Saturnus
Die titaniese Titan, naasgrootse maan in die Sonnestel

 Terug

5 van 11

Vorentoe 

 


ín Digte atmosfeer van meestal stikstof... mere van vloeibare koolwaterstof... duine, winde, reŽns en seisoene... Titan is baie soos die Aarde (maar ook baie anders)

 

BO: Die maan Titan. Dit is ín digitale verkleuring van ín swart-wit NASA-foto, om ietwat nader te beweeg aan die egte kleur van hierdie maan soos dit deur die snuffeltuig Cassini waargeneem is (REGS). Titan is die grootste maan van Saturnus en die naasgrootste een in die Sonnestelsel, nŠ Jupiter se Ganymede. Hy is ook die enigste hemelliggaam buiten die Aarde waarop duidelike getuienis van stabiele kolle oppervlakvloeistof al gevind is. Voorts is hy die enigste maan in die Sonnestelsel met ín beduidende digte atmosfeer.

Titan wentel een maal elke 15 dae en 22 uur om Saturnus. Soos die Aarde se Maan, en baie ander natuurlike satelliete van die reuse-gasplanete, draai Titan een keer om sy eie as in presies dieselfde tyd as waarin hy om sy moederplaneet wentel.

Op die samegestelde foto LINKS van Titan en die Aarde (nagenoeg volgens skaal) kan Titan maklik verwar word met die Maan van die Aarde, hoewel hy sowat een en halwe keer groter as ons Maan is.

Titan bestaan hoofsaaklik uit waterys en gesteentes, en hy is al dikwels as ín maan met planeetagtige eienskappe beskryf. Die digte atmosfeer het egter lank verhinder dat die oppervlak van diť maan behoorlik waargeneem kon word, totdat die CassiniĖHuygens-sending heelparty raaisels opgelos het.

Daar is byvoorbeeld ontdek dat daar mere van vloeibare koolwaterstof in die poolstreke van Titan is. Die oppervlak is betreklik jonk, en daar is ook winde, reŽns en seisoene. Trouens, Titan is baie soos die Aardeómaar ook baie anders. Dit is ysig koud en die atmosfeer bestaan meestal uit stikstof, met wolke van metaan en etaan, en die wind en die reŽn veroorsaak sulke terrein-kenmerke soos duine en kuslyne.

Maar in hierdie wasige, vrieskoue wÍreld reŽn dit, volgens die navorsers, nie waterdruppels nie. Nee, die neerslag is druppels van vloeibare metaan, wat op die veel warmer Aarde slegs as ín gas bestaan. Die metaan voed riviere, mere, strome en fonteine op Titan se oppervlak. Die metaan moet blykbaar iewers van binne-in die maan af kom en word gedurig aangevul.

LINKS is ín pers waas om Titan, soos dit in 2004 deur die snuffeltuig Cassini waargeneem is.

Wat neer sÍ, die snuffeltuig Cassini het gevind dat daar ín verbasende aantal mistige lae in die bo-atmosfeer van Titan is. Dit is te sien op ultraviolet foto REGS van die atmosfeer aan Titan se nagkant, ingekleur om soos ware kleure te lyk. Die sowat twaalf newellae wat kan hier gesien word, herinner ín mens kennelik aan ín aardse reŽnboog.

Daar is navorsers wat reken dat daar miskien mikrobiese lewe op Titan kan wees, of eerder in ín moontlike ondergrondse oseaan van vloeistof op diť maan. Sulke mikrobes sou, volgens sekere geleerdes, selfs van die Aarde af kon gekom het, in meteoorstene wat in die ruimte uitgewerp kon gewees het nadat ín ruimtelike voorwerp die Aarde in die verre verlede getref het. Die kans vir sů ín ruimtelike kontaminasie, wat nog te sÍ lewe van enige aard op Titan, is egter onnoemlik kleiner as bitter, bitter skraal.

Krediet: NASA / JPL / Space Science Institute

 


Geskiedkundige landing van die Huygens

 
ďInkvlekĒ op Titan

BO: ín Cassini-radarfoto van die grootste meer van vloeistof wat nog by Titan se noordpool gevind is. Dit sou die Bowe­meer kon ďinslukĒ, die mees uitgestrekte varswatermeer op die Aarde met sy oppervlakte van 82.414 km.

Krediet: NASA / JPL / GFSC


    4. Huygens by die landingsplek... ín voorstelling
 

  


LINKS BO en LINKS MIDDEL: Die geskiedkundige afdaling na en landing van die Huygens op Titan.
 
LINKS: ín Kunstenaarsvoorstelling van die omgewing van die landingsplek, gegrond op beelde en data wat daarna ontvang is.

Krediet: ESA / NASA / JPL / Universiteit van Arizona

TOE die landingstuig Huygens in Januarie 2005 op die maan Titan geland het nadat hy van die wenteltuig Cassini ontkoppel was, was dit een van die groot hoogtepunte in die geskiedenis van onbemande ruimteverken­ning.

So ver in die buitewyke van ons Sonnestelsel het ín mensgemaakte ruimtetuig immers nog nooit neergestryk nie.

ín Heeltemal nuwe wÍreld het voor die wetenskaplikes ontvou...


 

Duine van die Aarde en van Titan


BO: Duine op Aarde vergelyk met duine op Titan. Die treffende ooreenkoms kan eenvoudig nie weggerede­neer word nie.

Krediet: Earth Sciences and Image Analysis Laboratory, NASA Johnson Space Center

 

  
Die ontdekker en die naamgewer
  

BO: Die Nederlandse sterrekundige Christiaan Huy­gens, wat Titan in Maart 1665 ontdek het, slegs ín jaar of drie nadat sy landgenoot Jan van Riebeeck in April 1652 aan die Kaap geland het. Drie en halwe eeue later het Huygens se naamgenoot, die Huygens-landings­tuig, baie meer omtrent Titan onthul as wat Christiaan ooit kon gedroom het om te doen. Christiaan Huygens het Titan destyds Saturni Luna (of Luna Saturni, Latyns vir "Saturnus se maan") genoem, want dit was toe nog die enigste Saturnus-maan wat bekend was.

Die naam Titan en die name van al sewe die Saturnus-mane wat toe ontdek was, is eers in 1847 voorgestel deur die Engelse geleerde sir John Herschell (REGS) in sy werk Results of Astronomical Observations made at the Cape of Good Hope. Sy voorstel het behels dat die name van die mitologiese Titane gebruik word, broers en susters van Cronos, wat in die klassieke Oudheid met die Romeinse god Saturnus geÔdentifiseer is. Herschell het die Kaap besoek en ín private teleskoop in Wynberg opgerig, waar hy onder meer ook die terugkeer van die komeet Halley waargeneem het.
 

  

 Terug

5 van 11

Vorentoe 


ē  Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad