Y
ken my dalk bloot as ’n flikkerende bol vuur aan die hemel, fel en
vlammend op die middag, of die nuwe lig in die ooste in die begin
van elke dag. Wat jy moontlik nie weet nie, is dat ek die
allerverskriklikste waterstofbom is, maar een wat nie na buite
uitbars nie omdat dit weens sy hewige aantrekkingskrag gedurig op
homself inplof.En pleks van
’n
verwoester, is ek inderdaad die bron van alle stoflike lewe op jou
planeet aarde.
Ek is die son. Hitsig. Siedend. Kolkend. Blertsend. In een sekonde
spoeg ek meer energie in die ruimte uit as wat die mensdom sedert
die begin van die beskawing verbruik het.
REGS: Die sonoppervlak... ’n siedende
inferno.
Animasie geskep uit NASA-foto’s
Boonop is ek verantwoordelik vir elke liewe beweging wat jy en al
julle mense maak. Selfs die bietjie energie wat jy nou opgebruik om
hierdie woorde te lees, het miskien reeds duisende jare gelede in my
woeste, chaotiese binneste ontspring...
Ek is dus magtig, maar moet asseblief nooit aan my dink as ’n god
nie. Daar was te veel tye in die verlede dat mense my só aanbid het.
Hulle het nie begryp dat ek niks anders as ’n instrument in die
wonderlike skepping is nie, dat my lig ook maar net help om dié Lig
in die wêreld uit te dra.
Wat is ek dan presies? En watter prosesse is aan die werk sodat ek
gedurig besig is om al julle sterflinge met my sprankelende energie
aan die lewe te hou?
Voor my geboorte, sê die wetenskaplikes, was ek slegs ’n kolossale
gaswolk. Maar dit was ’n reuse-newel met so ’n ontsettende
swaartekrag dat dit op homself ingetuimel het omdat dit so log en
groot was.
Die gevolg was ’n onstuimige kernreaksie wat my “aan die brand
gesteek” en my ’n son laat word het. Een malende warboel waarin selfs
metale soos yster verdamp. En waar alles op ’n verbysterende skaal
gebeur.
Ek is byvoorbeeld so reusagtig groot dat ek 1 300 000 aardes sou kon
insluk, en my kern is ’n verskriklike vuuroond van 15 000 000 grade
Celsius. lemand het al bereken dat net ’n speldekop se stof hier in
my binneste warm genoeg is om ’n mens op ’n afstand van meer as 1500
km dood te maak.
REGS:
Die son en die aarde vergelyk... ons planeet is die kolletjie links
onder. Die son sou 1.300.000
aardes kon insluk.
Illustrasie: Roberta
Polfus/World Book /NASA
In my kern word 600 miljoen ton van die ligte gas waterstof elke
sekonde tot die gas helium verteer, terwyl vyf miljoen ton waterstof
in louter energie omgeskep word. ’n Breukdeeltjie van ’n breukdeeltjie
van hierdie energie is bestem om uiteindelik op die aarde te beland.
Dit gebeur egter nie in ’n oogwenk nie. Trouens, dis ’n proses van
miskien tweehonderd eeue.
Want byna al die stralingsenergie in my kern bestaan uit X-strale,
en dié ontsnappende strale skiet gedurig kruis en dwars rond soos,
sê maar, die balle op ’n snoekertafel. Eintlik flits hulle so erg
heen en weer dat dit hulle selfs met die snelheid van lig—sowat
300 000 km per sekonde—sowat 20 000 jaar neem om my oppervlak te
bereik.
In al hierdie millenniums verander die X-strale geleidelik. Telkens
as só ’n straal weggebuig word, word die frekwensie van sy vibrasie
effens minder en sy golflengte langer. Mettertyd verander die
X-strale in ultraviolet lig en sigbare lig.
Dan—meteens—kom hulle vry bo uit... en nog ’n bundel van my
strale is op pad. Nou kan hulle ongehinderd die nagenoeg 150 miljoen
km na die aarde en sy bewoners aflê.
DIE blitsige tog aarde toe—so vinnig soos
lig maar kan beweeg—duur ’n skrale stuk of agt minute, wat ’n
totaal onbeduidende tydjie is in vergelyking met die duisende jare
wat dit voorafgegaan het.
Maar dis ook een aanhoudende bombardement van lig op lig. Binne
enkele dae stort ek byvoorbeeld net soveel hitte en lig oor die
aarde uit as wat opgewek sou word indien al die aarde se olie- en
steenkoolreserwes en al die hout in die aardse woude verbrand kon
word.
