MIELIESTRONK-RUILPROJEKTE
BYDRAE DEUR: DANIE VAN DER VYVER
SKOOLGRAAD: 7
E-POS: nvandervyver@saexpress.co.za  
DATUM: 11/10/2004 

PROJEKTITEL:
BEDRADING VAN ’N KRAGPROP 

ALMAL behoort te weet hoe om ’n kragprop te bedraad. 
1. Stroop die punte van die koord met ’n draadstroper en verwyder omtrent 6 mm isoleermateriaal van elk van die drie kerns.
2. Draai die oop drade in elke geleier, om hulle netjies te maak en dit makliker te maak om dit met die terminale te verbind.
3. Maak die prop oop deur die skroewe van die omhulsel los te draai.
4. Die manier waarop bedrading in alle proppe gekonnekteer word, is altyd orals diesefde:
Die aardterminaal (met die grootste pen) is boaan die prop in die middel;
die neutrale kern is links en die lewendige kern word aan die terminaal regs verbind. Dit word gewoonlik in die prop deur die letters N, E en L of deur kleur aangedui.
5. Druk elke groep drade deur die gaatjie in die regte terminaal.
6. Sorg dat daar geen oop drade sigbaar is nie en skroef weer die boonste deel van die terminaal goed vas.
7. Plaas die prop se omhulsel vas.
  
Nota van Webmeester: Vanweë die belangrikheid van hierdie inligting (ja, daar sal blykbaar altyd baie mense wat nie presies weet hoe dit gedoen word nie) word dit ook hieronder geïllustreer:

Bedrading van 'n kragprop -- die veilige manier
  

Terug na Ruilprojekte-blad