’n Laslappie van Mieliestronk

ROOFVOËLS:
Heerskappy van die gevleuelde jagters

 
Foto’s: U.S. Fish & Wildlife Service, tensy anders vermeld

   

      

DAAR is byna 280 roofvoëlspesies, m.a.w. voëls wat op ander voëls of klein diere jag maak. Onder hulle is arende, valke, lammervangers, visvangers en uile. Hulle vlieg hoog oor die land of water om hul prooi te soek, en duik dan skielik af om dit met hul skerp en kragtige kloue te gryp. Die voëls gebruik hul krom snawels om die vleis aan repe te skeur.

 

Die witkoparend, die nasionale embleem van die VSA, is ’n kragtige en bedrewe jagter. Hy word kragtens wet in al die Amerikaanse state beskerm.

 

Die swerfvalk (Falco peregrinus) is ’n uiters vinnige roofvoël. Hy vlieg teen 270 km/h wanneer hy duik om sy prooi te vang. Kondors het die grootste vlerkspan—sowat 3 m. Die kondor van die Andesgebergte in Suid-Amerika is die swaarste roofvoël en weeg van 9 tot 11 kg.

 

Die nonnetjiesuil of kerkuil, wat tot 60 cm lank word, is ’n bedrewe nagtelike jagter. Hy sien baie goed in die donker en slaan so stil-stil toe op sy slapende prooi. Dié uil woon in die holtes van groot bome en vreet klein diertjies soos veldmuise, asook hase en voëls.

 

Aasvoëls vreet die karkasse van diere. Hulle skeur die vleis met hul snawels stukkend.

 

Valkejag is ’n sport wat in die Middeleeue baie gewild geword het. Dit is deur invallers uit Asië in Europa ingevoer. Roofvoëls, en veral valke (wat tydelik verblind is om kalm te bly), is geleer om van ’n handskoen op te vlieg en op hul prooi af te duik.

 

LINKS: Die sogenaamde “American kestrel”,  tradisioneel een van beste jagvalke vir valkjagters in die VSA.

 

 

 

 

  

  


Klik hier om terug te keer na die Laslappie-bladwyser

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad