Skrywers in Afrikaans 

Chris Barnard

  Die teks en foto hieronder is met spesiale vergunning oorgeneem uit die webtuiste van NB Uitgewers. Die webtuiste bevat nog n ryke verskeidenheid van inligtende artikels oor die lewe en werk van ander skrywers. Besoek gerus die webtuiste van NB Uitgewers deur hier te klik

Chris BarnardBiografiese inligting

CHRISTIAAN Johan (Chris) Barnard is op 15 Julie 1939 op Mataffin in die distrik Nelspruit gebore. Hy matrikuleer in 1957 aan die Horskool Nelspruit.

Hy studeer aan die Universiteit van Pretoria waar hy sy BA-graad met Afrikaans-Nederlands en Kunsgeskiedenis as hoofvakke verwerf. Hy debuteer in 1961 op 22-jarige ouderdom met die novelle Bekende Onrus, waarvoor hy die CNA-prys ontvang. In 1967 begin Chris as joernalis by Die Huisgenoot werk, en sy rubriek Chriskras word later in drie bundels gepubliseer. In 1971 verskyn sy tweede roman, Mahala, wat steeds as n klassieke Afrikaanse boeke beskou word.

Hy lewer, as een van die belangrikste Sestigers, n groot bydrae tot die Afrikaanse letterkunde onder meer weens sy veelsydigheid: romans, novelles, rubrieke, jeugverhale, kortverhale, verhoogdramas, hoorspele, essays, filmdraaiboeke, radio- en televisiedramas het uit sy pen verskyn. Hy het verskeie pryse ontvang en is twee keer met die gesogte Hertzog-prys bekroon.

Deesdae boer hy op sy plaas, Thulani, in Mpumalanga met lemoene en makadamianeute.

Het jy geweet?

  • Mahala het ontstaan uit die kortverhaal Bos" wat in Duiwel-in-die-bos opgeneem is.
  • Met die stigting van die Afrikaanse Skrywersgilde in 1975 is Chris een van die stigterslede en in 1987 word hy tot voorsitter van die Gilde verkies.
  • Hy trou in 1978 met rolprentmaker Katinka Heyns en hulle is veral bekend vir hulle samewerking aan Die storie van Klara Viljee en Paljas.
  • In 2006 ontvang Chris as skrywer (en Andr Scholtz as regisseur) n ATKVeertjie vir die beste televisieprogram vir episode 13 van Amalia. Dit is ook juis vir Amalia II dat Chris lirieke geskryf het, en aktrise Illse Roos het dit later opgeneem in die CD Die Blou Kafee.

Boeke steeds in druk

Mahala, Tafelberg (2006, heruitgawe deel van die Klassieke reeks)
Boendoe, Tafelberg (1999)
Paljas en Die storie van Klara Viljee, Tafelberg (1998)
Voetpad na Vergelegen, Tafelberg (1987)

Bekronings

CNA-prys (1961) Bekende Onrus
APB-prys vir jeuglektuur (1962) Boela van die blouwater
CNA-prys (1968) Duiwel-in-die-bos
SAUK/BRT-prys vir Hoorspele (1970) Die rebellie van Lafras Verwey
Hertzogprys vir Prosa (1973) Mahala en Duiwel-in-die-bos
SAUK Akademieprys vir Hoorspele (1973) Die rebellie van Lafras Verwey
WA Hofmeyr-prys (1974) Mahala
Idemprys vir Radiohoorspele (1980) Die rebellie van Lafras Verwey
Idemprys vir Televisiedrama (1984) Donkerhoek
FAK-Helpmekaarprys vir ontspanningslektuur (1986) So onder deur die maan: Chriskras 3
Idemprys vir Radiohoorspele (1987) Uitnodiging tot die dans
Scheepersprys vir jeuglektuur (1987-89) Voetpad na Vergelegen
Hertzogprys vir drama (1991) Vir sy hele drama-oeuvre
WA Hofmeyr-prys (1992) Moerland
Rapport-prys (1993) Moerland
CNA-prys (1993) Moerland
SA Akademie se Erepenning vir Afrikaanse Hoorspele (2008) Blindemol

Lys van publikasies

Prosa
1961 Bekende Onrus (novelle)
1961 Die houtbeeld (novelle)
1962 Boela van die blouwater (jeugroman)
1963 Man in die middel (roman)
1964 Dwaal (novelle)
1965 Die swanesang van majoor Sommer (novelle)
1968 Duiwel-in-die-bos (kortkuns)
1971 Mahala (roman)
1972 Chriskras (kortkuns)
1974 Danda (jeugroman)
1976 Chriskras: n tweede keur (kortkuns)
1977 Danda op Oudeur (jeugroman)
1985 So onder deur die maan: Chriskras 3 (kortkuns)
1987 Voetpad na Vergelegen (jeugroman)
1988 Klopdisselboom die beste van Chriskras (kortkuns)
1992 Moerland (roman)
1999 Boendoe (roman)
2008 Oulap se blou (kortkuns)

