Superbeelde van die Son

  Terug

 4 van 6

Vorentoe  


Wanneer die Maan die Son verduister...

Wanneer die Maan voor die Son inskuif vir ín algehele verduistering is dit ín asembenemende gesig. Die verduistering geskied in verskillende stadiums, soos ondertoe verduidelik word...


 

Krediet: NASA

Stadiums van ín sonsverduistering

Baily se krale
Baily se krale is kraalagtige ligblitse wat ín aantal sekondes voor en nŠ ín algehele verduistering te sien is. Baily se krale word veroorsaak deur lig wat deur die valleie aan die rand van die Maan deurskyn. Hulle is genoem na die Britse sterrekundige Francis Baily (1774-1844), een van die stigterslede van die Royal Astronomical Society. 

Diamantring
Die "Diamantring" is ín groot uitbarsting van lig wat ín paar sekondes voor en nŠ ín algehele sonsverduistering waargeneem word.

Algehele verduistering
ín Algehele verduistering word gesien deur mense wat hulle in die smal pad bevind wat die Maan se skaduwee oor die Aarde volg. Dit duur maar enkele minute op ín gegewe plek namate dit aanskuif oor die Aardoppervlak (nooit langer as so agt minute nie, baiemaal korter, afhangende van die Maan se afstand van die Aarde op daardie bepaalde tydstip).
 


 

 

Dit het laas op 4 Desember 2002 in Suid-Afrika gebeur en wel slegs in die verre noorde van ons land. Maar die volgende algehele verduistering van die Son bo ons eie wÍrelddeel word eers oor sowat twee dekades verwag. Algehele sonsverduisterings is dus nie volop nie. Daarom is dit altyd ín groot geleentheid wanneer die Son so skouspelagtig deur die Maan "ingesluk" word...

íN SONSVERDUISTERING, ín maanverduistering, ín komeet of ín reŽnboog... watter vrese en ontsag moet sulke natuurverskynsels nie by die onkundige ou volkere ingeboesem het nie.

Probeer die gode sů met hulle kommunikeer? Is dit voorspellings van wat gaan kom? Word vanuit die hemelkoepel daar bo skouspelagtige boodskappe na die doemelinge hier onder gestuur? ín Mens kan jou indink hoe die antieke mense met bewing die lug ingestaar of selfs met allerhande rituele kon probeer het om op die gewaande gode se "uitbarstings" te antwoord.

Vandag, met ons gevorderde kennis, weet ons ín komeet is bloot ín reusagtige "vuil sneeubal" wat om die Son wentel en ín dampende "stert" ontwikkel wanneer dit die slag naby die Son kom.

ín ReŽnboog is eenvoudig ín verskynsel waar die wit lig van die Son in sy verskillende kleurkomponente opgebreek word deur die waterdruppels in die lug.

ín Maansverduistering gebeur wanneer die Aarde voor die Son inskuif en die Aarde se skaduwee gevolglik op die Maan gegooi word.

En ín sonverduistering is doodeenvoudig die verdonkering van die Son wanneer die Maan tussen die Son en die Aarde inkom en die Maan sy skaduwee op die Aarde werp.

Die Maan verdonker nooit die hele Aarde nie. Trouens, wanneer dit gebeur, is dit op enige gegewe oomblik slegs ín betreklik klein kolletjie op ons planeet wat die verduistering ervaaróín kolletjie wat ook vinnig oor die Aardoppervlak aanskuif vanweŽ die draaiing van die Aarde. Mense wat hulle binne-in die kolletjie bevind, belewe ín sogenaamde algehele verduistering.

Sů ín verduisterde kolletjie is nooit baie groot nieótoe die verre noorde van Suid-Afrika in 2002 ín algehele sonsverduistering beleef het, was die kol ín skamele 87 km in deursnee. Hierdie skaduwee het ooswaarts beweeg teen sowat 2000 km/h en, omdat die kolletjie diť slag so klein was, het die algehele verduistering op enige plek op sy pad (van die Suidelike Atlantiese Oseaan af tot in Suid-AustraliŽ) nooit meer as twee minute en vier sekondes geduur nie.

Met elke algehele sonsverduistering is daar wel ín breŽ halfskadu-baan op die aardoppervlak aan elke kant van die kolletjie se pad. Dis daar waar die Son slegs gedeeltelik agter die Maan wegraak. Daar word dan van ín gedeeltelike verduis­tering gepraat.
 


 UITERS BELANGRIKE WAARSKUWING! 
Moet nooit met die blote oog in die Son inkyk nieónie eens ten tyde van ín sonsverduistering nie. Selfs swartgebrande stukke glas kan gevaarlik wees omdat mense dit nie altyd korrek met roet verswart nie. Vra jou apteker wat jou te doen staan met die volgende gedeeltelike verduistering van die Son (gedeeltelike verduisterings kom baie meer dikwels voor as algehele verduisterings).


 

En dan is daar ook die verblindende skouspel as die Aarde die Son vir ruimtevaarders laat verdonker...

BO: ín Verligte skyf van die blou Aarde pryk triomfantelik in die ruimteómet die Son as sy kroon op die geronde horison. Voordat die ruimte-eeu begin het, kon die mensdom nooit treffende tonele soos diť aanskou wat vandag danksy ruimtevaart moontlik is nie. Op bladsy 6 van Superbeelde van die Son is ín soortgelyke foto van ín aardsverduistering in die ruimte.

Krediet: NASA

 

  Terug

 4 van 6

Vorentoe  

ē  Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad