|
MIELIESTRONK-RUILPROJEKTE BYDRAE DEUR: ZANIE VAN DER VYVER SKOOLGRAAD: 5 E-POS: nvandervyver@saexpress.co.za DATUM: 11/10/2004 PROJEKTITEL: BEROEP WAT MET WATER TE DOEN HET: OSEANOGRAFIE / MARIENE BIOLOOG EENVOUDIG verduidelik, is oseanografie (of seekunde) die studie van die see, al die lewensvorms daarin, die seebodem self en die lug bo die see. Die uiteindelike doel van al hierdie studies is om die see te verstaan, om dit al hoe nuttiger vir die mens te maak en om dit teen misbruik te beskerm. Die see word vir die mens al hoe belangriker as ’n bron van voedsel en vanweë sy rykdom aan minerale. Een van oseanografie se belangrikste funksies is die studie van die ligging van skole vis en maniere om die vis aan wal te bring. Daar is baie soorte werk wat op die terrein van die oseanografie gedoen kan word. Een van hulle is dié van mariene bioloog. Omdat dit belangrik is om die natuur en sy hulpbronne vir die mensdom te bewaar, het ek besluit om hierdie beroep te kies. WAT IS MARIENE BIOLOGIE? Mariene bioloë werk met diere en plante wat in die see woon; hulle bestudeer ook die wyse waarop hierdie organismes hulle deur die eeue heen vir hul omgewings toegerus het, en hul wisselwerking met mekaar. Baie mariene bioloë beheer die invoer van party soorte vis en kreef. Hulle kan ook betrokke wees by die breë studie van die mariene en kus-omgewings. WAT IS NODIG OM VIR DIE BEROEP TE STUDEER? ’n Belangstelling in die see is ’n vereiste. Ewe belangrik is ’n sterk wetenskaplike aanleg, die vermoë om goed met ander mense saam te werk, ’n goeie verantwoordelikheidsbesef en goeie gesondheid en liggaamlike fiksheid. Omdat mariene bioloë ook soms moet duik, is ’n duikkursus eweneens belangrik. WATTER VAKKE MOET EK OP HoëRSKOOL NEEM? • Wiskunde • Biologie • Natuurwetenskap Ek moet ook ’n matriekvrystelling hiervoor hê.
|