BYDRAE DEUR: ARETHA
E-POS: Aretha@wam.co.za
DATUM: 25/05/2004
TITEL: MARINEBIOLOOG (BEROEPSTAAK) (381 woorde)
Beroepstaak
1.
Naam van beroep: Marinebioloog
2.
Verklaring van wat hierdie persoon doen: ’n Marinebioloog is ’n persoon wat die seelewe op een of ander manier
studeer, waarneem, beskerm of ’n
akwarium bestuur. As jy seediere en/of -plante bestudeer, is jy ’n marinebioloog.
As jy proefnemings maak en navorsing doen oor die seelewe, is jy ook ’n marinebioloog.
Daar is baie goed wat marinebioloë doen, maar die een ding wat hulle gemeen
het, is dat hulle marine-organismes bestudeer.
3.
Watter vakke moet jy op skool neem? Wiskunde,
Engels, Natuur-en Skeikunde en Biologie
4.
Waar kan jy studeer vir jou beroep ? Ten spyte daarvan dat geen universiteit in
Suid Afrika ’n voorgraadse kursus net vir marinebioloë aanbied nie, bied die
meeste universiteite aan die kus of naby die kus wel B.Sc.-grade aan wat die
klem in die senior studiejare plaas op marinewetenskap. Dit is eers nagraads dat
’n persoon in die marinewetenskap spesialiseer. Die Universiteit van Kaapstad bied
spesifiek ’n honneursgraad en ’n meestersgraad in Marinebiologie aan.
5. Watter
vakke neem jy ná skool? Die eerste
jaar voorgraads sal dieselfde wees as die normale B.Sc.-grade se vakke, naamlik Dierkunde, Plantkunde,
Wiskunde, Statistiek, Chemie en Fisika. Van die tweede jaar af begin die
student vakke in die Marinewetenskap neem, soos Oseanografie, Oseaan- en
Atmosfeerwetenskap.
6. Hoe lank moet jy studeer? As gevolg van die feit dat ’n groot deel van ’n marinebioloog se
werk navorsing behels, is dit belangrik dat die marinebioloog nagraads moet
studeer. Dit is in elk geval eers nagraads wat jy spesialiseer as
marinebioloog. ’n Tydperk van vyf jaar se studie behoort voldoende te wees.
7. Oor watter kwalifikasies sal jy ná
jou studies beskik? ’n Meestersgraad in
marinebiologie.
8. Werksgeleenthede? Marinebioloë werk by die departement van botaniese wetenskappe, chemie, ingenieurswese, aardrykskundige
wetenskappe en oseanografie. Die meeste is voltydse navorsers wat deur
belangstellende organisasies geborg word. Daar is nie op die oomblik baie marinebioloë
in die land nie, dus is daar genoeg werksgeleenthede.
9.
Sal jy aan ander werk verskaf? Nee, jy sal
navorsing doen met ’n groep mense, maar heeltemal verskillende studies, dit wil sê almal doen hul eie
ding.
10. Wat sal jou beginsalaris ongeveer
wees? Dit sal tussen R150 000 en R200 000 per jaar
wees afhangende van hoeveel geld geborg word deur die spesifieke organisasie.