BYDRAE DEUR: ARETHA
E-POS:
Aretha@wam.co.za
DATUM: 25/05/2004
TITEL: VIGS (212 woorde)
My artikel van vigs gaan oor wat die kinders van vandag werklik weet oor vigs. Hulle persoonlike opinies en hoe hulle daaroor voel. Doen skole genoeg om kinders in te lig en te beskerm? Dra die onderwysers die korrekte informasie oor? Al hoe meer kinders is MIV-positief teen die tyd dat hulle die skool verlaat. Volgens onlangse navorsing word bewys byna driekwart van alle nuwe MIV-infeksies tussen die ouderdom van 15-25 opgedoen word.
Baie kinders dink net sekere soorte mense kry vigs, maar dis glad nie waar nie. Enige iemand kan vigs kry. Maak nie saak watter kleur vel jy het of hoe belangrik jy is nie. As jy onverantwoordelike besluite gaan neem, moet jy die gevolge daarvan dra. In baie skole is vigs nog nie 'n werklikheid nie. Die kinders besef nie watter aaklige gevolge dit het nie.
Toe ‘n seuntjie van 12 jaar gevra is wat hy daarvan dink, het hy gesê dis nie belangrik nie, want hy ken niemand met vigs nie. Hoekom sal hy dit nou kry? Maar die werklikheid is dat vigs oral rondom ons is. Daar is soveel maniere om dit te kry. Dis hoekom voorhuwelike seks so gevaarlik is. Ons moenie mense moet vigs verwerp nie, ons moet hulle help en uit hulle foute leer.
Bron: HUISGENOOT 17 APRIL 2003