Mars
Verkenning met wentelende snuffeltuie, landingstuie en dwaalrobotte

Die verkenning van Mars met dosyne wentelende snuffeltuie, landingstuie en dwaalrobotte kom reeds 地 lang pad sedert die jare sestig van die twintigste eeu. Dit is vir die mens belangrik om meer van die Rooi Planeet te weet sodat hy sy kennis oor sy eie plek in die ruimte kan verbreed. Maar daarvoor word 地 duur prys betaal. Nagenoeg sestig persent van die Mars-spioene het tot dusver nie ten volle aan hul doel beantwoord nie, terwyl party misluk het voordat hulle selfs met hul take kon begin...

 

 Terug

5 van 8

Vorentoe 

 

     
 
Phoenix
se besoek aan Mars
(
Klik hier vir 地 afsonderlike artikel hieroor, wat in November 2008 geskryf is net nadat die tuig se sending beindig was om water en ander dinge op Mars te vind)


BO: Sy naam was Phoenix溶et soos die Phoenix in die wetenskapsrolprent Star Trek: First Contact, wat die eerste mensgemaakte ruimtetuig sou wees wat vinniger as die snelheid van lig vlieg (iets wat eintlik, volgens ons huidige kennis, 地 fisiese onmoontlikheid is).

Maar die ander Phoenix wat ons hierbo sien, was nie naastenby so vinnig nie. Dit is 地 illustrasie van NASA se Phoenix-landingstuig soos hy min of meer moet gelyk het toe hy in Mei 2008 iewers in die verre noorde van Mars neergestryk het. Hy is in Augustus 2007 suksesvol van die Aarde af gelanseer (en die reis sou dus etlike maande duur, pleks van die paar minute na Mars teen die snelheid van lig).

Blitssnel of nie, die sending van die Phoenix Mars Lander, soos hy eintlik genoem is, was baie belangrik. Phoenix het in sy baie kort fleur opwindende nuwe inligting omtrent ons buurplaneet ingewin.

Hy was onder meer die eerste Aardse verkenningstuig wat Marswater geproe en gedrink het. Daarbenewens het hy ons laat verstaan dat ten minste aspersies moontlik in die Marsgrond sal aard. Hy het ook nuwe foto痴 op die oppervlak van die Rooi Planeet geneem en sy bevindings het selfs die moontlikheid so 地 minuskule rapsie versterk dat daar eenmaal lewe op Mars kon gewees het.

Universiteite van verskillende lande en die Kanadese ruimte-agentskap was saam met die Amerikaanse ruimte-agentskap NASA by die projek betrokke.

Lees meer oor Phoenix se epiese sending deur hier te klik. Dit is 地 artikel wat destyds geskryf is kort nadat die betroubare meganiese fynproewer se stem stilgeraak en hy met volle eer uit die diens getree het.

Illustrasie: Corby Waste (Jet Propulsion Laboratory/NASA)

 
Parmantige buksies... die klein dwaalrobotte (迭overs) op die Rooi Planeet
 

 
BO: Onder die mees geslaagde verkenners wat nog op Mars ontplooi is, is die Amerikaners se kordate dwaalrobotte Opportunity en Spirit (wat altwee lyk soos op die voorstelling hierbo). Hulle het oor die Marsgrond laat wiel en selfs in kraters gaan loer, sodat ons vandag veel meer van die terreingesteldheid van Mars weet as wat baie wetenskaplikes ooit gehoop het in di stadium moontlik sal wees. Ruimtelike verkenningstuie en Mars-satelliete kan nie naastenby hul ondersoeke so ter plaatse doen as wat die dwalers dit kan regkry nie.

Sowel Opportunity (nog lewend in 2012) as Spirit (wat in 2010 finaal lepel in die dak gesteek het) is wesenlik 地 karretjie met ses wiele wat met sonkrag aangedryf word. Elke dwaalrobot is 1,5 meter hoog, 2,3 meter breed en 1,6 meter lank, met 地 gewig van 180 kg.

REGS is byvoorbeeld gestolde lawa op Mars soos dit intensief per dwaalrobot genspekteer is. Met die dwalers sou nie net uitgestrekte landskappe gefotografeer kon word nie, maar ook duidelike nabyfoto痴 soos hierdie een van Mars se gesteentes geneem kon word.

Die eerste geslaagde dwaalrobot op Mars was Sojourner, wat in Julie 1997 op die planeet geland het.

NASA het 地 groter ontwerp vir die tweeling Spirit en Opportunity gebruik, wat in Januarie 2004 aan weerskante van Mars neergelaat is.

Al die Mars-dwalers tot dusver was nog maar net buksies en daar is nie beplan dat hulle verder as 'n paar honderd meter moes afl nie. Sowel Sojourner as Spirit en Opportunity het egter meer as aan die verwagtinge voldoen.

Trouens, Opportunity is 地 ware klein kanniedood en op sy eie beskeie manier een van die groot staatmakers in die Amerikaanse ruimteverkenningsprogram. Teen die einde van Augustus 1911 het hy reeds dertig keer langer doeltreffend gefunksioneer as die negentig Mars-dae wat oorspronklik vir hom beplan is. (地 Mars-dag is net so iets onderkant veertig minute langer as 地 Aardse dag van 24 uur).

Toe hierdie webblad opgedateer is (op 10 Februarie 2012) was die fiere klein vroetel-kannetjie steeds besig om uitgebreide ontledings van Mars-gesteentes en die Rooi Planeet se oppervlak te doen.

Sy tweeling, die robot-tjokkertjie Spirit, was ongelukkig nie heeltemal so 地 langasem nie. Spirit het in 2009 opgehou met sy dwalinge, en in 2010 is kontak met hom verbreek.

 

Krediet: NASA, JPL-Caltech Cornell / USGS
 

   

Wentelende waarnemers: Mars Reconnaissance Orbiter en 2001 Mars Odyssey
 

   
Al is landingstuie en dwaalrobotte baie nuttig, is wentelende snuffeltuie ook belangrik, nie net om as herleiers van seine te dien wat van statiese en dwalende soekers op die Marsoppervlak ontvang word nie, maar ook om die planeet vanuit die ruimte te bestudeer en te karteer.

LINKS BO is 'n kunstenaarsvoorstelling van NASA se Mars Reconnaissance Orbiter (MRO) van $720 miljoen, 地 omwentelingstuig wat in Maart 2006 in 地 baan om Mars geplaas is. MRO bevat talle wetenskaplike instrumente, wat onder meer gebruik word om die landvorms, minerale en ys op die planeet te ontleed. In Augustus 2011 het NASA aangekondig dat MRO iets op die oppervlak of onder die oppervlak van Mars opgespoor het wat na lopende soutwater lyk.

REGS BO is weer 'n voorstelling van die 2001 Mars Odyssey in sy wentelbaan om Mars. Hierdie omwentelingstuig het Mars in Oktober 2001 bereik en is deels genoem na die beroemde ou weten­skapsrolprent 2001: A Space Odyssey. Die Mars Odyssey het in Februarie 2002 begin om Mars wetenskaplik te karteer. In 2012 kan hy daarop roem dat hy die rekord hou (tien jaar plus) van die langsdienende aktiewe ruimtetuig in 地 wentelbaan om 地 planeet anders as die Aarde.

Nog 地 wentelende ruimtetuig om Mars is die Europese ruimte-agentskap se Mars Express (voorstelling REGS). Die Mars Express is in 2003 op sy tog na Mars vergesel deur die Britse landingstuig Beagle 2, waarmee alle kontak verbreek is toe dit van die Express geskei het ten einde op Mars neer te stryk. Dit is nie bekend wat van die Beagle 2 geword het nie en daar is selfs 'n moontlikheid dat dit Mars heeltemal gemis en toe om Son begin wentel het.

