slym afgeskei word. Die rookdeeltjies
vernietig ook onregstreeks die wande van die Die
babas van ma’s wat rook, is oor die algemeen kleiner en het ’n swakker
houvas op die lewe as dié van nie-rokers. Daar is selfs bewyse dat sogenaamde passiewe rokers (mense wat self nie rook nie, maar in ’n rokerige atmosfeer vertoef) ook ’n groter gevaar loop om aandoenings van die asemhalingstelsel op te doen as mense in onbesoedelde lug.
Die
invloed van rook op die gesondheid en prestasies van jeugdiges KENNERS wat die invloed van rook op die
gesondheid en prestasies van jeugdiges bestudeer het, waarsku teen ’n
hele aantal erg nadelige effekte wat sigarette op sulke jong kinders
het. Onder
jong mense lei rook op die kort termyn tot skade aan die
asemhalingstelsel, afhanklikheid van nikotien en ’n gepaardgaande
risiko van drank- en dwelmmisbuik Op die lang termyn beteken ’n
verslaafdheid aan sigarette by die jeug dat sulke mense in baie gevalle
regdeur hul volwasse lewe sal aanhou rook. Bloot
oppervlakkig beskou word jong mense se liggaamlike fiksheid op minstens
twee maniere deur rook aangetas: hulle kan nie meer soveel uitrig as
voorheen nie en hulle kan ook nie meer so lank aanhou met ’n taak nie. Wat
egter onrusbarend is, is dat die groei van die jong longe gestrem word
en dat die maksimum-vermoë van sulke longe verlaag word. Dit beteken
dat die longe nie meer so goed werk as wat hulle sou as die jong mens
nie gerook het nie. Bowendien
klop die hart van ’n rokende jeugdige in ’n rustende toestand twee
tot drie kloppe per minuut vinniger as dié van ’n nie-roker. Rook
lei ook tot ’n gehoes en baiemaal tot asemhalingsiektes wat al hoe
meer toeslaan en ál ernstiger raak. Hoe
jonger ’n kind sigarette begin rook, hoe waarskynliker is dit dat hy
of sy sterk afhanklik sal raak van nikotien. Tieners
wat rook, is drie keer meer geneig as nie-rokers om alkohol te gebruik
en agt keer meer geneig tot daggarokery. Rook word ook met ’n reeks
ander gevaarlike handelinge, byvoorbeeld bakleiery, verbind—selfs met
promiskuïteit. Rook
het nie net verskillende nadelige uitwerkings op die gesondheid nie, maar kan ook onderliggende sielkundige probleme, soos
depressie, by adolessente in die hand werk. Navorsers
sê hoërskoolleerlinge wat gereëlde rokers is en vroeg-vroeg begin
rook het, is: • 2,4 keer meer geneig tot siektes as hul nie-rokende
vriende; • 2,4 tot 2,7 keer meer geneig om slym of bloed te hoes,
kortasem te wees terwyl hulle nie oefening doen nie, en aamborstig te
wees of te hyg. • 3,0 keer meer geneig om ’n sielkundige of ’n ander kenner te spreek weens ’n emosionele of sielkundige probleem.
Hoe
ons nuwe rookwetgewing die omgewing skoner gemaak het
IIINGEVOLGE Suid-Afrika se
Wysigingswet op Tabakbeheer (Wet 12 van 1999) mag daar nie op openbare
plekke gerook word nie. Dit sluit bioskope, winkelsentrums, busse,
lughawens, werkplekke, ensovoorts in.
Die
skoner omgewing is daar vir almal om te sien. Die ontsierende stompies
en sigaret-as wat op openbare plekke die asbakkies vol gelê het—en
baiekeer selfs die vloere—is nie meer daar nie.
Die
dampe wat ’n mens byvoorbeeld op busse laat stik het tot jou oë
traan, is iets van die verlede.
Rokers
in kantore is uitgerangeer tot in spesiale rookkamers waar hulle nie
langer die geboue se nie-rokers met hul bondels rook kan irriteer nie.
Ja-nee,
die wêreld is nou sommer ’n baie beter plek.
As alle
mense nou nog net oorreed kan word dat rook sommer twak is!
_________________________________________________
_________________________________________________ |