Superbeelde van die Son

 Terug

 6 van 6

Inhoudsblad 


Maar uiteindelik is ons magtige Son beswaarlik ín kolletjie langs ín reusagtige son soos Betelgeuse


REGS: Die Aarde direk tussen Son en die ruimtetuig Apollo 12 toe diť destyds huiswaarts gekeer het nŠ ín besoek aan die Maan. Dat die Aarde die lig van die Son sů gedeeltelik kon verduister, was egter bloot omdat ons planeet soveel nader aan die ruimtemanne was as die Son. Die Son sou in der waarheid meer as ín miljoen Aardes kon insluk.
                                         
                                  
ONDER:
Maar gedink ons Son is verskriklik groot? Dit is inderdaad so in vergelyking met die Aarde, maar dan is daar weer ander sonne (of sterre) wat die Son totaal laat ver­dwerg. Die ster Betelgeuse (Alpha Orionis in Orion) op die foto hieronder deur die wentelende ruimteteleskoop Hubble staan nie net bekend as ín rooi superreus nie, maar dit is ook een van die grootste bekende sterre. Hierdie ster nader tans die einde van sy lewe en is in diť proses besig om geweldig uit te sitósoseer dat sy buite-oppervlak partymaal anderkant die planeet Jupiter sou lÍ as hy die plek van ons eie Son sou kon inneem. Ons het gesÍ partymaal, want een eienaardigheid van Betelgeuse is dat hy al om die sowat veertien maande tot sy grootste omvang uitswel en dan weer ín bietjie inkrimp. Betelgeuse is nagenoeg 1500 ligjare van ons af. Om verder ín denkbeeld te vorm van sy haas onbevatlike enormiteit: As Betelgeuse ín bal was wat ín gebou van twintig verdiepings omhul het, dan was die Aarde so groot soos die punt aan die einde van hierdie sin.

Krediet: NASA


Betelgeuse
 


 


ONDER: Ons Son lÍ soos ín piepklein wit stippeltjie op hierdie voorstelling van Betelgeuse.

  

 

     

 Terug

 6 van 6

Inhoudsblad 

ē  Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad