MIELIESTRONK-RUILPROJEKTE
BYDRAE DEUR:  CHARLOTTE DU PLESSIS (skoolgraad 9)
E-POS: Lugsterings@hotmail.com 
DATUM: 14/2/2005 


PROJEKTITEL:
Twee vroue wat 'n verskil gemaak het: Mimi Coertse, Emily Hobhouse
deur Charlotte du Plessis

Inhoudsopgawe

Mimi Coertse
• Inleiding
• Geboorte
• Prestasies en optredes

Emily Hobhouse
• Inleiding
• Geboorte en sterfte
• Haar werk in Suid-Afrika

Bronnelys

* * *

Mimi Coertse

Inleiding

DIE Suid-Afrikaanse sangeres wat by uitstek die verbeelding van die Suid-Afrikaanse en oorsese kritici en publiek aangegryp het en ook die grootste impak op hulle gemaak het, is Mimi Coertse.

Geboorte

MIMI COERTSE is op 12 Junie 1932 in Durban gebore. Sy woon tans in Suid-Afrika waar sy jong Suid-Afrikaanse sangers oplei.

Prestasies en optredes

IN September 1953 het sy Suid-Afrika verlaat en na Londen vertrek, daarna is sy Wenen toe. In Januarie 1954 het sy in Wenen aangekom en opleiding ontvang by Maria Hittorff en Josef Witt. Minder as drie jaar later het sy ‘n permanente aanstelling by die Weense Staatsopera gekry. In Januarie 1955 het sy haar eerste verskyning op die professionele operaverhoog gemaak as die eerste Blommemeisie in Wagner se ‘Parsified’ by die Teatro San Carlo in Napels, o.l.v. Karl Bohn.

Op 17 Maart 1956 het sy haar debuut aan die Weense Staatsopera gemaak as die Koningin van die Nag in ‘Die Towerfluit’ van Mozart. In die vyf jaar ná daardie gedenkwaardige aand in Wenen, kan haar opgang net as meteories beskryf word. Mimi het aangehou om haar repertoire uit te brei om al die hoofrolle in al die belangrikste operas en operettes wat in die wêreld se beste operahuise opgevoer is, oor die radio uitgesaai is en op televisie gebeeldsend is, in te sluit.

* * *

Emily Hobhouse

Inleiding

EMILY HOBHOUSE het as Engelse dame ‘n mooi en deeglike opvoeding gehad. Haar pa was ‘n predikant, dus was dit in haar natuur om belang te stel in haar vader se geestelike werk. Daardeur het sy van jongs af gesien wat ellende beteken. Sy het geleer hoe om nood te hanteer, om lief te wees en sonder vrees te handel volgens die lig wat sy ontvang.

Geboorte en sterfte

SY is op 9 April 1860 gebore. Sy het in ‘n pastorie van die Anglikaanse Kerk van St. Ive, Engeland, grootgeword. Sy het in Junie 1926 gesterf toe sy 66 jaar oud was. Haar stoflike oorskot is op 27 Oktober 1926 weggelê in die Vrouemonument in Bloemfontein, Suid-Afrika.

Haar werk in Suid-Afrika

TOE die oorlog in Oktober 1899 in Suid-Afrika uitbreek, was Emily Hobhouse dadelik daarteen gekant. Sy het besef in watter nood die Boervroue is en wou dadelik iets doen om hulle te help.

Heel eerste het sy ‘n fonds in Engeland gestig – Die Noodlenigingsfonds vir Suid-Afrikaanse Vroue en Kinders. Op 27 Desember 1900 het sy in Kaapstad aangekom. Sy moes eers verlof van die Hoë Kommissaris kry om rond te reis, die konsentrasie kampe te besoek en hulp aan te bied.

Van kamp tot kamp het sy gegaan. Sy het uit Engeland voorrade ontvang wat per skip hierheen gebring is en het dit onder die gevangenenes uitgedeel. Dag en nag het sy geveg teen die dood wat duisende lewens afmaai. Vier maande lank het sy gepleit vir die saak van vroue en kinders in Suid-Afrika. In Oktober 1901 kom sy in Kaapstad terug, maar word verbied om hier voet aan wal te sit! Sy het geweier om gehoor te gee en is met geweld oorgeplaas na 'n ander skip wat haar terug Engeland toe geneem het.

Emily Hobhouse het ná die oorlog na Suid-Afrika teruggekeer .Sy wou die Boerevolk help opstaan uit die puin van die oorlog. Met die geld wat in Engeland ingesamel is, het sy die toekoms van die Suid-Afrikaners help opbou.

Bronnelys

• Van Reenen, R (1999):Emily Hobhouse Heldin uit die Vreemde. Tweede Uitgawe. Bl. 1-3. Kaapstad. Tafelberg
• Kruger, N (1986) Nuwe Afrikaanse Kinderensiklopodie 2, bl. 220-223. Johannesburg. Nasou.
• www.up.ac.za, 31 Jul, 16:15
• www.bach-cantatas.com, 1 Aug, 17:40

Terug na Ruilprojekte-blad