Skrywers in Afrikaans 

Adam Small

  Die teks hieronder is met spesiale vergunning oorgeneem uit die webtuiste van NB Uitgewers. Die webtuiste bevat nog n ryke verskeidenheid van inligtende artikels oor die lewe en werk van ander skrywers. Besoek gerus die webtuiste van NB Uitgewers deur hier te klik

Adam SmallBiografiese inligting

ADAM SMALL is op 21 Desember 1936 op Wellington gebore. In 1953 matrikuleer hy aan die St Columba-skool van die Christian Brothers in Athlone op die Kaapse Vlakte. Daarna studeer hy aan die Universiteit van Kaapstad vir n graad in Tale en Filosofie en voltooi in 1963 n MA cum laude oor die filosofie van Nicolai Hartmann en Friedrich Nietzsche. In hierdie tyd studeer hy ook aan die Universiteite van Londen en Oxford.

In 1959 word Adam dosent in filosofie aan die Universiteit van Fort Hare, en in 1960 word hy een van die akademiese grondleggers van die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) toe hy as die eerste hoof van die Departement Filosofie aangestel word. Hy raak in die vroe sewentigs betrokke by die Swartbewussynsbeweging.

In 1973 bedank hy onder druk by die UWK. Hy woon daarna in Johannesburg, waar hy die hoof is van die Universiteit van die Witwatersrand se studentegemeenskapsdienste. In 1977 vestig hy hom weer in die Kaap en hy is tot 1983 werksaam as direkteur van die Wes-Kaaplandse Stigting vir Gemeenskapswerk. Hy keer in 1984 terug na die UWK as hoof van die Departement Maatskaplike Werk. Einde 1997 tree hy uit diens.

Adam Small het in 1957 met Verse van die liefde gedebuteer. Van sy ander bekende digbundels sluit in Kitaar my kruis (1961) en S Sjibbolet (1963). Sy bekendste toneelstuk is Kanna hy k hystoe (1965).

Het jy geweet?

       
  • In 1972 behartig Small self die regie van Kanna hy k hystoe vir Dramsoc van die UWK, later die Cape Flats Players.

Boeke steeds in druk

Versjoernaal (Wies hy en Die bulldozers, hullet gakom), Best Books (2009)
Krismis van Map Jacobs, Tafelberg (2008)

Bekronings

Eredoktorsgraad van die Universiteit van Natal (1981)
Suid-Afrikaanse Orde vir Voortreflike Diens: goud (1993)
Afrikaans Onbeperk-toekenning (1995)
Eredoktorsgraad van die Universiteit van Port Elizabeth (1996)
Patrick Petersen-gedenkprys (2000)
Eredoktorsgraad van die Universiteit van Wes-Kaapland (2001)
Fleur du Cap-teaterprys vir lewenswerk en sy bydrae tot die teater (2005)

Lys van publikasies

Posie
1957 Verse van die liefde, Culemborg
1958 Klein simbool: prosaverse, HAUM
1961 Kitaar my kruis, HAUM
1963 S Sjibbolet, Perskor
1973 Oos Wes Tuis Bes Distrik Ses (met fotos deur Chris Jansen), Human & Rousseau
1975 Black bronze beautiful: quatrains, AD Donker
1986 District Six (met fotos deur Jansje Wissema), Fontein Publishing

Essay
1961 Die eerste steen?, HAUM

Drama
1965 Kanna hy k hystoe, Tafelberg
1978 Joanie Galant-hulle, Perskor
1983 Krismis van Map Jacobs, Tafelberg

Prosa: roman
1979 Heidesee, Perskor


Klik hier vir die inhoudsblad van Skrywers in Afrikaans


Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad van die Mieliestronk-werf