Superieure supernovas
 
Blitse en blertse van heinde en ver
 

  Terug

2 van 2

Inhoudsblad 

 
Hubble ontbloot Cas A se geheime

 

 

 


BO: ’n Hubble-foto geneem deur drie verskillende filters van die supernova-oorblyfsel Cassio­peia A, of kortweg Cas A. Die supernova het na raming 300 jaar gelede in ons eie Melkweg plaasgevind, maar Cas A is in die 1950’s die eerste keer opgespoor vanweë sy intense radio-uitstralings. Eintlik was die ontploffing van die massiewe ster natuurlik reeds in die gryse verlede—sowat 10 000 jaar gelede, om meer presies te wees—maar sy lig- of radioseine sou ons eers drie eeue gelede kon bereik het.

Hoe ook al, die wentelende ruimte-teleskoop Hubble het met Cas A vermag wat optiese tele­skope op die grond nie kon regkry nie—om ’n duidelike prentjie van die supernova-oorblyfsel te kry. Die beeld-verwringende atmosfeer van die Aarde het doodeenvoudig die grondteleskope te veel gekortwiek. Hubble het nie daardie beperking nie en kon verbysterende beelde soos die een hierbo verkry waarop verskillende chemiese elemente in die oorblyfsel in verskillende kleure aangedui word.

Krediet: Hubble Heritage Project / NASA / ESA
 


 
Borrelend van die hewige skok
 
 

  

 
BO: Die rand van ’n borrel-agtige skokgolf wat veroorsaak is deur die kolossale ontploffing van ’n ster etlike duisende jare gelede in die noordelike sterrebeeld van die Swaan.

Krediet: Hubble /  J.J. Hester (Arizona State University) / NASA / ESA
 



Kyk, kyk, dis die einde!
 

 
BO: Al wat oorgebly het van ’n ster wat in die sterrebeeld van die Tweeling ontplof het, is hierdie “oog” met ’n kyker vol komeet-agtige voorwerpe met sterte en ’n blekerige pupil wat die einde van die glorie aanskou.

Krediet: NASA, STScI
 


 
 Lank, lank gelede in ’n galaksie ver, ver weg...

 

 

 


BO: Lank, lank gelede in ’n galaksie ver, ver weg het ’n ster ontplof... hier sigbaar as die helder kol links onder in die buitewyke van die sterrestelsel NGC 4526. Die supernova, bekend as SN 1994D, is in 1994 waargeneem.

 Krediet: NASA, ESA, Hubble Key Project Team & High-Z Supernova Search Team
 


 

  Terug

2 van 2

Inhoudsblad 

 Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad