Botsings en wisselwerkings

Wyd en syd op die slagvelde van die Sonnestelsel is die getuienissse van gewelddadige ontmoetings...

Terug

2 van 3

Volgende


LINKS: Die groot impak krater Herschel op die maan Mimas van die planeet Saturnus kan nie misgekyk word nie. Toe dit gevorm is, moet die botsing met n ander ruimtelike voorwerp Mimas byna verpletter het. Lees hier meer oor MImas.

Krediet: Cassini Project / NASA
 

 

Bloedneus geslaan deur n stuk van n komeet
 

 
BO: Die impakkol wat in Julie 1994 deur fragment G van die komeet Shoemaker-Levy 9 op die groot gasplaneet Jupiter gelaat is. Klik hier om meer hieroor te lees.

Krediet: Hubble, Jupiter Imaging Team / NASA / ESA

 
 
Maar botsings is nie naastenby net beperk tot liggame in ons Sonnestelsel nie... dit gebeur op massiewe skaal in die waarneembare heelal...

Die grootse drama waar galaksies bots
 


BO: Spiraal-galaksies in botsing. Ver, baie ver in die toekoms, reken die sterrekundiges, sal net een van hierdie twee galaksies oorbly. Tot dan sal NGC 2207 en IC 2163 mekaar stadig uiteenskeur, met n spoor van verspreide materie, plate van ontwrigte gasse, lane van donker ruimtestof, uitbarstings van pasgebore sonne en slierte van uitgewerpte sterre. Die kenners voorspel dat NGC 2207, die groter galaksie links, uiteindelik die kleiner IC 2163 (regs) sal insluk. Tog gebeur daar iets baie interessants in spannende ruimtedramas soos di. Omdat die ruimte tussen sterre so ontsettend groot is, bots die sterre binne-in galaksies gewoonlik nie self teen mekaar wanneer galaksies mekaar te lyf gaan nie.

Krediet: Debra Meloy Elmegreen (Vassar College) et al & Hubble Heritage Team (AURA / STScI/  NASA)

 

 

Terug

2 van 3

Volgende

 Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad