 |
’n Prente-essay............
|
 |
|
Wat het die astronomiese Melkweg en die nederige duisendpoot gemeen? Altwee word gekenmerk deur spiraalvorms...
|
groot en klein .
|
|

HEEL BO: Vir die duisendpoot is dit ’n vernuftige manier om homself te probeer beskerm... rol jou op in ’n spiraalvorm en daar is heelwat minder plek aan jou buitekant waar ’n vyand jou kan bykom.
BO: ’n Kunstenaar se voorstelling van hoe die groot galaksie (sterrestelsel) wat ons die Melkweg noem van “bo” af sou lyk. Ons sien natuurlik hierdie enorme familie van sterre van die kant af, want ons sonnestelsel (en die Aarde) lê in een van die spiraal-arms van die Melkweg. Die spiraal-arms kolk uitwaarts uit die punte van ’n ligtende sentrale staaf wat sowat 30 000 ligjare lank is. Die skyf wat as die Melkweg bekend staan, is sowat
100 000 ligjare in deursnee.
Foto van duisendpoot: U.S. National Park Service Illustrasie van Melkweg: R. Hurt (SSC), JPL-Caltech, NASA
|
|
 |
 |
BO: Die
spiraal-uitloopsel van ’n varing.
REGS: Die spiraal-stert van ’n seeperdjie.
|
Foto van varing se uitloopsel: Shannon Rankin / NOAA Photo Library - Small World Collection. Illustrasie van seeperdjie, aangepas uit ’n ou boek, verskaf deur NOAA (openbare besit vanweë die verval van kopiereg weens ouderdom)
|
LINKS: Daar is letterlik tienduisende soorte seeskulpe, maar tog is daar net een basiese argitektoniese bloudruk vir die verskillende vorms.
’n Skulp is ’n spiraal wat om ’n sentrale as draai, waaraan die spiere van die diertjie geheg is. Groei geskied vanaf die spits van die spiraal en elke winding raak progressief breër. By die meeste slakke spiraal die windings in die rigting waarin die horlosiewysers loop, as dit van bo af beskou word.
|
Foto: K.S. Matz / Vergunning U.S. National Science Foundation
|

|
 |
Foto’s
regs bo en regs: U.S. National Park Service
|
LINKS BO: Die genetiese materiaal en “rugstring” van elke chromosoom
in ons liggame is daardie lang string van die molekule DNS, wat soos
’n opgedraaide touleer of spiraaltrap lyk—die bekende “dubbele
heliks” (dubbele spiraal) soos dikwels daarna verwys word. Elke 1,8
m lange samegestelde string van die menslike DNS-molekule bevat meer
as 3 miljard sogenaamde chemiese basispare. Dié vorm die “sporte”
van die “touleer”, asook die letters in die genetiese kode. Daar is
vier soorte van hierdie basisse, te wete adenien, sitosien, timien
en guanien. Hulle paar met mekaar op—adenien skakel altyd met timien
en sitosien altyd met guanien.
REGS HEEL BO en REGS BO: Toe die mens hoeka begin het om
spiraaltrappe te bou, soos hierdie twee latere trappe in vuurtorings
(“lighthouses”), kon hy nog glad nie besef het dat hy dieselfde
fantastiese spiraal-konsep in sy eie genetiese samestelling huisves
nie!
|
|