Die Sout van die Aarde
se Oseane

Beeldkrediet NASA/GSFC/JPL-Caltech

HOE sout is die aarde se oseane eintlik en waar is die see op sy soutste? Vir die eerste keer is 地 omvattende w靡eldkaart gemaak waarop op al die brak kolle en betreklike varsighede presies aangedui word.

Die kaart kon nou opgestel word danksy die Amerikaanse ruimteagentskap NASA se Aquarius-instrument aan boord van die Argentynse SAC-D-satelliet, wat op 10 Julie 2011 gelanseer is.

Die nuwe kaart is 地 samevoeging van die eerste twee en 地 halwe week se data sedert Aquarius op 25 Augustus met sy opnames begin het. Die syferwaardes verteenwoordig 地 soutkonsentrasie in dele per duisend (gramme sout per kilogram seewater). Geel en rooi kleure verteenwoordig gebiede met 地 hor soutgehalte, terwyl blou en pers op streke met 地 laer soutigheid dui. Van gebiede wat swart gekleur is, is nog nie voldoende data beskikbaar nie. Die gemiddelde soutkonsentrasie op die kaart is sowat 35.

Die kaart bevestig onder meer die bekende feit dat die Atlantiese Oseaan gemiddeld souter as die Indiese Oseaan en die Stille Oseaan is. Daar is egter ook die verrassing dat die magtige Amasonerivier die see oor 地 groter gebied varser maak as wat gereken is.

En die pers en blou see by Suid-Afrika toon ook dat besoekers aan ons strande darem nie aan te veel sout blootgestel word as hulle daar swem nie!


  Lees ook die Mieliestronk-artikel oor sout
 

Klik hier op terug te keer na die inhoudsblad