Maan van die Aarde
Maan se fases en bewegings

   
Die Maan draai om  sy eie as in dieselfde tyd as wat hy om die Aarde
draai—een keer in iets minder as ’n gewone maand. Terselfdertyd
draai die Maan saam met die Aarde om die Son...
 

 Terug

2 van 4

Vorentoe 

 

 
Ons enigste natuurlike satelliet se boeiende skyngestaltes
 

LINKS: ’n Animasiebeeld van die Maan soos hy lyk wanneer hy maandeliks deur sy fases rondomtalie, soos gesien in die Noordelike Halfrond. Die skynbare waggeling van die Maan staan bekend as librasie. In die sterrekunde verwys librasie (uit die Latynse woord libro vir “balanseer” of “swaai”) na die Maan se verskillende omwentelingstoestande waardeur dit vir ons Aardbewoners moontlik is om meer as die helfte van die Maanoppervlak te sien—hoewel die Maan altyd slegs sy een kant na die Aarde gedraai hou. Waarop dit neerkom, is dat altesame 59% van die Maan se oppervlak van die Aarde af waargeneem kan word.

Erkenning word met dank gegee aan Tom Ruen vir sy animasiebeeld. Hy het dit op die wêreldwye web op hierdie bladsy van die Wikipedia-ensiklopedie  tot openbare besit (“in the public domain”) verklaar.


Wat die skyngestaltes is en waarom
die Maan in sy maandelikse siklus bly verander
 

 

BO: Op hierdie tekening sien ons dat die Maan altyd ’n verligte kant het (wat na die Son gerig is) en ’n donker kant (wat weggedraai is van die Son). Terselfdertyd beweeg die Maan om die Aarde (een maal in iets minder as ’n gewone maand), terwyl hy gedurig dieselfde “gesig” na die Aarde gerig hou, terwyl sy “agterkant” van ons af weggedraai is. Die fase (of skyngestalte) van die Maan, oftewel die vorm van daardie deel van die Maan wat verlig is, wat ons op enige gegewe tyd sien, word deur die kombinasie van hierdie twee faktore bepaal: watter deel van die Maan deur die Son verlig word en tegelykertyd van die Aarde af sigbaar is.

Krediet: Starchild / NASA

Name van fases van die Maan

BO: Om tussen verskillende belangrike gestaltes te onder-skei, is name aan hulle gegee. Dit is egter belangrik om te weet dat die fases van die Maan nie oral op Aarde dieselfde is nie—hulle verskil in die Noordelike en Suidelike Halfrond. Om die waarheid te sê, jy sal op elke ander plek op Aarde die Maan en die hemelruim ietwat anders sien.

Krediet: Starchild / NASA


 Terug

2 van 4

Vorentoe 


 Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad