Mars
Die fassinerende verlatenheid

 

Terug

2 van 8

Vorentoe

 

    Vlaktes en afgronde... Kan hier hoegenaamd lewe wees? Was hier ooit enige lewe?


BO: Mars is weinig meer as hoogtes en dale, kraters en sandvlaktes wat van horison tot horison strek. Of is dit? Wat sal die ondergrond alles kan onthul as ín mens dieper kon kyk? Wat skuil miskien, miskien in donker skeure, in die verborge gesteentes van baie lank gelede? Hierdie digitale verkleuring van en verlenging van die lug opwaarts van ín swart-wit foto, geneem deur die dwaalrobot Opportunity, toon die rand van die sogenaamde Victoriakrater.

Foto: JPL / NASA

DUI MARS SE METAANGAS OP LEWE?

BYVOEGING: JANUARIE 2009

IN JANUARIE 2009 is in die tydskrif Science gesÍ dat wetenskaplikes van die Amerikaanse ruimte-agentskap NASA die vonds van groot hoeveelhede metaangas op Mars aangekondig het.

Hierdie soort gas kan ůf deur geochemiese aktiwiteit op die Rooi Planeet ge­skep word ůf deur lewensvorme.

Metaan is reeds in 2003 in die Mars-atmosfeer opgespoor. Wetenskap­likes het gevind dat sekere dele van die planeet meer van die gas bevat as ander dele.

Metaan behoort slegs ín kort rukkie in die atmosfeer te bly totdat dit deur sonlig vernietig word. Die feit dat die Mars-lug steeds metaan bevat, dui daar­op dat dit voortdurend van Írens af aangevul moet word, maar van waar af?

Word dit geproduseer deur sekere geochemiese prosesse in die onder­grond? Of is herkoms daarvan miskien biologiesókom dit dalk van mikrobes of iets anders iewers in diep canyons of verskuilde spelonke?

Nou ja, geen sterfling op die Aarde weet natuurlik nog nie vir seker nie. Daarom dat NASA se nuwe beplande dwaalrobot MSL (Mars Science Laboratory), wat hulle in 2011 na Mars wil stuur, instrumente sal hÍ wat kan onderskei tussen koolstof in gasse wat biologies geskep is en diť van ín  geochemiese oorsprong.


 

Sand en rotse van nader bekyk
 

 
BO: Vulkaniese gesteentes lÍ hier gesaai oor die grond. Die stowwerige grond self is, soos meestal op Mars, 'n diep bedekking van baie fyn roes (ysteroksied) wat die digtheid van talkpoeier het. Dit is 'n foto deur die dwaalrobot Spirit.

Foto: JPL / NASA

   

   
Nog nader betrag binne-in ín krater... wat is daardie getande klippies in reguit lyne?
 

 
BO: In die sogenaamde Endurance-krater, 'n impakkrater op Mars, het die dwaalrobot Opportunity interessante foto's geneem toe dit in 2004 sowat 'n halwe jaar lank daar rondgesnuffel het. Hierdie getande klippies van slegs 'n paar sentimenter hoog en minder as een sentimeter breed, het groot wetenskaplike belangstelling gewek. Benewens die bevestiging dat vloeibare water in die antieke tye hier voorgekom het, is ook vasgestel dat water wat oor die landskap gespoel en dan weer opgedroog het, 'n periodieke verskynsel moet gewees het.

Foto: NASA / JPL / Cornell
 

  En diť ronde klipstruktuur daar in die middel (LINKS ONDER)? Sou dit dalk net die reste kan wees van iets soos ons eie korsmos?



LINKS BO: Nee, dinge is nie altyd soos dit lyk nie. Met die eerste kyk sou 'n mens maklik kon dink dat die dwaalrobot Spirt in die Gusev-krater op Mars 'n rare biologiese voorwerp gevind hetó'n lewensvorm op 'n rots, dalk iets soos die bekende korsmos van die Aarde (REGS BO). Wat egter waarskynlik gebeur het, is dat die robot die rots met een van sy roterende instrumente geskuur het om dit van naby te beloer en dat die letsel toe na iets lewends, of die reste van iets lewends, gelyk het.

Foto links bo: NASA / JPL / Cornell  / USGS; foto regs bo: Earth Observatory / NASA

Terug

2 van 8

Vorentoe


ē  Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad