MIELIESTRONK-RUILPROJEKTE
BYDRAE DEUR: DANIE VAN DER VYVER
SKOOLGRAAD: 7
E-POS: nvandervyver@saexpress.co.za
DATUM: 11/10/2004
PROJEKTITEL:
DIE BEROEP VAN DIE VLIEëNIER/LOODS
MY ouers werk albei vir die Lugdiens, en vandat ek my verstand het, raak ek groot met vliegtuie en alles wat daarmee saamgaan. Van jongs af was ek mal daaroor en is dit my begeerte om eendag te vlieg. Dit sal wonderlik wees om aan die stuur van so ’n groot metaalvoel te sit en te weet hoe dit werk om in die lug te bly, maar só ontmoet jy ook baie mense, leer ander kulture ken en sien jy die wêreld.
WAT BEHELS DIE BEROEP:
Die vlieënier is in beheer van ’n vliegtuig, in militêre en burgerlugvaart. In lugrederye en baie ander organisasies is vlieëniers lede van ’n span wat ’n tweemanstuurkajuit-bemanning of ’n bemanning van baie lede insluit. Die een vlieënier is die hoofvlieënier of kaptein as daar meer as een in die vlugbemanning is.
WAT IS DIE VEREISTES VIR DIE BEROEP?
• ’n Hoë standaard van mediese fiksheid
• Goeie fisieke koördinasie
• Wetenskaplike aanleg
• Goeie intellektuele vernuf
• ’n Koel verstand wat vinnig besluite kan neem
• Bereid wees om lang, ongereëlde ure te werk en lank kan wakker bly
• Gereed staan om baie te reis
• Net so goed op jou eie as in ’n span kan werk
• ’n Sterk verantwoordelikheidsbesef is noodsaaklik.
WATTER VAKKE MOET OP HOëRSKOOL VIR VLIEeNIERTOELATING GENEEM WORD?
Om vir opleiding in aanmerking te kom, het jy ’n Senior Sertifikaat met matriekvrystelling nodig.
’n Vereiste slaagsyfer in Wiskunde, Wetenskap en Aardrykskunde.
Ook moet die verpligte mediese ondersoek geslaag word.
OPLEIDING:
Dit kan op twee maniere gedoen word:
• Sluit aan by een van die geregistreerde vliegklubs of skole in die land, waar jy vir ’n private loodslisensie opgelei sal word.
• Doen aansoek by die SALugmag om vir vlieëniersopleiding aanvaar te word. Ná voltooiing van opleiding en verpligtinge, mag militêre lisensies en grade vir soortgelykes in die burgerlugvaart omgeskakel word, nadat jy die eksamens geslaag het wat deur die Direktoraat vir Burgerlugvaart (DBL) opgestel word.
BRONNE:
• Die A – Z van loopbane in Suid-Afrika.
• CZA Beek, uitvoerende direkteur van die Handelslugvaart van Suider-Afrika.
Terug
na Ruilprojekte-blad
|