|
IE
trop herte proes in die mis van
die oggend voordat hulle oor die koue vlaktes heen na
warmer streke koers kry. ’n Relmuis krul hom knus op in
sy nes om ’n ongehoorde sewe maande lange uiltjie te
knip.
’n Robwyfie grawe ’n hol
in die sneeu waar sy die winter met haar kleintjie gaan deurbring.
Al hierdie diere is met dieselfde ding besig: ’n “oorlog” teen die
koue.
In die poolgebiede, noord
sowel as suid, en aangrensende streke met hul lang en koue
winters—wanneer die sneeu meters diep Ię en die kwik tot onder -40ş
C kan tuimel—sou ’n mens kwalik verwag om nog iets aan te tref wat
lewe. En tog is daar baie dieregemeenskappe in hierdie bevrore dele
van die aarde.
Hulle is in hul diere-handel en -wandel
uitstekend toegerus om die koue te kan koudsit en die węreld vir
hulself behoorlik warm te maak!

BO: Ondanks sy digte
pels het hierdie bisonbul geen erg aan die winter nie. Wanneer
dit koud raak, sal hy en sy trop dus na warmer streke begin trek.
Gewysigde weergawe van ’n oorspronklike foto deur
“Mongo”, wat dit by
Wikimedia Commons op die węreldwye web tot openbare besit
verklaar het (“released into the public domain”)
Uittog na die warm plekke
EEN manier om die winter
se koue en doodsheid te ontvlug, is om na warmer weivelde pad te
gee. Die eerste ryp het nog skaars begin knyp, of trekdiere soos
herte, bisons (wilde Amerikaanse buffels) en baie soorte voëls begin
uitwyk.
Daar is baie plekke op aarde waar die magma so na aan die oppervlak
Ię dat die onderaardse water verhit word en as stoom of warm bronne
uit die grond bars. Hier is selde enige sneeu, en plantkos is volop.
Jaar ná jaar is hierdie sogenaamde “hittekolle” dan ook die gewilde
winterverblyf van duisende elke (Europese of Amerikaanse elande),
vlieë, spinnekoppe en ander kreature.

BO:
Gaa-aa-aap! Nou vir ’n lekker slapie op die ys. En
hierdie rob van Antarktika het rede om rustig te
wees, wat anders as die robbe van die
Noordpool-omgewing het hy geen belangrike landvyande
soos ysbere om te vrees nie. Maar hoewel ons foto ’n
goeie illustrasie van slaap is, is robbe weliswaar
geen winterslapers (hiberneerders) soos die diere
wat in die afdeling hieronder beskryf word nie. En
terloops, dit wat ons robbe noem, is eintlik
die sogenaamde vinvoetiges, ’n uitlopende en
wydverspreide groep van deels waterlewende soogdiere.
Foto: Josh Landis / US
National Science Foundation
|
Wat is die slaap ’n
warm-soete ding
SEKERE kleiner soogdiere
wat nie op trek kan gaan nie, sluit letterlik hul oë vir die winter
deur dit om te slaap. Hulle lewe in
dié tyd van die opgegaarde vet
onder hul velle.
Maar net twee uit elke drie van dié marathon-slaapkouse ontwaak op
die ou end uit hul winterslaap. Sommige word daar reg in slaaphole
deur roofdiere opgevreet, terwyl ander van die honger of siektes
vrek.
Relmuise (Eng.: dormice) word as die węreld se superslapers beskou.
Hierdie knaagdiere van die Noordelike Halfrond slaap van die einde
van September af regdeur tot die begin van Mei.
|

BO:
Wolf, wolf, lę styf—baie sneeu om die lyf! Ou Wagter
se wilde neef is hier blykbaar vertroud met die isolerende
eienskappe van sneeu en met die feit dat dit daaronder warmer
kan wees as daarbo.
Foto: U.S. Department of Agriculture
(foto gewysig)
Benutting van die sneeu
PARTY diere maak gebruik
van die isolerende eienskappe van sneeu. Die temperatuur onder die
sneeu is altyd baie hoër as die snerpende lugtemperatuur, en rob- en
beerwyfies verwyl die koue maande met hul welpies in igloe-agtige
lęplekke onder die sneeu. Die rooi vos gebruik weer die sneeu as
vrieskas om sy vleis te bewaar.
Lemmings en wesels grawe deur die sneeu en maak hul neste van gras
sowat ’n meter onder die grondoppervlak. Met hul liggame word die
lugtemperatuur in die neste tot sowat 10ş C verwarm, hoewel die
kwik buitekant onderkant die vriespunt kan wees.
Gesinsreëling
IN die koue węrelddele
is die diere se parings- en draagtyd sodanig dat die
kleintjies
aankom wanneer die toestande vir hul oorlewing die geskikste is.
Soogdiere is hier langer dragtig as verwante spesies in die warmer
streke, anders sou die kleintjies in die koudste tyd van die jaar
gebore gewees het.
By die robbe en wesels is daar selfs sogenaamde vertraagde
dragtigheid: die bevrugte eiers van die ma heg hulle nie aan die
baarmoeder vas voordat die weerstoestande gunstig is nie.
Hoewel ysbeertjies in die middel van die winter gebore word, bring
hulle die eerste paar maande saam met hul ma’s in die ondergrondse
(of “ondersneeuse”) hole deur. Wanneer hulle gereed is om die buitewęreld aan te durf,
Ię daar ’n hele somer voor hulle.

