|

|
|
Wonder-halfeeu
van die
mens in die ruimte
Afdeling
2
Die
vaartuie
Vuurpyle, ruimtetuie en ruimtestasies
Foto’s:
NASA, tensy anders vermeld
Ruimteverkenning verg uiters betroubare vaartuie... en talle
verskillende soorte het dit in die afgelope vyf dekades moontlik gemaak.
Op hierdie bladsy word na sommige van
die ou staatmakers gekyk...
|
|
Gemini
en Titan
DIE
Gemini’s van die vroeë
Amerikaanse ruimteprogram (waar twee ruimtevaarders telkens in een
kapsule in die ruimte geplaas is) was afhanklik van Titan-vuurpyle om
in hulle in hul wentelbane te plaas (REGS).
En
sonder die suksesvolle maneuvrering en koppeling van die
Gemini-kapsules
(kunstenaarsvoorstelling ONDER) sou
vele latere Amerikaanse ruimtesuksesse, soos die Apollo-maanlandings,
bes moontlik nie behaal kon gewees het nie.

|

|
|
|
Saturn-vuurpyle
en Apollo

Dit was
Saturn-vuurpyle wat die manne van die
Apollo-ruimteprogram maan toe geneem het.
Kyk afdeling 3.
|
Skylab
DIE
ruimtestasie Skylab (LINKS)
is op 14 Mei 1973 deur Amerika gelanseer en in 1973 tot 1974 deur Amerikaanse
ruimtemanne bewoon wat onderskeidelik 28, 59 en 84 dae lank daarin vertoef
het. |
|
Ruimtestasie Mir—dertien
wentelende jare
MIR
(REGS)
was die eerste permanente wentelende ruimtestasie, met Russiese, Amerikaanse
en internasionale bemanningslede aan boord. Dit is in 1986 deur die destydse
Sowjet-unie gelanseer en het tot 2001 om die aarde bly wentel toe dit
uiteindelik uit sy wentelbaan gehaal is en bokant die Stille Oseaan verbrokkel
het.
|
|
Die
Internasionale Ruimtestasie

TOE
in November 1998 begin is met die bou van die Internasionale Ruimtestasie (BO),
waarin heelparty lande ’n
aandeel het, was daar ambisieuse planne om dit uiteindelik “die mens se
helderste ster” in die ruimte te maak. Sedertdien was daar egter groot
terugslae met die projek, wat veroorsaak is deur Amerika se probleme met sy
pendeltuie (LINKS
ONDER).
As dit nie vir
Russiese Sojoez-tuie (REGS
ONDER) was
wat geruime tyd die vervoer van toerusting na die ruimtestasie alleen moes
behartig nie, kon die hele peperduur projek maklik verongeluk het.
Kyk ook afsonderlike artikels oor die Internasionale
Ruimtestasie en die Amerikaanse
pendeltuie. |
|

|

|
|
Interessante
brokkie:
Een van die talle
tegnologiese
byvoordele wat die mens
aan die
ruimte-eeu te danke het

LINKS
BO: ’n Skildery soos dit gelyk het toe werkers van die
Cleveland-kunsmuseum dit met sekere chemikalieë probeer
skoonmaak en restoureer het. REGS BO: Dieselfde skildery nadat
NASA-navorsers die ruimte-eeuse tegniek van atomiese suurstof
ingespan het om dit skoon te kry.
Foto’s:
NASA / STI
DIT
is haas onmoontlik om die menigte tegnologiese vernuwings op te
noem wat reeds deur die ruimte-eeu bewerkstellig is. ’n Minder
bekende byvoordeel is die tegniek om ou verworde kunswerke met
groot welslae te restoureer, soos HIERBO aangetoon.
Wetenskaplikes doen dit met atomiese suurstof, wat nie in die
aardatmosfeer voorkom nie, maar wel in groot hoeveelhede in die
nabye ruimte waar die satelliete om die aarde wentel.
Hierdie
atomiese suurstof het ’n vretende en skadelike uitwerking op
die satelliete, en wetenskaplikes van die Amerikaanse
ruimte-agentskap NASA het dit indringend bestudeer om maniere te
probeer vind om die skade te beperk. In die proses is gevind dat
atomiese suurstof ook roet en ander organiese
(koolstof-gebaseerde) stowwe van oppervlakke verwyder. Omdat
atomiese suurstof nie sal reageer met anorganiese oksiede soos
die meeste verfpigmente nie, kan dit gebruik word om skilderye
te herstel wat deur roet beskadig is.
Die
resultaat op die foto REGS BO spreek boekdele.
|
|
•
Jy
is nou by afdeling 2. Klik
hieronder op die afdeling waarheen jy vervolgens wil beweeg:
1)
Die baanbrekers: Die eerste satelliet, die
eerste hond in ’n wentelbaan… en toe die eerste mense in die ruimte
3)
Mense op die maan!
4)
Onbemande sendings na ons bure in die
sonnestelsel
|
|
Klik
hier om terug te keer na die inhoudsblad |