|
MIELIESTRONK.COM
se gewilde webwerf vir skoolprojekte bied jou hierdie bekroonde ster-produk, nie net in die letterlike nie,
maar ook in die mees klassieke sin van die woord. Vir leerders
beteken dit om te leer met volstrekte kykgenot, vir ander
gebruikers is dit ’n ewe onvergeetlike ondervinding.
Kom saam na die
ruimte. Na die statige rondomtalies van die planete en die
ontsaglike malings van die galaksies. Reis verby komete en
asteroïdes en glimmende gaswolke tot by die blikkerende
sonne van die heelal. Of vaar selfs regdeur die eindelose
speke van wielvormige sterrestelsels tot in die gitswart
putte van gravitasiekolke.
Trouens, die reis is
net so lank en breed en diep en hoog as wat ons alvermoënde
Hemelse Vader ons verbeelding sou toelaat om te dwaal. Maar nou
sien ons ook soveel meer van Sy stoflike skepping wat voorheen
vir ons verborge was. Nuwe teleskope en astronomiese ontdekkings
maak dit vandag vir ons moontlik. Dis ’n reis na die
ongelooflike.
Kom dus saam en
wees grootliks verwonderd—want dit is waarheen hierdie
CD-ROM jou uitnooi!
DIT
was inderdaad nie sonder regmatige trots dat Mieliestronk.com ’n
tyd gelede
kon aankondig dat die CD ná maande se voorbereiding en
grondige navorsing voltooi
was nie. Dit is nie net propvol foto’s
in ekstra-groot formaat nie—’n ongelooflike verskeidenheid—maar
bevat van die nuutste inligting oor ruimteverkenning.
• Die verskillende
planete,
die komete, mane, asteroïdes en meteore... die sterre,
galaksies, gravitasiekolke (swart gate), pulsars, kwasars en
donker materie... dit alles en veel meer word skouspelagtig
behandel, saam met die kleurryke geskiedenis van
ruimteverkenning.
• Daar is
die spannende ruimtewedloop destyds tussen Amerika en die
Sowjet-Unie, die epogmakende maanlandings, die
verbeeldingryke onbemande ruimtesendings na die planete en ander
liggame in die sonnestelsel, die Internasionale Ruimtestasie... noem maar op. Soos iemand gesê het: “Werklik, ’n mens
moet hierdie CD sien om dit na behore te waardeer! Dis
nogmaals ’n besondere, nee, meer nog, ’n unieke
digitale produk in Afrikaans.”
Die CD-ROM word deur ons versprei teen ’n baie bekostigbare R119-95
per eksemplaar (plus hanteringskoste).
Die CD is ook ’n ideale verjaardaggeskenk vir elke
entoesiastiese skolier of, soos ons gesê het, enigiemand anders
wat in die ruimte of enige van die wetenskappe belang stel.
Moet dit nie misloop nie.
Let asseblief op: Vanweë die
besonder GROOT foto’s op die CD-ROM word ten minste Windows XP
en ’n Pentium D aanbeveel. Dit is ook verkieslik dat die
gebruiker die hele inhoud van die CD op sy of haar rekenaar se
hardeskyf sal aflaai en dus voortaan van daar af sal werk eerder
as van die CD self. Maar dan belowe ons jou werklik ’n
belewenis.
|