Mercurius
Reuse-ysterbal met ’n dop van klip

  Terug

2 van 2

Ons 8 planete 



 

     
BO: Die bou van Mercurius. Geleerdes reken dat die planeet aan die binnekant meestal uit yster bestaan.
Mercurius se ontsaglike kern van yster het ’n straal van 1800 tot 1900 km. Die silikaat-buitedop wat dit omhul, is slegs 500 tot 600 km dik. Radar­waarnemings toon dat die ysterkern ten minste aan die buiterande in ’n gesmelte toestand is. Moontlik verhard dit na die binnekant toe.

Krediet: Nicolle Rager Fuller, U.S. National Scientific Foundation, via NASA
  

 

     
BO: Mercurius (links) se grootte vergelyk met dié van die ander drie aardagtige planete, te wete van links Venus, die Aarde en Mars. Die afstande is nie volgens skaal nie. ’n Aardagtige planeet is een waarvan die buitekant hoofsaaklik uit silikaatgesteentes bestaan—en is, soos die naam aandui, dan ook enigsins “soos die Aarde”. Aardagtige planete verskil aansienlik van die groot gas­planete, wat bes moontlik (maar dalk nie) ondertoe soliede oppervlakke het, dog meestal uit ’n samestelling van gasse en water in verskillende fisiese toestande bestaan. Aardagtige planete het breedweg gesproke almal dieselfde struktuur: ’n sentrale metaalkern, meestal yster, met ’n omringende silikaatmantel. Aardagtige planete het canyons, kraters, berge en vulkane, asook atmosfere in die een of ander vorm. Venus se atmosfeer is baie dig, die Aarde s’n is heelwat minder so, terwyl die atmosfeer van Mars maar erg yl is. Mercurius se baie dun atmosfeer bestaan egter net uit atome wat deur die sonwind van sy oppervlak af geblaas word en vinnig in die ruimte ontsnap.

Krediet: ’n Kompilasie van NASA-foto‘s