Dramas en hoorspele
1964 Pa, maak vir my n vlier, pa
1970 n Stasie in die niet
1971 Die rebellie van Lafras Verwey
1975 Iemand om voor nag te s
1975 Op die pad na Acapulco
1977 n Man met vakansie
1977 Taraboemdery

TV- en filmdraaiboeke
1982 Piet-my-vrou & Nagspel
1998 Paljas & Die storie van Klara Viljee

Samesteller en redakteur
1975 Die Transvaalse Laeveld: kamee van n kontrei
1984 Bartho by geleentheid van sy sestigste verjaardag

Vertalings

Boela van die Blouwater Nederlands vertaal deur Dieuwke Behrens
Pa, maak vir my n vlier, pa In Engels vertaal deur die skrywer
Die rebellie van Lafras Verwey is in Nederlands, Frans, Engels, Italiaans en Tsjeggies vertaal.
Mahala In Duits vertaal deur G. van Schreven, 1984

Uittreksels uit resensies

Met die bestudering van die Barnard draaiboeke is dit opvallend dat albei rondom visuele metafore gekonstrueer is. In Die storie van Klara Viljee het die pynlike fisieke verwydering van n seeduin die metafoor geword vir die bevryding van die vrou in n patriargale Afrikanergemeenskap, in visuele posie wat aan Fellini herinner.
Martin Botha, Die Burger (1998)

Met sulke draaiboeke kan die Afrikaanse filmbedryf n broodnodige leemte vul en met vrymoedigheid s: Ons is besig om ryk te word.
Anthea van Jaarsveld, Volksblad (1998)

Barnard is onteenseglik een van die belangrikste prosaste in Afrikaans. Dis meer as heerlik om met Boendoe weer onder sy beswering te kom. L.S. Venter, Beeld (1999)

Boendoe is n boeiende en leesbare verhaal. Salomi Louw, Volksblad (2000)

In sy eie woorde

Ek is na die beste van my wete op Mataffin in die distrik Nelspruit gebore op 15 Julie 1939. Ek weet dis lank gelede maar dit bly nog altyd vir my ter sake. My pa was n sitrusboer en my ma n gefrustreerde huisvrou en toegewyde tuinier. Ek het dus die behoefte om goeters te plant en te sien groei by albei my ouers gekry.

Omdat n mens op agtien alwetend is het ek besluit ek wil n groot skrywer word. Dit was n geweldige flater en die begin van n eindelose avontuur. Al my aanlegtoetse op skool en universiteit het vertel ek is nie taalkundig aangel nie, toe gaan neem ek Afrikaans, Engels en Frans plus n paar ander vakke by die Universiteit van Pretoria. Teen my derdejaar het ek reeds heelwat vakke gesleep waaronder al my taalvakke behalwe Afrikaans. Maar ek is in my dwaling gesterk deur die feit dat ek toe reeds redakteur was van die joolblad, die literre jaarblad, die eerstejaarsgidsblad, die hierdie blad en die daardie blad. Toe besluit ek na my B.A. ek word joernalis. Dit was my tweede flater en die begin van twintig jaar se kosbare ondervinding.

Ondervinding van hoe die lewe lyk en hoe n mens nie moet skryf nie. Ek het gewerk by sedertdien afgestorwe koerante en tydskrifte soos Die Vaderland, Dagbreek & Sondagnuus, Die Brandwag en die glo nog bestaande Huisgenoot. Ek was n tyd lank ook uitgewer. Sedert 1978 is ek in die filmbedryf. Miskien sou die verledetyd meer gepas wees, want iemand mag dalk vra welke filmbedryf. Ek is in 1962 getroud toe ander ouens van my jare elke naweek by n ander dam gaan visvang het. Die huwelik het drie seuns voortgebring waarop ek baie trots is Johan, Stephan en Tian. In 1978 is ek weer getroud toe ander ouens van my jare naweke met hulle wedvlugduiwe gespeel het.

My huwelik met Katinka Heyns het een seun voortgebring waarop ek net so trots is Simon. En dit het n nuwe loopbaan meegebring: as draaiboekskrywer en filmvervaardiger. Dit is vir enige draaiboekskrywer op aarde n merkwaardige voorreg om elke aand saam met sy regisseur te kan bad. Ons woon langs die Hartbeespoortdam en ek boer sedert 1994 deeltyds met lemoene en makadamianeute op Thulani, n plaas wat ek vir n appel en n ei bekom het sewe kilometer van my geboorteplek af. Om te plant en te sien groei bly nog steeds vir my die eerste prys.


Klik hier vir die inhoudsblad van Skrywers in Afrikaans


Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad van die Mieliestronk-werf