Dromers en denkers
Hoe skrywers en kunstenaars oor die ruimte gefantaseer het

In die aanloop tot die ruimte-eeu容n tot vandag toe楊on skrywers, grafiese kunstenaars en rolprentmakers n靡ens hul verbeelding vryer teuels gee as om perkeloos en ongebreideld die ruimte in te vaar nie...
 

  Terug

2 van 2

Inhoudsblad 

 
Die boomryke ruimtekolonie binne-in 地 wiel
  

 
BO: Dis 地 lugkasteel in die klasssieke sin van die woord, maar miskien sal ruimtekasteel 'n beter beskrywing wees. Hierdie illustrasie wat die bekende ruimtekunstenaar Donald Davis in 1976 gedoen het, is van 地 fiktiewe, reus­agtige kolonie iewers in die ruimte. Die kolonie is in die vorm van 地 ringvormige oliekoek (電oughnut) uitgel. Davis het in die 1970痴 die opdrag van die Ameri­kaanse ruimte-agentskap NASA ontvang om vir hulle prente te skilder, en hierdie kleurryke 途uimtewiel was een daarvan. Die kunstenaar het goedguns­tiglik besluit om di illustrasie tot openbare besit te verklaar (鍍o release it into the public domain, soos dit in die VSA gestel word).
   

 
Die wonderlike teorie oor 努urmgate wat kortpaaie in die ruimte sou bied
 

BO: 地 Voorstelling van 地 wurmgat in die ruimte... kan so iets hoegenaamd bestaan?

Krediet: NASA / Glenn Research Center

WURMGATE is gewilde dinge in fiktiewe wetenskapsverhale. Dit berus op die rare veronderstelling dat daar wonderbaarlike 堵ate in die ruimte sou wees wat vinnige kortpaaie tussen die sterre sou bied耀odat ruimte­vaarders die andersins onoorkomelike probleem kan oorbrug om ligjare ver te reis sonder om horingoud te word voordat hulle by hul bestemmings aanland.

Maar wurmgate bestaan verbasend genoeg nie net in die fantasie van fiksieskrywers nie. Hulle lewe jou waarlik ook in die gedagtes van ernstige wetenskaplikes as 地 moontlikheid binne die konsep van algemene rela­tiwiteit.

In die fiskika is 地 wurmgat 地 hipotetiese verskynsel in die ruimtetyd-kontinum wat wesenlik 地 kortpad deur die ruimte en tyd is. 地 Wurmgat het minstens twee monde wat deur 地 enkele keel verbind word. As die wurmgat bereisbaar is, kan materie deur die keel van die een mond na die ander beweeg. Hoewel wurmgate nog n靡ens waargeneem is nie, sluit die teorie van algemene realitiwiteit nie die moontlikheid van hul bestaan in die ruimtetyd-kontinum uit nie.

Die naam wurmgat is bedink omdat dit 地 mens glo herinner aan die wurm wat 'n kortpad deur 地 appel  neem wanneer hy deur die middel daarvan boor pleks van om die langer pad om die appel na die ander kant te kies. Net so sou 地 ruimtevaarder regdeur 地 wurmgat kon reis om in 地 japtrap sy verskyning aan die ander kant van die heelal te maak.

Te fantasties om te glo? Nou ja, maak maar jou eie gevolgtrekking.

Maar daar is geleerdes wat reken dat kruip (soos 地 wurm) in sekere omstandighede baie gouer kan wees as om blitsvinnig te hardloop!
 

  
Verbeeldingsvlug... 地 Aardse ruimtereisiger land op die maan van
地 planeet wat in die diepruimte deur verskillende sonne bestraal word
 

 


BO: Skrywers van wetenskapsverhale het s 地 toneel miskien al honderde male beskry­we. 地 Ruimtereisiger van die Aarde verken die maan van 地 planeet in die diepruimte. Wat alles nog meer buitengewoon maak, is dat die planeet 地 deel is van 地 ingewikkelde soort sonnestelsel wat nie net een son het nie, maar twee of drie!

NASA-foto van ruimtereisiger gesuperponeer op NASA-illustrasie van veronderstelde toneel in die diepruimte ver van ons eie Sonnestelsel

 
 
Baanbrekers van die wetenskapsverhale


Jules Verne
 

泥riemanskap
 
H.G. Wells
 


BO: Jules Verne (1828-1905), Franse pionier van wetenskapsfiksie. Verne het oor die ruimtevaart en reise onder die water geskryf voordat vliegtuie en praktiese duikbote nog uitgevind is.

Krediet: Openbare besit (妬n the public domain) vanwe die verval van kopiereg weens ouderdom


Na hierdie skrywers word soms verwys as die "Groot Drie" van wetenskapsfiksie: Robert Anson Heinlein (1907-1988), sir Arthur C.  Clarke  (1917-2008 ) en Isaac
Asimov (oorlede in 1992).

Krediete: Heinlein: 1929 US Naval Academy yearbook (PD) ; Clarke: Anuradha Ratnaweera,cc-by-sa-2.0, Wikipedia; Asimov: Jay Kay Klien, fair use assumed, Wikipedia


BO: Herbert George Wells (1866-1946), beter bekend as H.G. Wells, die Engelse skrywer wat soms die "vader van wetenskapsfiksie" genoem word. Ander beskou egter Jules Verne as die "vader".

Krediet: Openbare besit (妬n the public domain) vanwe die verval van kopiereg weens ouderdom


Epiese rolprente oor ruimte en ruimtewesens
 

Klassieke rolprente oor die ruimte sluit in die Stars Wars-reeks, E.T. the Extra-Terrestrial (BO) en 2001 a Space Odyssey, wat in 1968 uitgereik is (LINKS). Op die televisie was die Star Trek-reeks miskien die grootste ruimtetreffer nog. Ruimteflieks kom al 地 lang pad. Reeds is in 1902 is 地 kort Franse stilprent, Le Voyage dans la lune (地 Reis na die Maan), uitgereik. Om by You Tube op die w靡eldwye web daarna te kyk, is 地 belewenis (klik hier as jy internet-koppeling het).


 

  Terug

2 van 2

Inhoudsblad 

 Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad