Jupiter
Die botsing met die komeet

REGS: Brokstuk G, die grootste fragment van die komeet Shoemaker-Levy 9, veroorsaak n lugontploffing in die bo-atmosfeer van Jupiter met n ligflits honderd keer helderder as die Son.
Foto: JPL / NASA

 

    

Julie 1994: Stukke van die verbrokkelde komeet Shoemaker-Levy 9 ploeg teen
sowat 60 km per sekonde in Jupiter in... met verwoestende gevolge
 

 
BO: Die verbrokkelde komeet Shoemaker-Levy 9 nader die planeet Jupiter.

Kunswerk deur Don Davis, wat dit in die Wikipedia-ensiklopedie op die wreldwye web tot openbare
besit (in the public domain) verklaar het.

Keer Jupiter s dat vernietigende rampe die Aarde tref?

DIT was een van die opwindendste ware ruimteverhale van die laaste dekade van die twintigste eeu. Stukke van n verbrokkelde komeet het soos bokhael in n planeet ingevlieg en vir die eerste keer kon die botsing van ruimtelike voorwerpe buitekant die Aarde regstreeks waargeneem word.

Die skermutseling tussen Jupiter en die gedoemde komeet Shoemaker-Levy 9 (SL9) het in 1994 groot mediabelangstelling gewek en die gebeurtenis is noulettend deur sterrekundiges regoor die wreld gevolg. Die geluk by die ongeluk was dat die komeet met sy gewelddadige betreding baie dinge oor Jupiter oopgeruk het wat voorheen verborge was.

Dit het ook onderstreep hoe belangrik Jupiter vir die Aarde kan wees deur potensieel gevaarlike ruimtelike drosters byna soos n stofsuier uit die binneste deel van die Sonnestelsel weg te slurp.

Van Shoemaker-Levy 9 se brokstukke was tot omtrent twee keer groter as wat Tafelberg (met sy 1086 meter) hoog is. Die komeet, wat in 'n hoogs eksentrieke baan om Jupiter gewentel het nadat hy waarskynlik in die vroe 1970s deur Jupiter uit sy baan om die Son weggeruk is, is eindelik vermoedelik deur die reuse-planeet se getykragte uitmekaar geruk toe hy in Julie 1992 by die planeet verbygeskuur het.

Die brokstukke het egter steeds om Jupiter bly wentel, totdat hulle tussen 16 en 22 Julie 1994 teen nagenoeg 60 km per sekonde in die planeet se suidelike halfrond ingevaar het. Die opsigtelike letsels kon daarna nog etlike maande lank op Jupiter gesien word.

Altesaam 21 afsonderlike impakkolle is agtergelaat, die grootste met n deursnee van meer as 12 000 km, wat byna so groot soos die deursnee van die Aarde is.  Die energie wat net in hierdie spesifieke botsing vrygestel is, is bereken as 750 maal di van die Aarde se totale kernkrag-arsenaal.

Komete wat om Jupiter wentel, is in die rel onstabiel. Daar is sterk getuienis dat komete al vantevore met die planeet en sy mane gebots het. Reeds dekades gelede tydens die Voyager-sendings is vasgestel dat daar dertien krater-kettings op die maan Callisto en drie op die maan Ganymede is.

Die uitwissing van die dinosourusse op Aarde word deur baie wetenskaplikes aan n botsing tussen ons eie planeet en n groot ruimtelike voorwerp toegeskryfwat  toon hoe gevaarlik so n tromp-op onderonsie vir die voortbestaan van lewe kan wees. Nie verniet dat baie sterrekundiges reken ons kan sterre dank vir Jupiter die kosmiese stofsuier nie.

 

 

     

Doodsvlug van die gedoemde komeet
 

 
BO: Brokstokke van die komeet Shoemaker-Levy 9 onderweg na hul gewelddadige eindbestemming, soos afgeneem deur die wentelende ruimte-teleskoop Hubble op 17 Mei 1994. Toe die komeet s waar­geneem is, het sy trein van 21 ysige segmente oor 1,1 miljoen km in die ruimte gestrek, of drie keer die afstand tussen die Aarde en die Maan. Die foto is in rooi lig geneem.

Krediet: H.A. Weaver, T. E. Smith (Space Telescope Science Institute) en NASA

 

   

Die letsels wat Schoemaker-Levy 9 op Jupiter gelaat... en wat
maande lank daar gebly het

 


LINKS BO: Bruin kolle dui die plekke aan waar stukke van die komeet Shoemaker-Levy 9 deur Jupiter se atmosfeer gerits het. REGS BO is n ultraviolet weergawe van die letsels. Altwee fotos is deur die wentelende ruimte-teleskoop Hubble.

Krediet: Hubble Space Telescope Comet Team en NASA
  

 

Ketting van impakkraters op n Jupiter-maan... waarskynlik die gevolg van n soortgelyke botsing
 

BO: Die reuse-planeet Jupiter se gasse bedek binne n aantal maande die sigbare wonde wat deur n komeet soos Shoemaker-Levy 9 aangerig word. Maar op oop, luglose wrelde soos die meeste mane bly sulke merke daar vir n groot deel van die spreekwoordelike ewigheid. Op hierdie foto, wat deur die Galileo-verkenningstuig geneem is, is n hele ketting van kraters op die Jupiter-maan Ganymede (of Ganymedes in Afrikaans, hoewel ons vir eenvormigheid verkies om by die Engelse spelling te hou). Die krater-ketting is waarskynlik veroorsaak deur n ruimtelike botsing soortgelyk as di tussen die Shoemaker-Levy 9-brokstukke en Jupiterfragmente wat stuk-stuk en op n streep in Ganymede ingevlieg het.

Foto: Galileo Project / Brown University / JPL / NASA

Terug

4 van 9

Vorentoe