Glimmende galaksies
Jy en die Heelal

Jou ongelooflike klein plekkie in die onvoorstelbare
groot kosmos van duisende miljoene sterrestelsels

 

  Terug

5 van 8

Vorentoe 

 

 
Jy, mensekind... veel minder selfs as amper niks... en tog is jy die kroon van die hiperontsaglike skepping...



Die sogenaamde 徒o-bewegende鋳 afstand van die Aarde af tot by die rand van die Sigbare Heelal
 is, volgens die geleerdes, sowat 46, 5 miljard ligjare in enige rigting
 


So klein en tog so groot...

MISKIEN het jy al 地 wetenskapsverhaal gelees waarin die heerser van 地 magtige ryk sy eie ondergang bewerk deur meer te wil vermag as waartoe hy in staat is. Hy wil naamlik 地 hele galaksie oorrompel en daaroor heers. En nadat hy dit gedoen het, wil hy sommer 地 paar ander galaksies ook nog in sy visier kry.

Praat van 地 oorambisieuse vent! Trouens, net om ons eie Melkweg te oorwin, sal die heerser minstens 200 duisend miljoen sterre moet verslaan. Geen sterfling sal ooit so iets kan regkry nie, dis baie, baie seker.

Wat nog te s verder die ruimte invaar na nog van die miljarde galaksies in die waarneembare heelal.

地 Eeu gelede het niemand eens geweet al daardie sterrestelsels bestaan nie. Die meeste sterrekundiges het gedink ons galaksie en die heelal is een en dieselfde ding. Vir hulle was daar miskien so duisend miljoen (een miljard) sterre in die ganse ruimte, met wasige vlekke tussen-in wat gelyk het soos sterre wat aan die vorm of aan die sterf is.

Toe, in die vroe dekades van die twintigste eeu, breek die goue eeu van die sterrekunde aan. Die Amerikaanse sterrekundige Edwin Hubble en andere stel vas dat daardie wasige vlekke hele galaksies uit eie reg is.

Die mens, die Aarde, die Sonnestelsel, selfs die Melkweg... skielik het alles verdwerg tot nietighede in vergelyking met die onvoorstelbare grootheid daar buite.

Vandag bly dit steeds 地 besef wat meehelp om 地 mens diep nederig te hou. Tog kan ons ook rus in die wete dat ons goeie Skepper die mens die kroon van hierdie onmeetlike skepping gemaak het.

En die betekenis hiervan laat jou duisel.

Ons is so oneindig klein en tog is ons die heel, heel grootste van alles. En ons sevier triomfantelik oor elke ligkrans en elke newel, oor elke storm en elke stilte wat ons liefdevolle hemelse Vader onder ontelbare sonne geskape het...

 

 

  Terug

5 van 8

Vorentoe 

 Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad