Glimmende galaksies
Ons eie Melkweg

BO: 'n Samegestelde foto van 360 grade (al in die rondte geneem) van die hele sigbare Melkweg, soos sywaarts gesien vanaf ons Sonnestelsel, wat in een van die kleiner arms van ons galaksie se spiraal l. Ons kyk dus daarna van die kant af, so asof ons self deel is van n piering, en kan dit nie van bo af sien soos die voorstelling op die eerste groot foto hier onder nie.
    Klik hier vir n geanimeerde rondomtalie-weergawe
BELANGRIK: Animasie vereis dat jou rekenaar Java moet kan hanteer en dat dit ook geaktiveer sal wees.

Foto deur Digital Sky LLC, wat dit op hierdie bladsy in die vrye Wikipedia-ensiklopedie op die wreldwye web beskikbaar gestel het ingevolge die Creative Commons Attribution ShareAlike 2.5-lisensie. Kortom, gebruik word vergun mits gebruikers die bron behoorlik erken en dit slegs versprei word ingevolge n lisensie soortgelyk aan hierdie een. Amptelike lisensie
 

  Terug

 2 van 8

Vorentoe 


Hoe die Melkweg dalk van bo af kan lyk
 


 

 
BO: n Kunstenaarsvoorstelling van die Melkweg soos ons hom nie kan sien nievan bo af. Die Melkweg is n spiraal-galaksie met n sentrale staafvormige struktuur. Hierdie staaf kan moontlik n kraamsaal wees waar nuwe sterre gebore word uit gasse wat in die galaksie se omwentelingsproses vanuit sy spiraal-arms na binne gevoer word. Opnames toon dat sowat die helfte, of dalk tot twee derdes, van alle spiraal-galaksies sentrale stawe kan h.

Krediet: R. Hurt (SSC) / JPL-Caltech / NASA

BO: Ons eie Son se beskeie plekkie in die Melkweg (n voorstelling)

DIE MELKWEG is die tuiste van ons Sonnestelsel. Ons Son, met sy familietjie van planete en nog wat, beklee maar n nederige posisie in een van sy spiraal-arms.

Maar hoewel die Melkweg een van duisende miljoene galaksies in die waarneembare heelal is, is hy natuurlik van spesiale betekenis omdat hy, sover ons weet, die enigste een is met n planeet waarop lewe bestaan en dalk kan bestaan... ons Aarde.

Die Melkweg word van die Aarde af waargeneem as n ligband in die naghemel, wat dan ook die rede vir sy naam is: n pad van melk!

Die wetenskaplikes reken dat die piering wat ons Melkweg vorm, nagenoeg 100.000 ligjare in deursnee en ongeveer 1000 ligjare dik is. Daar is na raming minstens 200 duisend miljoen sterre, of tot 400 duisend miljoen indien daar baie sterre met n klein massa is.

Om ons n denkbeeld te gee van hoe nietig klein ons in die kosmos is, het iemand al hierdie vergelyking bedink: As die Melkweg tot n deursnee van 130 km verklein sou kon word, sou ons Sonnestelsel slegs 2 mm breed wees.

BELANGRIKE OPDATERING, BEGIN JANUARIE 2009: Op 6 Januarie 2009 het sterrekundiges en ander belangstellendes behoorlik regop gesit toe hulle deur die media meegedeel is dat ons galaksie, die Melkweg, volgens nuwe berekeninge dubbeld so massief en dus baie groter kan wees as wat vroer gedink is.

Volgens navorsers sou dit nie net min of meer so groot wees as die galaksie Andromeda, wat as die grootste in ons plaaslike groep van galaksies beskou is nie, maar beweeg die Melkweg ook vyftien persent vinniger om sy middelpunt as wat gereken is. Die snelheid is volgens hul nuwe berekeninge eintlik sowat 914.000 km per uur pleks van die algemeen aanvaarde 792.000 km per uur.

Ons Melkweg is dus nie langer die kleinboet van Andromeda nie maar eerder sy tweelingboet, word gemeen.

Ene Mark Reid van die Harvard-Smithsonian Center for Astrophysics (CfA) in Cambridge, in die VSA, en sy kollegas het van gesofistikeerde moderne metodes  gebruik gemaak om die Melkweg se grootte en snelheid te herbereken.
 


Duiselingwekkend... die middel van die Melkweg geopenbaar in n infrarooi foto
 


BO: In sigbare lig kan die middel van die Melkweg glad nie gesien word nie, omdat stof tussen die Aarde en die kern van ons galaksie ons uitsig soheentoe versper. Daarom was wetenskaplikes kennelik verheug toe NASA se wentelende ruimte-teleskoop Spitzer hierdie skitterende infrarooi beeld verkry het van die gedrang van honderd­duisende sterre in die malende kern.

Krediet: NASA / JPL-Caltech / S. Stolovy (SSC/Caltech)
 


 

  Terug

 2 van 8

Vorentoe 

 Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad