Jupiter
Gulle gasheer van die gasse

 

     

 Terug

2 van 9

Vorentoe  

 

    

Die wolke van Jupiter in drie dimensies
 

 
BO: Op Jupiter sal jy altyd in die wolke wees. Nie figuurlik nie, want diť gigantiese gasplaneet moet volgens alle Aardse standaarde ín bitter onplesierige plek wees om jou te bevind. Ons praat van regte wolke. Elke dag is hier ín bewolkte dag, maar dis nie newels van verdigte waterdamp soos ek en jy dit ken nie. Jupiter bestaan hoofsaaklik uit waterstof met ín mindere hoeveel helium, met slegs spore van waterdamp, asook van metaan en ammoniak.

In die bo-atmosfeer is etlike bande op verskillende geografiese breedtes (animasie REGS), met onstuimighede en storms aan die rande waar hulle mekaar ontmoet en op mekaar inwerk .

Van bo na onder is daar ook wolkelae.

Die driedimensionale voorstelling op die groot foto hierbo is ín vereenvoudigde model van ín bolaag van wolke met nog wolkelae daaronder. Dit is gegrond op data wat deur die Galileo-verkenningstuig by Jupiter ingewin is. Die skeiding tussen die wolkelae en die wisselings in hoogte word oordrewe voorgestel.

Die boonste wolkelaag is ín newel ín klompie tientalle kilometers dik. Wisselende hoogtes in die onderste lae word met verskillende kleure aangedui. Ligblouerige wolke is hoog en dun, die rooieriges is laag en wit wolke is hoog en dik. Slierte in die onderste laag lei na ín donkerblou gebied, ín betreklik oop deel in die wolke.

Krediete: groot foto van Galileo Project /  JPL / NASA; animasie van NASA / JPL / Universiteit van Arizona

 

     

Die Groot Rooi Kol
 

 
BO: Jupiter se Groot Rooi Kol is die planeet se bekendste terreinvorm. Dit is ín merkwaardig stabiele  anti­siklonale storm, ín kolkende hoŽdrukgebied wat teen die horlosiewysers in beweeg.

Die Groot Rooi Kol (animasie REGS) roteer sowat 22 grade suid van Jupiter se ewenaar, met ín wenteltyd van sowat ses Aardse dae of veertien Jupiter-dae.

Dit is ten minste reeds in die derde dekade van die 1800ís waargeneem en dalk al selfs in die tyd van Jan van Riebeeck deur die Italiaans-Franse sterrekundige Giovanni Domenico Cassini. Wetenskaplikes weet egter nie presies hoe blywend dit is, met ander woorde hoe lank dit al bestaan het en nog kan bestaan nie.

Die kol is massief. Dit is van 24.000 tot 40.000 km oos-wes en 12.000 tot 14.000 km noord-suid en sou omtrent drie Aardes kon ďinslukĒ. Dit bevat vermoedelik rooi fosfor. Die kol was van tyd tot tyd waarneembaar rooi regdeur sy geskrewe geskiedenis, maar was nog nie aanmerklik rooi sedert ín bra kort tydjie in die 1970ís nie.

Die valskleur-foto bo van die Groot Rooi Kol is in 1979 deur die snuffeltuig Voyager I geneem. Die wit ovaalvormige storm reg onder die Groot Rooi Kol het omtrent dieselde deursnee as die Aarde.

Die animasie is saamgestel uit fotoís van NASA se Cassini-snuffeltuig toe dit tussen 1 en 5 Oktober 2000 onderweg na die planeet Saturnus sewe keer om Jupiter gewentel het.

Krediete: groot foto van Voyager 1 / NASA; animasie van  NASA / JPL / Universiteit  van Arizona

 

   

Die Klein Rooi Kol
 

 
BO: ín Treffende voorstelling van Jupiter se sogenaamde Klein Rooi Kol, wat aan die kunstenaar Vincent van Gogh se hemelruim in sy meesterstuk Sterrenag herinner (REGS). Hiervoor is hoŽresolusiefotoís, wat die snuffeltuig New Horizons in ín verbyvlug op 27 Februarie 2007 geneem het, gekombineer met beelde wat die wentelende teleskoop Hubble terselfdertyd van die Klein Rooi Kol vasgelÍ het.

Die Klein Rooi Kol is allermins ďkleinĒódit is omtrent so groot as die Aarde. Soos die Groot Rooi Kol is dit ook ín massiewe atmosferiese storm in Jupiter se suidelike halfrond.

Die Klein Rooi Kol is al wat oorgebly het van drie witgekleurde storms wat saamgesmelt het. In die jare veertig van die twintigste eeu is gesien hoe die drie storms in ín band effens onderkant die Groot Rooi Kol vorm. Twee van die storms het in 1998 een geword en toe weer in die jaar 2000 met die derde storm versmelt. In 2005 het sterrekykers opgelet dat hierdie oorrblywende groot storm van kleur verander. Vroeg in 2006 het dit opmerklik rooi geraak en toe is dit die Klein Rooi Kol genoem. Dit staan ook bekend as Rooi Kol Junior of Oval BA.

Krediet: NASA / Johns Hopkins University Applied Physics Laboratory / Southwest Research Institute