Skrywers in Afrikaans 

Audrey Blignault

•  Die teks en foto hieronder is met spesiale vergunning oorgeneem uit die webtuiste van NB Uitgewers. Die webtuiste bevat nog ’n ryke verskeidenheid van inligtende artikels oor die lewe en werk van ander skrywers. Besoek gerus die webtuiste van NB Uitgewers deur hier te klik

Biografiese inligting

AUDREY BETTIE BLIGNAULT (née Swart) is op 6 Julie 1916 op Bredasdorp gebore. Sy matrikuleer in 1933 op dié dorp en gaan studeer Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy behaal ’n MA-graad in Afrikaans en Nederlands en ’n Sekondêre Onderwysdiploma. In 1940 begin sy onderwys gee op Wellington en later Stellenbosch. In 1945 word Audrey die redakteur van Die Huisvrou en later is sy redakteur van Die Naweekpos. Sy het ook sedert 1946 die SAUK se Vrouerubriek-program behartig en sedert 1950 was sy ook ’n rubriekskrywer vir Sarie. In 1955 verskyn haar eerste boek, In klein maat: uit die dagboek van ’n vrou. Audrey ontvang die Eugène Marais-prys in 1961 vir In klein maat en Die vrolike lied. In 1965 word sy met die W.A. Hofmeyr-prys bekroon vir Met ligter tred. Audrey Blignault is op 1 Oktober 2008 in Kaapstad oorlede.

Audrey Blignault: uit die dagboek van ’n vrou wat in 2009 by Tafelberg verskyn, is saamgestel deur haar dogter Marié Heese.

Het jy geweet?

  • Audrey se dogter Marié Heese is die skrywer van Die uurwerk kantel (1976), Die pikkewouters van Amper-Stamperland (1984) en The Double Crown (2009).

Boeke steeds in druk

Audrey Blignault: uit die dagboek van ’n vrou (saamgestel deur Marié Heese), Tafelberg (2009)

Bekronings

Eugène Marais-prys (1961) – In klein maat en Die vrolike lied
WA Hofmeyr-prys (1965) – Met ligter tred
Eredoktorsgraad van die Universiteit van Stellenbosch (1990)

Lys van publikasies

1955 In klein maat: uit die dagboek van ’n vrou, Nasionale Boekhandel
1957 Die vrolike lied, Nasionale Boekhandel
1962 Met ligter tred, Nasionale Boekhandel
1965 Die blye dae, Nasionale Boekhandel
1967 Die plesierboom, Nasionale Boekhandel
1968 Om die son te aanskou, Nasionale Boekhandel
1969 Die verlange loop ver, Nasionale Boekhandel
1970 Die rooi granaat, Tafelberg
1972 Die wind van die see af, Tafelberg
1977 Nogtans sal ek jubel (saamgestel deur Elize Botha)
1979 Pas op vir Jantatarat, Tafelberg
1980 Van leser tot leser, Tafelberg
1985 Die goue vreugde, Human & Rousseau
1988 ’n Oulap se rooi, Tafelberg
1992 ’n Groet vir Audrey, Tafelberg
1993 Die eindelose avontuur: venster op die wêreldletterkunde, Tafelberg
1996 Dit reën rose, Tafelberg
1996 Mal Hansie en ander verhale (saamgestel deur Hennie Aucamp en Elize Botha), Tafelberg
2008 Audrey Blignault: ’n Blywende vreugde (saamgestel deur Petrovna Metelerkamp, Lynne Fourie en Marina Brink), Hemel ’n See Boeke
2009 Audrey Blignault: uit die dagboek van ’n vrou (saamgestel deur Marié Heese), Tafelberg


Klik hier vir die inhoudsblad van Skrywers in Afrikaans


Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad van die Mieliestronk-werf