Skrywers in Afrikaans 

D.J. Opperman

ē  Die teks en foto hieronder is met spesiale vergunning oorgeneem uit die webtuiste van NB Uitgewers. Die webtuiste bevat nog ín ryke verskeidenheid van inligtende artikels oor die lewe en werk van ander skrywers. Besoek gerus die webtuiste van NB Uitgewers deur hier te klik

D.J. OppermanBiografiese inligting

DIEDERIK JOHANNES (D.J.) OPPERMAN is op 29 September 1914 op ín plaas naby Dundee in KwaZulu-Natal gebore. Hy gaan skool op Estcourt en Vryheid. Hy verwerf in 1935 ín MA-graad aan die Universiteit van Natal in Pietermaritzburg en sy doktorsgraad in 1953 aan die Universiteit van Kaapstad. Hy hou skool in Pietermaritzburg en Johannesburg, is van 1946 tot 1948 ín joernalis by Die Huisgenoot in Kaapstad, en gee 10 jaar lank klas aan die Universiteit van Kaapstad. D.J. Opperman is van 1960 tot 1979 ín professor in Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. In diť tyd is hy in beheer van die beroemde Letterkundige Laboratorium. D.J. Opperman het in 1981 ín beroerte gehad en sterf op 22 September 1985 op Stellenbosch.

D.J. Opperman, een van die bekendste Afrikaanse digters, se debuut-digbundel, Heilige beeste, verskyn in 1945 en word in 1947 met die Hertzogprys vir poŽsie bekroon. Hy ontvang daarna nog drie keer die Hertzogprys: Periandros van Korinthe (vir drama, 1956), VoŽlvry (vir drama, 1969) en Komas uit ín bamboesstok (vir poŽsie, 1980). Hy ontvang ook die CNA-prys, WA Hofmeyr-prys en Louis Luyt-prys vir Komas uit ín bamboesstok. Opperman was eweneens bekend as samesteller van bloemlesings en die bekendste voorbeelde hiervan is Groot Verseboek (die eerste een het in 1956 verskyn) en Kleuterverseboek. In 2000 verskyn die bundel Sonklong oor Afrika waaraan hy ten tyde van sy dood gewerk het.

Het jy geweet?

  • In 1976 verkeer hy sewe maande lank as gevolg van lewersirrose in ín komatose toestand, waaruit hy merkwaardig genoeg herstel. Die outobiografiese bundel Komas uit ín bamboesstok (1979) handel oor diť tydperk.
  • Die Letterkundige Laboratorium was ín soort werkwinkel in die Afrikaanse poŽsie vir ontluikende digters en skrywers. ín Paar bekende digter, skrywers en letterkundiges wat dit bygewoon het, is Lina Spies, Daniel Hugo, Erika Murray-Theron, Joan Hambidge, Fanie Olivier, Marlene van Niekerk, Etienne Britz en Louise Viljoen.
  • Sy dogter, Trienke Laurie, is ook ín digter en sy het in 1997 die Ingrid Jonker-prys vir haar debuutbundel, Skietspoel, ontvang.
  • Hy het drie versdramas geskryf: Periandros van Korinthe (1955), Vergelegen (1956) en VoŽlvry (1968).
  • Hy was baie betrokke by die tydskrif Standpunte en was ook ín belangrike manuskripkeurder vir Nasionale Pers, Human & Rousseau en Tafelberg.

Boeke steeds in druk

Kleuterverseboek, Tafelberg (2010)
Periandros van Korinthe, Tafelberg (2001)
Joernaal van Jorik, Tafelberg (2001)
Sonklong oor Afrika, Tafelberg (2000)

