Mense op die Maan!

Eerste Maanlanding—stap vir stap

Foto’s: NASA-argief
 

  Terug

2 van 4

Vorentoe 

 

   

 

 

 

Die span (klik hier vir groot foto’s)

 

   
 

 

Die lansering

 

 

 
BO: Die trio van Apollo 11, van links: Neil Armstrong, bevelvoerder en die eerste mens wat op die Maan geloop het; Michael Collins, vlieënier van die beheermodule wat alleen om die Maan bly wentel het ten tyde van die landing; en Edwin ("Buzz") Aldrin, wat saam met Armstrong in die maan­landingsmodule afgedaal het en die tweede mens op die Maan was.

 

 


BO: ’n Massiewe Saturn V-vuurpyl  lanseer Apollo 11 op 16 Julie 1969 vanaf die Kennedy-ruimtesentrum in Forida, Amerika. Die lanseerder se komponente val een-een weg om die ruimteskip eers ’n wentelbaan om die Aarde te plaas en toe, ná een en ’n halwe omwenteling, weg te stuur Maan toe.

  

 

 

Die bestemming

 

   

 

Beheer-en-diens-module

 

 

 
BO: Met die logge vuurpyl weggewerp wat hulle tot hier gebring het, begin die ruimtemanne met hul reis van vier dae na die Maan—gemiddeld 384 403 km ver van die Aarde af. DIe Apollo 11-trio wil vermag wat die mens nog nooit reggekry het nie: om op  ’n ander hemelliggaam neer te stryk en daar­na weer veilig terug te keer Aarde toe.

 


BO: Hulle gaan in ’n wentelbaan om die Maan met die beheer-en-diensmodule (soortgelyk aan hierdie een van die Apollo 15-sending). Hiervandaan sal Amstrong en Aldrin in die maanlan­dingsmodule afdaal, op die Maan land, daar rondloop en terug­keer om hulle weer by die beheer-en-diensmodule aan te sluit. Die beheermodule van Apollo 11 word “Columbia” genoem.

 

 

 

Maanlandingsmodule stryk neer

 

   

 

Een klein treetjie...

 

 

 
BO: ’n Kunstenaarsvoorstelling van Apollo 11 se landingsmodule wat op die oppervlak van die Maan neerstryk. Die module is die “Eagle“ genoem en die plek waar hulle geland het "Tranquility Base" (na die Sea of Tranquility, oftewel See van Kalmte, waar die landing plaasgevind het). Maar alles het nie seepglad verloop soos beplan is nie. Toe hulle sowat 150 meter bokant die oppervlak is, vind Amstrong en Aldrin dat die beplande landingsplek nie die oop vlakte is soos hulle gedink het nie, maar in der waarheid ’n groot krater met rotse daar rondom. Armstrong stuur toe die module na ’n geskik­ter plek terwyl die brandstof vir die landing bitter min raak. Hy land met net genoeg brandstof oor om 30 sekondes verder te vlieg. Tyd van landing:  20 Julie 1969 om 20:17 (Gekoördineerde Universele Tyd). Kort ná die landing gebruik Buzz Aldrin as toegewyde Christen Nagmaal op sy eie.

 Krediet: APOLLO 11 / APOLLO PROJECT ARTS / JSC / NASA
 

 


BO: Ses en ’n halwe uur nadat hulle geland het, klim Neil Armstrong met die leer van  die landingsmodule af en trap op die Maan. ’n Gemonteerde TV-kamera wat outomaties begin werk toe Armstrong aan ’n spesiale ring trek, lê die geskiedkundige gebeurtenis vas. Toe hy op die Maan trap, verklaar hy: "That's one small step for man, one giant leap for mankind" (hy laat per abuis die "a" voor "man" uit, wat die betekenis van sy woorde enigsins verander).


 

 

 

 
Op die Maan
 

   

 
Vlagplanting
 

 

 
BO: Aldrin haal instrumente vir proefnemings uit die maanlandingsmodule.

 


BO: Aldrin salueer die vlag van die VSA (van metaal) wat op die Maan geplant is.

 

 
 

   

Vertrek om weer by beheermodule
aan te sluit

 

   

  

Aarde, hier kom ons...

 

 

 
BO: Die maanlandingsmodule van Apollo 11 het uiteindelik opgestyg ná 22 uur op die Maan. Op die foto nader Armstrong en Aldrin die beheermodule Columbia, wat steeds om die Maan wentel, ten einde hulle weer by Michael Collins aan te sluit.
 

 


BO: Die Apollo 11-drietal pak die terugtog na die Aarde aan. Hierdie foto van van die Aarde in die vorm van ’n sekelmaan is tydens hul terugreis geneem.

 

 

 

   

Opgepik ná landing in die see

 

   

   
 
Eers in kwarantyn
 

 

 
BO: Op 24 Julie—ná 8 dae, 3 uur en 18 minute—plons die beheermodule van Apollo 11 neer in die Stille Oseaan ’n ent van Hawaii. Die module word opgepik en aan boord van die skip USS Hornet gehys (op die foto). Die ruimte­vaarders dra isolerende oorpakke en word in ’n mobiele kwarantynfasiliteit geïsoleer, alles weens die bitter skrale moontlikheid dat hulle be­smetlike kieme van die Maan af kon saam­gebring het waarteen die Aardbewoners geen immuniteit sou hê nie.

 


BO: Richard M. Nixon, die Amerikaanse president, besoek die trio van Apollo 11 in kwarantyn aan boord van die USS Hornet. In Hawaii word hulle in hul mobiele kwarantynfasiliteit aan land gebring, waarna hulle na NASA in Houston, Texas, vervoer word. Tydens hul kwarantyn van byna drie weke—eers in die kwaratynfasiliteit en toe in die soge­naamde Lunar Receiving Laboratory by die Lyndon B. Johnson-ruimtesentrum—word hulle intensief vir enige tekens van maankiem-besmetting onder­soek.
 

 

 

   

Die uiteindelike heldeontvangs

 

   

     

Eish! Alles vir ’n klomp klippe?

 

 

 
BO: Daar is hoegenaamd geen teken van enige maankieme by die triomferende ruimtemanne van Apollo 11 nie—en op 13 Augustus 1969 verlaat die ruimtevaarders hul kwarantyn vir heldeontvangste deur die Amerikaanse publiek. Parades word dieselfde dag in New York, Los Angeles en Chicago vir die drietal gehou, wat daarna ook ’n wêreldtoer onderneem waarin hulle sowat 25 lande binne iets meer as ’n maand besoek.

 


BO: Klippe wat deur die Apollo 11-ruimtemanne van die Maan af saamgebring is. Wat egter vir die leek na ’n onsinnige beloning vir soveel moeite kan lyk, is vir navorsers van onskatbare waar­de. Die klompie rotsbrokke wat hier van naby beskou word, is stollingsgesteentes, met ander woorde hulle is deur smelting gevorm. Dit was moontlik tydens ’n vulkaniese vloeiing op die Maan of vanweë ’n groot meteoriet wat in die Maan ingeploeg het.

 

 

  Terug

2 van 4

Vorentoe  


 Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad