Nuttige newelvlekke
Verskillende soorte ďmistighedeĒ in die sterrehemel

Terwyl newelvlekke die geboorteplek van sterre is, is hulle dikwels ook produkte van sterre se einde.  Dit geskied in die gedurige vorming en vervorming van materiŽle voorwerpe in die ruimte.

 Terug

2 van 3

Vorentoe  

 
Die Kreefóglansproduk van ín kolossale ontploffing

BO: Die Kreef-newelvlek, die skouspelagtige gevolg van ín supernova  (6500 lig­jare ver)  wat in die jaar 1054 op die Aarde waargeneem is en ín massiewe ster se einde beteken het. Al wat van die massiewe ster oorgebly het, is die geÔoni­seerde newel en ín neutron-ster in die middel daarvan.

Krediet: Hubble / NASA / ESA

DAAR is verskillende soorte newelvlekke, gevarieerd in hul talrykheid. Baie van hulle vorm uit die verspreide gasse tussen die sterre in ín galaksie, gasse wat op ín plek versamel en steeds aangroei totdat die verdigte materie eindelik onder sy eie  swaartekrag ineenstort en massiewe sterre in die middel daarvan uitbars. Die ultraviolet straling van die sterre ioniseer die gas wat hulle omring en hierdie newels word dan sigbaar. Die Roset-newelvlek  is ín puik voorbeeld van hierdie soort newelvlek.

REGS: Die Roset-newelvlek.

Krediet: Die verskaffer het hierdie beeld tot openbare besit verklaar, maar versoek wel dat die volgende erkenning die gebruik daarvan sal vergesel: "Image based on data obtained as part of the INT Photometric H-Alpha Survey of the Northern Galactic Plane, prepared by Nick Wright, University College London, on behalf of the IPHAS Collaboration".

Newelvlekke kan ook die gevolg van supernova-ontploffings wees, die laaste gepronk van massiewe sterre wat ín betreklike kort lewe gehad het. Die materie wat deur die ontploffing weggeslinger is, word deur die supernova-oorblyfsel geÔoniseer. ín Uitmuntende voorbeeld hiervan is die Kreef-newelvlek (kyk die Hubble-beeld bo-aan hierdie bladsy).

Die Kreef-newelvlek is geskep deur ín supernova wat in 1054 wyd en syd op die Aarde waargeneem is. Arabiese sowel as Chinese sterrekundiges het aangeteken dat die supernova 653 dae lank in die naghemel gesien kon word en 23 dae lank selfs helder genoeg was om bedags sigbaar te wees. In die middel van die Kreef-newelvlek is ín neutron-ster, die oorblyfsel van die supernova-ontploffing.

Ander soorte newelvlekke staan bekend as planetÍr. PlanetÍre newelvlekke het niks met planete te doen nie, en hulle vorm in die bejaarde fase van die lewensloop van minder massiewe sterre (sterre soos byvoorbeeld ons eie Son). Sterre wat tot agt of tien keer so massief as ons Son is, verloor stadigaan hul buitenste lae namate hul atmosfere polsend na buite verlore gaan. Sodra genoeg materie verloor is, word die ster warmer en die ultraviolet straling van die ster ioniseer dan die newel wat na buite afgewerp is.

Nie alle newelvlekke is sigbaar as gevolg van geÔoniseerde gas nie. Ons kry ook refleksie-newels, dit wil sÍ wolke van ruimtestof wat eenvoudig die lig van ín naburige ster of sterre weerkaats. Die nabygeleŽ ster of sterre is nie warm genoeg om die gas in die newel te ioniseer nie, maar is tog so helder dat genoeg lig versprei word om die ruimtestof sigbaar te maak.

 


 
Bewolkte Sewegesternte


BO: Die Plejade of Sewegesterne (Sewester) huisves refleksie-newelvlekke, dit wil sÍ wolke van ruimtestof wat eenvoudig die lig van naburige sterre weerkaats. Daar is vroeŽr gereken dat die ruimtestof ín oorblyfsel van die vorming van hierdie groep sterre is, maar tans word aanvaar dat dit ín onverwante wolk stof is waardeur die sterregroep om die oomblik beweeg.

Krediet: NASA, ESA & AURA - Caltech
 



ín Kat se oog, doer ver omhoog...
 

BO: Die Katoog-newelvlek is nie slegs ín voorbeeld van ín plane­tÍre newelvlek nie, maar dit is ook een van die mees komplekse newelvlekke wat bekend is. Hier is ín samegestelde X-straal-optiese beskouing van diť verskynsel wat steeds ín hele aantal van sy geheimenisse jaloers bewaar.

Krediet: X-strale: NASA / UIUC / Y.Chu et al.; opties: NASA / HST
 



Hewige herrie by Heliks
 


BO: Hierdie infrarooi blik van die wentelende ruimte-teleksoop Spitzer toon ín tros omgesukkelde komete wat bots en stof opskop rondom ín dooie ster. Die dooie ster lÍ in die middel van die Heliks-newelvlek (NGC 7293), ín glansende stofwolk wat in gewone lig op ín spookagtige manier na ín oog lyk (kyk die foto HIERONDER). Wetenskaplikes vertel dat hulle verbaas was om soveel ruimtestof rondom die ster te sien en dat die stof van komete moet kom wat die dood van hul son oorlewe het. Op die infrarooi foto verskyn die stowwerige dooie ster as ín kolletjie in die middel van die newelvlek, miskien soos ín rooi pupil in die oog van ín groen monster!

Krediet: NASA/ JPL-Caltech / Universiteit van Arizona

Oog in die ruimte 

REGS: Die Heliks-newelvlek in ín ander lig gesienóín samestelling van skerp beelde in gewone lig deur die wente­lende ruimte-teleskoop Hubble en ín breŽ waarneming per teleskoop by die Kitt Peak- Nasionale Sterrewag, naby Tucson, Arizona, in die VSA.

Krediet: HST / NASA / ESA / NSF-teleskoop, Kitt Peak National Observatory
 


 

 Terug

2 van 3

Vorentoe  

ē  Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad