Skrywers in Afrikaans 

N.P. van Wyk Louw

ē  Die teks en foto hieronder is met spesiale vergunning oorgeneem uit die webtuiste van NB Uitgewers. Die webtuiste bevat nog ín ryke verskeidenheid van inligtende artikels oor die lewe en werk van ander skrywers. Besoek gerus die webtuiste van NB Uitgewers deur hier te klik

N.P. van Wyk LouwBiografiese inligting

NICOLAAS PETRUS (N.P.) VAN WYK LOUW is op 11 Junie 1906 op Sutherland gebore. Hy voltooi sy skoolloopbaan in Kaapstad. Hy studeer Duits en Filosofie aan die Universiteit van Kaapstad en word in 1929 daar dosent in die Opvoedkunde. In 1948 word hy aangestel as hoogleraar in die Suid-Afrikaanse letterkunde, geskiedenis en kultuur aan die Universiteit van Amsterdam, ín posisie wat hy tot en met 1958 beklee. Van 1960 tot met sy dood in 1970 is Van Wyk Louw hoof van die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van die Witwatersrand.

Hy debuteer in 1937 met die digbundel Alleenspraak, waarvoor hy die Hertzogprys vir poŽsie ontvang. Hy het daarna nog vier keer die Hertzogprys ontvang, die laaste keer was in 1965 vir sy bundel, Tristia.

Van Wyk Louw se bekendste gedigte sluit in ďGrenseĒ, ďDie beiteltjieĒ en die epiese gedig, Raka, en van sy bekendste dramas is Germanicus en Die pluimsaad waai ver.

N.P. van Wyk Louw is op 18 Junie 1970 op 64-jarige ouderdom in Johannesburg oorlede. Hy word as die belangrikste digter van die Dertigers beskou en is beslis een van die grootstes wat Suid-Afrika nog opgelewer het.

Het jy geweet?  

  • Hy was die ouer broer van die digter W.E.G. Louw, wat in 1934 die Hertzogprys vir poŽsie vir sy digbundel, Die ryke dwaas, ontvang het.
  • In 1937 het N.P. van Wyk Louw (op ín jeugdige 31 jaar) geweier om die Hertzogprys vir Alleenspraak met I.D. du Plessis (vir Vreemde Liefde en Ballades) te deel. Volgens ín artikel in Die Burger was Louw en sy broer W.E.G. Louw vernuwers en die voorlopers van die Dertigers. Vir Van Wyk Louw was dit dus ín klap in die gesig om die prys met een van die ďouerĒ digters te moes deel. Van Wyk Louw het die Hertzogprys daarna wel nog vier keer ontvang.

Boeke steeds in druk

Versamelde gedigte, Tafelberg/Human & Rousseau (2002)

Bekronings

Hertzogprys vir poŽsie (1937) Ė Alleenspraak
Hertzogprys vir poŽsie (1940) Ė Die halwe kring
Hertzogprys vir kritiese prosa en essay (1958) Ė Die mens agter die boek, Maskers van die erns, Lojale verset en Berigte te velde
Hertzogprys vir drama (1960) Ė Germanicus
SAUK-prys vir ín hoorspel (1961) Ė Dagboek van ín soldaat
CNA-prys (1962) Ė Tristia
Hertzogprys vir poŽsie (1965) Ė Tristia
Eredoktorsgraad van Rhodes Universiteit (1966)
Eredoktorsgraad van die Universiteit van Stellenbosch (1966)
Eredoktorsgraad van die Universiteit van Kaapstad (1966)

Lys van publikasies

PoŽsie en prosa
1935 Alleenspraak, Nasionale Pers
1937 Die halwe kring, Nasionale Pers
1941 Raka
1942 Gestaltes en diere, Nasionale Pers
1954 Nuwe verse, Nasionale Boekhandel
1958 Liberale Nasionalisme: Gedagtes oor die Nasionalisme, Liberalisme en tradisie vir Suid-Afrikaners met ín kulturele nadrup, Tafelberg
1961 Vernuwing in die prosa: grepe uit ons Afrikaanse ervaring, Academica
1962 Tristia en ander verse, voorspele en vlugte, Human & Rousseau
1970 Rondom eie werk, Tafelberg
1972 Opstelle oor ons ouer digters, Human & Rousseau
1981 Versamelde gedigte, Tafelberg / Human & Rousseau
1982 Drie hoorspele, Human & Rousseau
1982 Skietlood, Human & Rousseau
1986 Versamelde prosa I, Tafelberg
1986 Versamelde prosa II, Human & Rousseau

Essays
1939 Berigte te velde: opstelle oor die idee van ín Afrikaanse nasionale letterkunde, Tafelberg
1939 Lojale verset: kritiese gedagtes oor ons Afrikaanse kultuurstrewe en ons literÍre beweging, Tafelberg

LiterÍre teorie
1956 Die mens agter die boek, Nasionale Boekhandel
1958 ín WÍreld deur glas, Nasionale Boekhandel
1961 Vernuwing in die prosa

Drama
1938 Die dieper reg: ín spel van die oordeel oor ín volk, Tafelberg
1952 Dias: ín hoorspel, Nasionale Boekhandel
1956 Germanicus, Tafelberg
1963 Koning-Eenoog of Nie vir geleerdes (prosadrama)
1961 Dagboek van 'n soldaat: ín hoorspel
1962 Die held, Perskor
1962 Lewenslyn: ín hoorspel, Simondium Uitgewers
1964 Kruger breek die pad oop en ander hoorspele
1965 Asterion (radiofoniese opera)
1968 Berei in die woestyn: ín sinne- en wa-spel, Tafelberg
1972 Die pluimsaad waai ver of bitter begin, Human & Rousseau
1974 Blomme vir die winter: ín hoorspel, Human & Rousseau
1979 Die held, Perskor

Oor NP van Wyk Louw
1988 Gedagtes vir ons tyd: uit die prosa van N.P. van Wyk Louw (saamgestel deur P.A. Joubert), Tafelberg
1989 Verborge vuur: 'n keur uit die korter poŽsie van N.P. van Wyk Louw (saamgestel deur P Louw), Tafelberg
1994 Die mooiste van Van Wyk Louw (saamgestel deur P. Louw), Human & Rousseau.

Uittreksel uit resensie

ďDie Versamelde gedigte van N.P. van Wyk Louw bevat poŽsie wat vergelyk kan word met die beste van hierdie eeu. Die onbetwisbare grootsheid van Louw se poŽsie onderskraag my geloof dat Afrikaans in die volgende eeu nie uitgewis sal word nie.Ē
Ė Audrey Blignault, Die Burger (1999)


ē Klik hier vir die inhoudsblad van Skrywers in Afrikaans


ē Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad van die Mieliestronk-werf