Uranus
Die mane: minder massiewe konglomerate van ys en klip

 

 Terug

2 van 2

Ons 8 planete 

 

 
Die vyf hoofmane van Uranus
 

BO: ín Fotokompilasie van vyf van die vernaamste mane van Uranus wat hul relatiewe groottes aantoon. Dit is ín samevoeging van fotoís wat dekades gelede deur die verkenningstuig Voyager 2 geneem is. Uranus het in der waarheid, sover bekend, 27 natuurlike satelliete.

Dit lyk of daar heelwat onstabiliteit heers onder die klein maantjies in die dig bevolkte deel tussen die hoofringe en Miranda. Navorsers meen dit is selfs moontlik dat diť maantjies mekaar se bane kan kruis, wat tot botsings kan lei.

Anders as die meeste mane van die planete, wat die name van figure in die antieke mitlogieŽ gekry het, dra al die Uranus-mane die name van karakters uit die werke van van die Engelse dramaturg-digter William Shakespeare en die Engelse digter Alexander Pope.

Uranus se satellietsisteem is nie so massief as diť van die ander gasplanete nie en die gesamentlike massa van die vyf hoofmane is minder as die helfte van diť van Triton, die grootste maan van die planeet Neptunus.

Krediet: Voyager 2 / NASA

 


Drie van die grootste Uranus-mane van nader bekyk:

Miranda... die lappieskombers met die onstuimige verlede
 

BO: Die gelittekende oppervlak van Miranda dui op ín veelbewoŽ geskiedenis. Daar is so ín groot verskeidenheid van canyons, terrasse en ander terreinkenmerke op hierdie bekrapte maan met sy gemiddelde deursnee van sowat 470 km, dat ín mens nie mooi weet hoe jy dit met hom het nie. Daar is selfs die teorie dat Miranda die een of ander tyd in die verlede heeltemal verpletter kon gewees het deur ín botsing met ín ander ruimtelike voorwerp en dat die maan homself toe lukraak herrangskik het deur die verskillende dele in die legkaart op ander plekke te plaas.

Krediet: NASA


Geskep deur Ariel ...    ... ín sonsverduistering op Uranus
 
                                                                                                             

LINKS BO: Ariel (1200 km in deursnee) het eweneens baie breuke en skeure.

REGS BO: ín Sonderlinge foto wat deur die wentelende ruimteteleskoop Hubble geneem is van Ariel wat oor Uranus beweeg en ewe aanmatigend sy skaduweekolletjie op die moederplaneet werp.

Krediete: links bo NASA; regs bo HST / ESA / NASA
 

 
Titania... ďkoningin van die feŽĒ

 

BO: Titania, die grootste van Uranus se mane, wat saam met die ander groot maan Oberon, genoem is na twee karakters in die Shakepeare-drama A Midsummer Night's Dream, naamlik Titania, koningin van die feŽ, en haar man Oberon. Die maan Titania (met ín gemiddelde deursnee van sowat 762 600 km) is die agtste grootste maan in ons Sonnestelsel. Daar is navorsers wat reken dat Titania eenmaal ín groot oseaan gehad het wat gevries het, Regoor die oppervlak is reuse-valleie en canyons.

Krediet: NASA