|
Die super-teleskoop by Sutherland
|
||
UTHERLAND
is nie net die koudste plek in Suid-Afrika nie. Dis ook een van die
donkerste plekke op die aardbol. Hier is die sterrehemel snags so vry
van enige steurende stadsligte as wat die gloedvolle Kaap—sowat 370 km
ver—drie en ’n halwe eeu gelede laas moet gewees het. Bedags
skarrel wildsbokkies nog altyd soos in lank vergange tye oor die
velde… langs die laaste aktiewe vulkaan suid van die ewenaar wat reeds
baie millenniums gelede uitgedoof is. Werklik, die kale haaivlakte is nêrens
so ongetem en ongeskonde as juis hier nie.
Maar
dis presies vanweë sy silwerskoon lug en bloedmin kunsmatige lig dat
Sutherland vir die wêreld se sterrekundige gemeenskap so kosbaar is. En
waarom ’n hele konsortium van internasionale belanghebbendes
saamgespan het om die grootste teleskoop in die Suidelike Halfrond (foto
HIERBY) hier staan te maak. Só
’n wawyd oop hemel en sulke ware donker nagte is immers elke
sterrekyker se droom. Die groot vyand van die wêreld se optiese
sterrewagte is juis die legio elektriese ligte op alle vastelande. Op
duisende plekke verlig gloeilampe en neonligte snags reeds die aardse
naglug so intens dat die blakende sterreprag van vroeër tot ’n
patetiese geflikker gereduseer is. Maar
nie by die ongerepte Sutherland nie.
Van
1970 af is daar natuurlik reeds die beroemde kompleks van teleskope wat
die elemente op ’n winderige heuwel net ’n
entjie buitekant die dorp trotseer. Maar dit is die jongste toevoeging
tot die groep, die sogenaamde Southern African Large Telescope (SALT), met
sy geraamde koste van byna R200 miljoen, waaroor
groot opgewondheid steeds in astronomiese kringe heers. Hierdie
massiewe teleskoop is tussen 2000 en 2005 deur Suid-Afrika en sy Duitse,
Poolse, Amerikaanse, Nieu-Seelandse en Britse vennote opgerig en hier
woel sterrekundiges nou om afgeleë sterre, sterrestelsels
en hemelgloede op te spoor wat duisend miljoen keer dowwer is as wat
’n mens met die blote oog kan sien. Trouens,
daar word vertel dat SALT so kragtig is dat hy iets so dof as ’n kers
se vlammetjie op die maan sal kan waarneem. Die teleskoop versamel nie
verniet 25 keer meer lig as enige ander bestaande teleskoop op die
vasteland van Afrika nie. Daar is reeds spoedig begin om ons suidelike sterregewelf met die teleskoop te verken, en beelde wat uitgereik is, wys iets van SALT se verstommende moontlikhede.
BO:
'n Deel van ons ligtende suidelike naghemel, soos
Tog
het die regering astronomie (sterrekunde) en fisika as prioriteite geïdentifiseer,
nie slegs vir Suid-Afrika nie, maar vir die hele vasteland. Die
sterrekunde word nie net as ’n fundamentele wetenskap beskou nie, maar
ook as ’n manier om leerders aan te moedig om die wetenskappe te
bestudeer. En
nou word opwindende avonture met SALT deur die wetenskaplikes onderneem, soos
om die grootste geheime te probeer ontrafel oor die heelal en oor die
plek van die aarde tussen al die ontelbare ander sfere. Antwoorde word onder meer gesoek word vir tergende vrae soos die volgende:
Van
die SALT-teleskoop word dus kennelik verwag om ons blik op die ruimte te
help vergroot. Kenners reken lankal dat ons nog slegs tien persent kan
sien van wat werklik daarbuite bestaan.
Die
Suid-Afrikaanse sterrekundige Darragh O'Donoghue het die Hobby-Eberly se
beeldverwerking herontwerp en met ’n stelsel vorendag gekom wat ’n
beeld bied wat ’n verbysterende nagenoeg 240 persent skerper is. Boonop
kon die projekbestuurder, Kobus Meiring, wat voorheen aan die spits van
die ontwikkeling van die Rooivalk-aanvalshelikopter gestaan het, sy
ondervinding hier baie goed benut. Die span het dit byvoorbeeld reggekry
om SALT vir baie minder te bou as wat vergelykbare projekte oorsee sou
kos. Op Sutherland, die tuisdorp van twee van die grootste digters van die Afrikaanse taal, N.P. van Wyk Louw en sy broer W.E.G. Louw, is gretig uitgesien na ’n oplewing in die toerismebedryf wat deur SALT geskep sou word. Dit is te
gou om te bepaal hoeveel meer besoekers daar in die eerste dekade van
die 21ste eeu sal wees as in die laaste van die 20ste eeu,
maar die
ondernemende mense van Sutherland het nie verniet lankal sterre in hul oë
nie! |
||