En, wat dit nog meer verstommend maak, is dat dit maar net sowat die
helfte van ’n duisendmiljoenste deel van my stralingsenergie is wat
die aarde bereik!
Tog is dit hier waar my besondere aandeel aan die wonder van die
lewe begin. Want in my strale is die brandstof vir ontelbare klein
kosfabriekies: die blare van plante.
My lig is die eerste skakel in jul lewensketting deurdat dit die see
van groen blare op land en in die waters tref. Dit vervorm die water
in die plante, en die koolsuurgas wat die blare uit die lug opneem,
tot suikers en stysels waarvan die plante kan lewe.
Mens en dier eet die produkte van die plante. Of mense eet van die
diere wat plante gevreet het. Op die ou end word my energie selfs
gebruik om die elektriese boodskappe in jou brein oor te dra, om jou
spiere te stook sodat jy jou hande en voete kan oplig en beweeg.
Maar hoe kan ek dan so seker wees dat dit juis my, die son, se
energie is wat in plante en diere en die mens voortwoeker? Wel, dis
mos ’n natuurkundige felt dat energie nie vernietig kan word nie—dat een vorm van energie net in
’n ander vorm daarvan oorgaan. Selfs
die hitte wat vrygestel word wanneer jy ’n stuk steenkool in die
vuur gooi, was in die oerverlede sonlig wat deur groen plante
geabsorbeer Is.
Die proses waarby plante deur sonlig kos maak, word fotosintese
genoem. Presies wat behels dit? Om mooi te begryp moet ’n mens iets
weet van die wonderstof chlorofil.

BO: ’n Groen,
groen weligheid. Fotosintese, die biochemiese proses waarvolgens
groen plante en sekere bakterieë in staat is om die energie van
lig in chemiese energie te omskep, is verantwoordelik vir die
produksie van al die aarde se suurstof.
Foto: U.S. Geological
Survey
BLARE bestaan uit miljoene selle. As ’n mens
een van dié onder ’n mikroskoop ondersoek, ontluik
’n uiters klein
kompartementjie omhul deur ’n wand van sellulose. Dit is gevul met
’n korrelagtige stof wat sitoplasma genoem word.
In die sitoplasma, tussen talle ander klein deeltjies, is ’n aantal
heldergroen ronde korreltjies, bekend as chloroplaste. Dié is met
chlorofil of bladgroen gevul—’n pigment of ’n gekleurde chemiese stof.
Chlorofil speel ’n uiters belangrike rol in die lewenspatroon op die
aarde.
(Terloops, dis ook interessant dat die samestelling van groen
chorofil en dié van die rooi pigment van bloed, hemoglobien,
wonderbaarlik ooreenstem.)
My lig bestaan uit klein deeltjies (partikels) wat fotone genoem
word, en in golwe beweeg. Wanneer die lig nou op ’n blaar val, dra
die fotone hul energie aan die blaar oor.
Intussen bevat die blaar ook water (deur die plant se wortels
opgeneem) en die gas koolstofdioksied of koolsuurgas (wat deur oop
huidmondjies die blaar uit die lug binnegesypel het).
Koolsuurgas is ’n verbinding van koolstof en suurstof, net soos
water byvoorbeeld uit waterstof en suurstof bestaan. Daar is baie
min koolsuurgas in die lug—nie meer as sowat drie dele per 10 000
nle—maar dit is genoeg vir die plant.
Wanneer die fotone die chlorofil in die blaar tref, is daar ’n groot
beroering in die klein. Die energie breek die molekules van die
water en die koolsuurgas op en herrangskik die atome van suurstof,
waterstof en koolstof in heeltemal nuwe patrone om suikers en
stysels daarvan te vorm.
Boonop is die groot afvalproduk van hierdie vervaardigingsproses nog
’n lewensbelangrike ding in jul wêreld: die merkwaardige gas
suurstof.
Só woon mens, dier en plant in ’n onlosmaaklike verhouding saam en
bevoordeel hulle mekaar wederkerig. Dit word simbiose genoem. Mens
en dier sorg dat die lug met die koolsuurgas “besoedel” word, want
dit is die gas wat hulle uitasem wanneer hulle asemhaal. Die plante
verbruik weer daardie koolsuurgas en lewer suiwer suurstof aan mens
en dier. ’n Volmaakte kringloop.
In
die heelal is daar soveel orde en so ’n harmonieuse plan in alle
dinge dat selfs die glans van my—die son—teen die wonder daarvan
verbleek...
|