Skrywers in Afrikaans 

Hennie Aucamp

•  Die teks en foto hieronder is met spesiale vergunning oorgeneem uit die webtuiste van NB Uitgewers. Die webtuiste bevat nog ’n ryke verskeidenheid van inligtende artikels oor die lewe en werk van ander skrywers. Besoek gerus die webtuiste van NB Uitgewers deur hier te klik

Hennie AucampBiografiese inligting

HENDRIK CHRISTOFFEL LOURENS (HENNIE) AUCAMP is ’n Suid-Afrikaanse skrywer, en het bekendheid verwerf as akademikus, dramaturg, kabaret- en kortverhaalskrywer, en digter. Hy is op 20 Januarie 1934 in Dordrecht in die Oos-Kaap gebore en het  op die plaas Rust-mijn-ziel in die distrik Jamestown grootgeword. Hy het aan die universiteite van Stellenbosch, Leuven (België) en Colombia (New York) studeer. Hy het die kwalifikasies BA, SOD, MA en DEd behaal. Hy was dertig jaar lank verbonde aan die Fakulteit van Opvoedkunde aan die Universiteit van Stellenbosch, tot met sy uittrede in 1994.

Aucamp debuteer in 1963 met prosa, Een somermiddag landelike sketse en vertellings. Toekennings op skryfgebied sluit onder andere die volgende pryse in: Tafelberg-prys (1970); WA Hofmeyr-prys (saam met Chris Barnard, 1974); ATKV-toneelprys(1980); Hertzogprys (1982); Fleur du Cap-prys vir die beste inheemse toneelteks van die jaar (1987); Recht Malan-prys (1997). Aucamp is ook al die vader van literêre kabaret in Suid-Afrika genoem.

Het jy geweet?  

  • Die skrywer Margaret Bakkes is ’n kleinniggie van Hennie Aucamp. Hulle het albei in die Stormberge grootgeword.
  • Amanda Strydom se kabaret ’n Vuur gevang in glas, is soos sy dit stel haar “dankoffer aan Hennie Aucamp” en sy noem hom gereeld haar mentor. En op sy beurt beskou hy Amanda as sy muse. Hy het haar in ’n programnota van Januarie 1997 as “die droom van elke kabaretskrywer'' beskryf: “’n klassiek geskoolde aktrise, wat ook 'n uitmuntende sangeres is.”

Bekronings

Tafelberg-wedstrydprys (1970) – ’n Bruidsbed vir tant Nonnie
W.A. Hofmeyr-prys (1975) – Hongerblom en Wolwedans
ATKV-toneelprys (1980) – Papawerwyn
Hertzogprys vir prosa (1982) – Vir al sy prosawerk
Fleur du Cap-toneelprys vir die beste inheemse toneelteks van die Jaar
(1987) – Blomtyd is Bloeityd
Recht Malan-prys vir nie-fiksie (1997) – Gekaapte tyd
Fleur du Cap lewensprestasie-toekenning (2004) – Vir sy bydrae tot die groei en ontwikkeling van Suid-Afrikaanse teater
Afrikaans Onbeperk-toekenning van die KKNK (2004)
ATKVeertjie-toekenning (2004) – Vir sy groot bydrae tot die literatuurskat
Gustav Preller-prys (2006) – Vir literatuurwetenskap en letterkundige kritiek
South African Literary Award: Lifetime Literary Achievement Award (2010)

Lys titels, datum, naam

Al Hennie Aucamp se boeke is wel Druk Op Aanvraag beskikbaar

Prosa

1963 Een somermiddag
1965 Die hartseerwals (verhale en sketse)
1967 Spitsuur
1968 Karnaatjie (reissketse en essays)
1970 'n Bruidsbed vir tant Nonnie (kortkuns)
1972 Hongerblom (vyf elegieë)
1973 ’n Baksel in die more (met Margaret Bakkes)
1973 Wolwedans
1976 Dooierus
1978 Enkelvlug
1981 Volmink
1986 Wat bly oor van soene?
1989 Kommerkrale (gelykenisse)
1992 Dalk gaan niks verlore nie
1994 Pluk die dag
1995 Gewis is alles net 'n grap
1996 Rampe in die ruigte (fabels)
1996 Gekaapte tyd (dagboek)
1997 Allersiele (dagboek)
1998 Beeltenis verbode
2000 Ook skaduwees laat spore
2001 Bly te kenne (’n bondel portrette)
2001 In lande ver vandaan
2003 In die vroegte – Herinneringe en refleksies
2004 Skuinslig (dagboek)
2005 Dryfhout 

Gedigte

1977 Die lewe is 'n grenshotel (ryme vir pop en kabaret)
1984 Die blou uur (kwatryne)
1987 Teen latenstyd
1999 Koerier (69 opdrag- en ander kwatryne)
1999 Lyflied – 'n keur uit Aucamp se liedtekste (saamgestel deur Daniël Hugo)
2002 Hittegolf: wulpse sonnette met 'n nawoord  

Literêre teorie

1978 Kort voor lank (opstelle oor kortprosa)
1984 Woorde wat wond (teoretiese werk)
1986 Die blote storie
1991 ’n Boekreis ver (gedenkboek om Tafelberg-Uitgewers se 40ste bestaansjaar te herdenk)
1992 Windperd: opstelle oor kreatiewe skryfwerk
1987 Dagblad (geselekteerde boekresensies)
1994 Die blote storie II 

Kabaret en drama

1980 Papawerwyn en ander verbeeldings vir die verhoog
1980 Met permissie gesê (kabaret)
1986 Slegs vir almal
1987 By Felix en Madame (toneel)
1988 Sjampanje vir ontbyt (toneel)
1989 Punt in die wind
1990 Brommer in die boord
1994 Dubbeldop: kabarettekste en essays
1996 Van hoogheid tot traagheid; of, Die sewe doodsondes 

Bloemlesings

1971 Op die Stormberge
1973 Bolder
1978 Blommetjie gedenk aan my
1982 Vir vier stemme (bibliofiele uitgawe)
1990 Wisselstroom
1995 Sewe sondes, nee meer
1997 Hoorspelkeur
1997 Wys my waar is Timboektoe
1998 Borde borde boordevol (bloemlesing)  

Bloemlesings van sy werk

 1979/90 In een kraal (saamgestel deur Elize Botha)
1987 Brandglas (saamgestel deur Charles Fryer)  

Titels vertaal

1963 Ou Ramon deur Jack Schaefer
1983 House visits: a collection of short stories (saamgestel en vertaal deur Ian Ferguson)

Uittreksels uit resensies

Dryfhout is ’n goed-gemaakte en dig-gepakte bundel wat die leser veel bied om op te teer lank ná die eerste lees verby is.”
– Louise Viljoen, Die Burger (2006)

“Sy jongste publikasie, Bly te kenne, met die subtitel, 'n bundel portrette, dui aan dat ons hier met 'n besondere vorm van herinnering te doen het. In sy woord vooraf sê Aucamp hy wil die portrette teken van 'n aantal van sy mentors wat sy skrywerskap en sy lewe in 'n bepaalde rigting gestuur het.”
– Lina Spies, Die Burger (2002)

 


Klik hier vir die inhoudsblad van Skrywers in Afrikaans


Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad van die Mieliestronk-werf