Die Mars Express het hom egter nie onbetuig gelaat nie en is sedert vroeg in 2004 besig om waardevolle inligting oor Mars se terrein en atmosfeer na die Aarde te stuur. Sy sending is al vyf keer verleng en daar word nou beplan om hom tot minstens 2014 operasioneel te hou.

 NASA se Mars Global Surveyor (MGS), wat aan die einde van 1996 gelanseer is, was die eerste Amerikaanse ruimtetuig wat Mars n twintig jaar besoek het. Di omwentelingstuig het in Januarie 2001 sy prim靡e sending voltooi, maar die sending is drie keer verleng. Alle kontak is egter in November 2006 verbreek en die sending is in Januarie 2007 amptelik beindig.

Krediete:  NASA en ESA

 

  Viking... ou baanbreker

BO: 'n Viking-omwentelingstuig. Die ruimte-eeu was nog betreklik jonk toe NASA sy ambisieuse Viking-program van stapel laat loop het. Twee snuffeltuie, Viking I en Viking 2, is onderskeidelik in Junie en Augustus 1976 in wentelbane om Mars geplaas. Elke tuig het ook 'n landingstuig bevat wat op die Mars-oppervlak neergelaat is. Die inligting wat deur die Vikings versamel is, het jare lank, trouens tot laat in die 1990's en vroe 2000's, die grootste deel van die databasis oor Mars beslaan.

Krediet: NASA


Mense na Mars: die jongste planne

 

REGS: 地 Kunstenaarsvoorstelling van twee ruimtevaarders by die mens se eerste basis op Mars.

Detail van akrielskildery deur Les Bossinas (Cortez III Service Corp.), 1991 / NASA

DIT gaan nie meer te lank wees nie, belowe die betrokkenes. As jy, die leser, nie te veel somers agter die rug het nie, kan dit nog maklik binne jou leeftyd gebeur.

Ja, die mens gaan Mars toe. Hopelik. Daar is al voorlopig selfs aan 2031 gedink as di geskiedkundige jaar.

Die Amerikaanse ruimte-agentskap NASA het in die eerste dekade van 2000 besonderhede be­kend gemaak van sy oogmerk om binne die volgende aantal dekades 地 aantal ruimtevaarders op 地 vaart van dertig maande na die Rooi Planeet te stuur. 地 Ruimteskip van 400 000 kg word vir di doel beoog嵐n tuig wat nie op die Aarde nie maar in die ruimte in 地 aardomwentelingsbaan gemonteer sal word.

REGS: Die ruimteskip na Mars sal, soos beplan word, stuk-stuk in die ruimte aanmekaar gesit word.

Krediet: NASA

Daar is nie eenstemmigheid oor hoeveel die reis sal kos nie, maar dit sal baie, baie miljoene dollars meer wees as die spreekwoordelike plaas洋iskien selfs $450 miljard.

Die ruimtevaarders se benodigdhede en tuiste op Mars sal afsonderlik na die planeet gestuur word in 地 landingstuig wat 地 hele tydjie voor hulle daar sal land. Op hul reis na en van Mars sal die bemanning hul eie groente en vrugte kweek. Hulle sal sestien maande op Mars vertoef en kernkrag gebruik om hul tuiste daar leefbaar te hou.

Die besonderhede van die plan is op 地 vergadering van NASA se Lunar Exploration and Analysis Group voorgel. Dit was natuurlik alles egter slegs 地 tentatiewe vooruitskouing. Hoe die ware uittog na Mars uiteindelik daar sal uitsien, indien ooit, weet geen ondermaanse mens nog r靡ig nie.

Maar mense wat in die ruimte belang stel, is dankbaar vir al die nuwe drome wat intussen hieruit kan voortvloei.

 

  

 Terug

5 van 8

Vorentoe