MIELIESTRONK-RUILPROJEKTE
BYDRAE DEUR:  VISSCHER STRYDOM (skoolgraad 5)
E-POS:
christastrydom@webmail.co.za
DATUM: 30/7/2005 


PROJEKTITEL:
Tabak
deur Visscher Strydom

Interessante feite

  • Die tabakplant behoort tot dieselfde plantfamilie as tamaties, aartappels, rissies en eiervrugte.
  • Tabak word in meer as 100 lande verbou.  China is die grootste verbouer gevolg deur Amerika.
  • Tabak floreer in swakker grond.
  • Tabak word meestal met die hand geoes in vergelyking met ander gewasse wat meganies geoes word.
  • Tabak word van onder na bo ryp.

VAN DIE GROND NA DIE MOND

KWEEK  VAN  TABAKPLANTE

EEN gram tabaksaadjies bevat sowat 13 000 sade.  Hulle lyk baie soos verpoeierde kitskoffie en is so klein dat hulle in spesiaal voorbereide en beskutte saabeddens versorg word voordat hulle geplant word.

Ná twee maande word die plante se blomme en boonste blare gesnoei sodat groei in die oorblywende blare gestimuleer word.

DROGING

DROGING is ’n versigtige beheerde proses om te sorg dat ’n spesifieke tabaksoort die regte tekstuur, kleur en algemene gehalte bereik.

Gedurende die drogingsproses verander die stysel in die blare in suiker, die groen kleur verdwyn en die tabak ondergaan verskeie kleurveranderinge: van suurlemoenkleur na geel, van geel na oranje en eindelik van oranje na bruin soos herfsblare.

Tabak kan hoofsaaklik op vier maniere droog gemaak word:  deur lug, son, vuur en oonde. 

Ná droging sorteer die boer die blare op grond van gehalte en kleur en verpak dit in bale van sowat 40 kg elk.  Daarna word dit na die verkoopsentrum of veiling geneem om verkoop te word.

PROSESSERING

DIE gedroogde blare word hierna deur ’n dorsmasjien vir groen blare verwerk om die stingels van die blare te skei en soveel moontlik van die vog in die blare te behou.  Die verwerkte tabak word dan in houers van 200 kg elk verpak en na die vervaardigers verskeep.

VERMENGING

BY die fabriek word die verpakte tabak met ander bestandele gemeng, afhangende van die resep.  Die resep mag byvoorbeeld geurmiddels insluit.

Die voggehalte is baie belangrik.  As die blare te droog, is sal dit verkrummel; as dit te vogtig is, mag dit bederf terwyl dit gestoor word.  Die tabakmengsel word met net die regte hoeveeheid stoom en water behandel om dit soepel te hou sodat dit in die regte formaat vir die sigaret gesny kan word.

VERVAARDIGING

WAAR sigarette vroeër uitsluitlik met die hand gemaak is, is die proses vandag ten volle geoutomatiseerd – sigaretvervaardigingsmasjiene word aanhoudend met gesnyde tabak,  sigaretpapier en filters gevoer.

Verpakkingsmasjiene pak die sigarette. Beskermde papier word daaroor getrek en die pakkies word in houers verpak. Daarna is die produk gereed om versprei te word.

  

Terug na Ruilprojekte-blad