BO:
Keiserpikkewyne versamel om 'n duikgat in die
Antarktiese ys. Hulle het genoeg ingeboude vet en
isolerende vere om die
uiterste koue te weerstaan.
Foto: Henry Kaiser / US
National Science Foundation
Natuurlike isolering
ALLE diere van die
poolstreke en aangrensende gebiede—soos robbe, walvisse, pikkewyne
en ander voëls—het dik lae spek onder hul velle en/of goed beskermende
pelse of vere. Die Weddeli-rob se vetlaag kan byvoorbeeld 10 cm dik
wees. As die kos skaars word, kan die diere desnoods op die vet
teer.
Dit is nie die pelse of vere self wat hitte verskaf nie, maar die
lugholtes daarin; lug is ’n swak geleier van hitte.
Voëls skei uit ’n klier naby die stert ’n waterdigte olie af wat op
die vere versprei word. Die olierige oppervlak isoleer die vere teen
koue of vogtigheid.
Bye het ’n merkwaardige manier om in die koue te oorleef. As die
kwik onder 14ş C daal, koek hulle in die korf saam en woel as ’t
ware die lug met hul vlerke om. Deur hierdie “sentrale verwarming”
word ’n gelykmatige temperatuur van 18ş
C in die korf gehandhaaf.
Die bye aan die buitekant van die “verhitter” is natuurlik kouer as
dié in die middel, maar die swerm roteer stadig sodat die koue bye
van buite telkens ’n beurt kry om binne warm te word.
|

BO: Vet en rond maak die
winterskete gesond...
Foto: Dave Olsen
/ U.S. Fish and Wildlife
Service
(detail)
Groottes en vorms
DIE grootte en vorm van
’n dier is van wesentlike belang sover dit die behoud van
liggaamshitte aangaan. Hoe groter die dier des te groter die
uitstraling en hitteverlies.
’n “Bolronde” dier sal minder hitte as anders gevormde diere
verloor, omdat sfere die kleinste oppervlaktes het. Pooldiere is
geneig om ronder as ooreenstemmende spesies in warm streke te wees.
Diere verloor baie hitte deur hul uitstaande ledemate. Die pote en ore
van pooldiere is in die reël dus ook kleiner en meer gerond as dié
van hul neefs in die trope.

BO: Ou Dikkie die Pikkie! Hierdie
Antarktiese adéliepikkewyn is nou wel
nie bolrond
nie, maar tog ovaalvormig genoeg vir
hittebewaring.
Foto: GSFC /
NASA |

BO: Die
poolvos (“Arctic fox”, Alopex lagopus) in sy twee
monderings—sy donker pels vir die somer en sy wit pels vir die
winter, wanneer hy met sy bruin en swart hare in die sneeu te
opmerklik vir sy roofvyande sou wees.
Foto van donker poolvos: Bureau of Land
Management,Alaska State Office / U.S. Departement of the Interior
Foto van wit poolvos: U.S. Fish & Wildlife Service
Uitgedos in wit
DIE pelse van baie diere
in die koue streke word wit in die winter. Dit help om hulle te
kamoefleer wanneer hulle in die sneeu jag maak op prooidiere wat op
hul beurt self in wit uitgedos is.
Die ruie haarbedekkings van die vosfamilie word nie net wit om hulle
onopvallend te maak vir die moontlike prooi nie, maar in die natuur
is die vos self met ’n baie doeltreffender wapen bedeel—sy
geslepenheid.
Hy lewer ’n boeiende vertoning vir ’n gehoor van konyne deur te
spring en te rol en te maak of hy sy eie stert vang. Die konyne
verwonder hulle só dat hulle glad nie besef die sluwe ou vos is
geleidelik besig om ál nader aan hulle te beweeg nie! |
|