Bekronings

Hertzogprys vir poŽsie (1947) Ė Heilige beeste
WA Hofmeyr-prys (1954) Ė Periandros van Korinthe
WA Hofmeyr-prys (1956) Ė Blom en baaierd
Hertzogprys vir drama (1956) Ė Periandros van Korinthe
CNA-prys (1964) Ė Dolosse
WA Hofmeyr-prys (1966) Ė Dolosse
Eredoktorsgraad van Universiteit van Natal (1968)
Hertzogprys vir drama (1969) Ė VoŽlvry
Eredoktorsgraad van Universiteit van Stellenbosch (1976)
Hertzogprys vir poŽsie (1980) Ė Komas uit ín bamboesstok
CNA-prys (1980) Ė Komas uit ín bamboesstok
WA Hofmeyr-prys (1980) Ė Komas uit ín bamboesstok
Louis Luyt-prys (1980) Ė Komas uit ín bamboesstok
Eredoktorsgraad van Universiteit van Kaapstad (1980)
Eredoktorsgraad van Universiteit van Pretoria (1982)
Gustav Preller-prys vir LiterÍre kritiek (1985)

Lys van publikasies

PoŽsie
1945 Heilige beeste, Nasionale Pers
1947 Negester oor Ninevť, Nasionale Pers
1949 Joernaal van Jorik, Nasionale Pers
1950 Engel uit die klip, Nasionale Boekhandel
1956 Blom en baaierd, Nasionale Boekhandel
1963 Dolosse, Nasionale Boekhandel
1964 Kuns-mis, Human & Rousseau
1970 Edms. Bpk, Human & Rousseau
1979 Komas uit ín bamboesstok, Human & Rousseau
1987 Versamelde poŽsie, Tafelberg
2000 Sonklong oor Afrika, Tafelberg

Samesteller en bloemlesings
1946 Stiebeuel; ín bloemlesing (met F.J. le Roux), Nasionale Pers
1951 Junior verseboek, Nasionale Boekhandel.
1955 Senior verseboek, Nasionale Boekhandel
1956 Groot Verseboek, Tafelberg
1958 Verseboek vir standerd VI (met J.A. Heyl), Nasionale Boekhandel
1959 Klankies vir kleintjies (met H.J. van Zyl), Nasionale Boekhandel
1959 Klein verseboek, Nasionale Boekhandel
1959 Wiggelstok, Nasionale Boekhandel.
1960 Afrikaanse digkuns (met H.J. van Zyl), Via Afrika.
1961 My tweede verseboek: Standerd II (met C.B. Linder), Nasionale Boekhandel
1961 My derde verseboek: Standerd III (met C.B. Linder), Nasionale Boekhandel
1961 My vierde verseboek: Standerd IV (met C.B. Linder), Nasionale Boekhandel
1964 My eerste verseboek: Standerd I (met C.B. Linder), Nasionale Boekhandel
1965 Stiebeuel 2; ín bloemlesing (met F.J. le Roux), Nasionale Boekhandel
1966 Dubbelloop. Afrikaanse en Nederlandse gedigte (met C.J.M. Nienaber), Nasionale Boekhandel
1966 Kleuterverseboek, Nasionale Boekhandel
1968 Die gees van die wingerd / Spirit of the vine: Republic of South Africa, Human & Rousseau
1984 My Afrikaanse verseboek: ín ruim keuse vir meertalige leerlinge (met M.A. Basson en E. Stumpf),Tafelberg
1985 Skakering (met G.H.J. Coetzee), Tafelberg.

Drama
1955 Periandros van Korinthe, Nasionale Boekhandel.
1956 Vergelegen, Nasionale Boekhandel
1968 VoŽlvry, Human & Rousseau

Uittreksel uit resensie

ďDie Kleuterverseboek bevat kosbare, oorgelewerde erfgoed, vertaalde, verwerkte leengoed en talle sprankelende nuutskeppinge uit die heel beste van ons Ďgemeenskapskunsí. Dit is ín onmisbare toevoeging tot die betreklik klein skat van Afrikaanse klassieke kinderlektuur. Elke gesin en elke kind is armer daarsonder.Ē
Ė Marina le Roux, Die Burger (2000)


ē Klik hier vir die inhoudsblad van Skrywers in Afrikaans


ē Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad van die Mieliestronk-werf