Die wonderlike domein van die sterre

  Terug

2 van 7

Volgende 

Chaos neig tot orde... om 地 kleurryke bakermat gereed
te maak vir die geboorte van nuwe sterre

 

BO: 地 Storm van onstuimige gasse in die Omega-newelvlek in die konstellasie van die Boogskutter in die Melkweg. Die Omega-newelvlek is tussen 5000 en 6000 ligjare van die Aarde af en is self sowat 15 ligjare in deursnee. Daar word bereken dat daar genoeg materie in hierdie newelvlek is om 800 sterre so groot soos ons eie Son te skep. Maar hoe kan so iets gebeur, mag 地 mens wel vra. Hoe kan die chaotiese opeenhoping van bondels gasse in die ruimte tot die ontstaan lei van iets wonderliks soos 地 ster? Lees die antwoord in die onderskrif van die onderste foto痴.

Krediet: NASA, ESA and J Hester (ASU)
 

En dan volg die glorieryke ontstaan van verblindende nuwe ligte aan die hemeltrans
 

BO: 地 Infrarooi foto van die ruimte-teleskoop Spitzer onthul slierte verligte gas en verblindende nuwe sterre in die Driepunt-newelvlek. Wanneer gasse in die ruimte kol-kol verdig en steeds aanhou om al hoe digter te word, word 地 punt bereik waar kernfusie weens die geweldige swaartekrag op die spesi­fieke kol aan die gang gesit word. Die gevolg is dat die verdigte massa dan as 地 ster begin ontbrand, soos voorgestel in die illustrasie HIERBY.

 Krediet: Spitzer Space Telescope / NASA, JPL-Caltech, J. Rho (SSC-Caltech)



  Terug

2 van 7

Volgende 

   Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad