Wedloop na die Maan

Van Spoetnik 1 tot Apollo 11由uimtewandelings en hoe die reuse-stryd in die ruimte verhewig het
 

  Terug

3 van 5

Vorentoe 

  

 
Alleenloper tussen hemel en Aarde

 

 
BO: Die episode op hierdie foto is nie ten tyde van Amerika en die Sowjet-Unie se wedloop na die Maan gefotografeer nie, maar 地 aantal jare later. Tog was dit op sigself 地 belangrike mylpaal in die ruimte­geskiedenis容n illustreer dit in elk geval uitstekend wat bedoel word wanneer van 地 ruimtewandeling gepraat word. Die ruimtevaarder trek naamlik 地 ruimtepak aan waarin hy van die nodige lugdruk en suurstof voorsien word, en dan 斗oop hy in die ruimte uit langs sy ruimtetuig. Aanvanklik was die ruimtewandelaars met koorde aan hul ruimtetuie verbind, maar hierdie foto is geneem tydens die eerste ruimtewandelings wat sonder verbindingskoorde onderneem is en wel op 7 Februarie 1984. Dit toon die Amerikaner Bruce McCandless wat vry in die ruimte sweef. Robert L. Stewart het op die koordlose uitstappie by hom aangesluit. Die koordlose ruimtewandeling het byna ses uur geduur.

Krediet: NASA

DIE Sowjet-ruimteman Aleksei Leonof het op 18 Maart 1965 die eerste ruimte­wandeling onderneem, vir 地 uitstappie buitekant Wosjkod 2, maar hy was met 地 koord aan die ruimtetuig verbind.

Die Sowjet-Unie het destyds beweer dat die wandeling van 24 minute goed afgeloop het, maar dit is nou bekend dat Leonof byna gesterf het. Sy ruimtepak熔nderhewig aan 地 volle atmosferiese druk aan die binnekant揺et styf geword en het hy het dit byna onmoontlik gevind om sy bewegings te beheer.

Op 3 Junie dieselfde jaar het Edward White II van Gemini 4 die eerste Amerikaner geword wat in die ruimte gewandel het. Hy het 22 minute lank buite die ruimtetuig gebly.

Die wedloop om die oppermag in die ruimte was toe volstoom aan die gang...
  

   

 
Die eerste ruimtewandelaar...
 

 
... en sy ruimtekuns

 

 
LINKS BO: Aleksei Leonof, gebore in 1934 en vandag 地 afgetrede generaal van die destydse Sowjet-lugmag, wat in Maart 1965 die eerste mens geword het wat 地 wandeling buite sy ruimtetuig in die ruimte onderneem het. Leonof is ook 地 talentvolle kunstenaar wat al boeke van sy werk gepubliseer het. Die illustrasie REGS BO van 地 dramatiese toneel in die ruimte is een van sy skeppings. In 2006 het Leonof en 地 gewese Amerikaanse ruim­tevaarder, David Scott, saam 地 boek oor die eertydse ruimtewedloop die lig laat sien. Die titel is Two Sides of the Moon: Our Story of the Cold War Space Race.

  

地 Snuffelende pionier...
 

...en wonderfoto痴 van die Maan
 


LINKS BO:  Amerika se verkenningstuig Ranger 9, wat op 24 Maart 1965 duidelike beelde van die Maan terugggestuur het Aarde toe, waarvan baie direk vertoon is in die eerste televisie-skouspel oor ons byplaneet. Daar was verskeie kameras aan boord van die onbemande ruimtetuig, wat met opset in die Maan se Alphonsus-krater (108 km in deursnee) vasgejaag is sodat hy voor die botslanding 地 reeks foto痴 van die oppervlak kon neem.

REGS BO is een van die
altesame 5814 foto痴 wat versend is voordat Ranger 9 die regter­kantste boonste deel van die krater teen byna 10.000 km per uur getref het.
Die kleiner krater links onder langs Alphonsus is die 39 km bre Alpetragius.

Toe beplanners van die Amerikaanse ruimteprogram hierdie foto痴 bestudeer het, het hulle besef dat 地 moeilike taak vir hulle voorl om 地 landingsplek vir die eerste mense op die Maan te vind. Die Maan se oppervlak, het hulle agterkom, is so besaai met kraters dat dit nie so maklik sou wees om 地 gelykte te vind waar die eerste Apollo-maanlandingstuig sou kon neerstryk nie.

En terwyl die Amerikaners so freneties gewerk het om die terrein gereed te kry vir die eerste menslike maanlopers, kon hulle maar net gis wat die geheimsinnige Sowjet-Unie werklik in die skild gevoer het met sy eie ruimteprogram.
Byna presies 地 jaar n Ranger 9 se prestasie, op 31 Maart 1966, troef die Russe die Amerikaners deur Loena 10 te lanseer, wat op 3 April die eerste ruimtetuig word wat as 地 satelliet om die Maan wentel. Dit is in der waarheid die eerste keer dat 地 kunsmatige satelliet om enige hemelliggaam buiten die Aarde wentel.

Krediet: Greatest Images of NASA (NASA-HQ-GRIN)

 
 
Eerste ruimte-ontmoeting
 

 
BO: Die Amerikaanse ruimtetuig Gemini 7 soos dit in Desember 1965 gesien is vanuit Gemini 6. Dit was toe laasgenoemde se bemanning vir die ruimte-eeu se eerste ruimtelike ontmoeting gesorg het deur hulle by Gemini 7 aan te sluit. Om geslaagde ruimte-ontmoetings uit te voer, was noodsaaklik voordat enige poging aangewend kon word om mense op die Maan te laat land en veilig terug te bring Aarde toe. Daar sou immers 地 moedertuig moes wees wat om die Maan wentel, waarvandaan die maanlandingstuig na die Maan se oppervlak neergelaat sou moes word net om hom later weer by die moedertuig te laat aansluit.

Krediet: NASA

  


Die eerste ruimte-slagoffer... 地 Rus van Moskou
 

BO: Wyle Wladimir Komarof, sover bekend die eerste mens wat op 地 ruimtevlug gesterf het. Hy word op 23 April 1967 aan boord van die Sowjet-Unie se Sojoez 1 na die ruimte gelanseer, maar sterf die volgende dag tydens sy terugkeer Aarde toe deurdat sy ruimtetuig se valskerm faal. Komarof, wat in Moskou gebore is, was reeds een keer tevore in die ruimte, met die Wosjkod 1-sending.

 Krediet: Afbeelding op 地 Sowjet-sel van 1964. Word in die Russiese Federasie nie beskou as iets waarop kopiereg van toepassing is nie.

 
En die Amerikaners wat in die ruimtewedloop met hul lewe betaal het om 地 droom te probeer verwesenlik

 

BO: Die wedywering tussen Amerika en die Sowjet-Unie was baie ernstig, en altwee supermoondhede het groot risiko痴 aanvaar om met hul ruimteprogramme aan die voorpunt te probeer bly. Ongelukkig sou die hewige kompetisie nie net die lewe van Wladimir Komarof aan die Sowjet-kant eis nie, maar ook di van die hele bemanning van Amerika se mislukte Apollo 1-sending. Hulle is op 27 Januarie 1967 dood toe hul beheermodule tydens 地 opleidingsoefening op 地 lanseerblad vlam vat en verwoes word. Die beman­ningslede was, van links op hierdie foto, "Gus" Grissom, Ed White en Roger Chaffee. Hul dood was 地 groot terugslag vir Amerika se ruimteprogram.

Krediet: NASA
 

 

   

  Terug

3 van 5

Vorentoe 

 Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad