地 Laslappie van Mieliestronk

SUURSTOF

SUURSTOF, 地 chemiese element, is 地 nie-metaal wat in die lug en water, in die aardkors en in alle lewensvorme voorkom. By gewone temperature is vry (onverbinde) suurstof 地 reuklose, smaaklose en kleurlose gas. Alle diere (en die mens) en die meeste plante het vry suurstof nodig om te lewe妖aarsonder sal hulle versmoor.

Suurstof is die volopste element op aarde. Vry suurstof kom in die atmosfeer voor, terwyl suurstof in verbinding met ander elemente in water en verskeie soorte gesteentes aangetref word. Wat massa (gewig) aanbetref, beslaan suurstof sowat 23 persent van die aarde se atmosfeer, 89 persent van die aarde se water en 50 persent van die aardkors.

地 Molekule van gewone suurstof bevat twee atome suurstof en die simbool van die molekule word O2 geskryf. Onder sekere toestande kan suurstof as O3, of osoon, bestaan. Wanneer suurstof tot 地 vloeistof of vaste stof afgekoel word, word dit bleekblou.

Respirasie en verbranding

SUURSTOF is chemies belangrik omdat dit die sleutelelement in respirasie-prosesse (wat asemhaling insluit) en verbranding is. In respirasie word vry suurstof deur diere en plante ingeneem en gebruik om energie vir voedsel vry te stel.  Plante stel op hul beurt weer vry suurstof vry in die proses wat as fotosintese bekend staan.

Gewone verbranding vind plaas in kampvure, oonde en motorenjins en is 地 chemiese reaksie tussen vry suurstof en 地 brandstof. Suurstof op sigself is nie brandbaar nie, maar dit moet teenwoordig wees vir gewone verbranding om te kan plaasvind. Die chemiese reaksie wat by verbranding voorkom, word oksidasie genoem.

地 Oksidasie-reaksie vind ook plaas wanneer yster roes. Vry suurstof in die lug verbind met die yster om ysteroksied te vorm. Roesvorming is in der waarheid 地 vorm van verbranding wat baie stadig plaasvind.

Produksie en gebruike van suurstof

SUURSTOF word kommersieel deur die gefraksioneerde distillasie van vloeibare lug geproduseer. Hierdie proses berus by die feit dat die verskillende soorte gasse wat in die lug voorkom, wat suurstof insluit, verskillende kookpunte het. By verskillende temperature gaan die verskillende vervloeide gasse in dampe oor, wat dan apart van mekaar opgevang kan word.

Suurstof word in die chemiese bedryf in die vervaardiging van asetileen en ander chemikalie gebruik.

Suiwer suurstof word in hospitale aangewend om pasinte te help wat moeilik asemhaal. Die sogenaamde suurstoftent is hier 地 belangrike hulpmiddel. Dit is 地 toestel van lugdigte materiaal wat oor die pasint se kop en skouers geplaas word. In die tent is 地 hor konsentrasie suurstof as in die omliggende omgewing, en dit word gebruik vir 地 pasint wat byvoorbeeld 地 kopbesering of hart- of longsiektes onder lede het.

Suurstof word ook in vliegtuie, ruimtetuie en duikbote geberg om gebruik te word wanneer die suurstofvoorraad in die lug te min raak vir normale asemhaling.

Verbranding geskied teen hor temperature in suiwer suurstof as in lug. Suiwer suurstof is gevolglik nuttig in die fabriekswese om die temperatuur in oonde en ander verhittingstoestelle te verhoog.

In een metode van staalvervaardiging word 地 straal suurstof gebruik om onsuiwerhede uit yster weg te brand.

Vloeibare suurstof word in sekere soorte vuurpylenjins gebruik熔ok in die Amerikaaanse pendeltuie. Die buitetenk van 地 pendeltuig is 地 groot silinder. Dit bevat by lansering 地 yslike hoeveelheid brandstof1 900 000 liter vloeibare suurstof en vloeibare waterstof, wat op 地 beheerde wyse gemeng en in die wenteltuig se motore ingevoer word. Die gasse moet honderde grade onder vriespunt gehou word.

Geskiedenis

SUURSTOF is feitlik terselfdertyd onafhanklik van mekaar deur die Sweedse skeikundige Karl Wilhelm Scheele en die Engelse skeikundige Joseph Priestley ontdek. Priestley, wat in 1774 suurstofgas uit kwikoksied vervaardig het, word partykeer die enigste krediet vir die ontdekking gegee, omdat Schelle se bevindings eers in 1777 gepubliseer is.

Die naam "suurstof"熔f "oxygen" uit die Grieks vir "suur-vormer"擁s in 1787 deur die Franse skeikundige Antoine Lavoisier voorgestel omdat hy (foutiewelik) gedink het dat suurstof 地 noodsaaklike bestanddeel van alle sure is.

Simbool: O. Atoomgetal: 8. Atoomgewig: 15.9994. Suurstof het drie stabiele isotope.

YsteroksiedREGS: Roes is doodeenvoudig ysteroksied, 地 verbinding van yster met die suurstof wat in die lug aanwesig is.

 

Suurstof laat jou beter onthou!

AS jy dertig sekondes lank suiwer suurstof inasem, sal jy straks die gebeure van die daaropvolgende paar minute twee keer beter onthou. S s Britse geleerdes wat dit op 地 keer proefondervindelik bewys het.

Hulle het vrywilligers na 地 reeksie van veertien woorde laat luisterelke vrywilliger toegerus met 地 masker wat f suiwer suurstof bevat het f gewone lug, wat in massa uit omtrent 23 persent suurstof bestaan. Geen vrywlliger het geweet watter soort gas hy of sy inasem nie.

Toe hulle ses minute later gevra is om soveel woorde as moontlik te probeer onthou, het di wat lug ingeasem het, hulle net sowat vier of vyf woorde herinner, maar die suurstof-inasemers het omtrent agt of nege woorde onthou.

Die navorsers het egter ook ontdek dat te veel of te min suurstof nie die gewenste uitwerking het nie en dat die beste tyd om daaraan blootgestel te wees tussen dertig sekondes en 地 minuut is.  

Beteken dit nou dat leerders in eksamentyd suiwer suurstof moet snuif pleks van om hulself met koffie of op 地 ander manier met kafeen te probeer opkikker? Nee, allermins! Ons moenie vergeet dat ho vlakke suurstof gevaarlik is deurdat dit lewende weefsel beskadig nie妖at leke nooit maar nooit sonder doktersopdragte of
-toesig met suiwer suurstof moet peuter nie.

Maar wat uit die studie duidelik geword het, is dat leerders bes moontlik beter sal kan onthou as hulle nie in bedompige en suurstof-arm kamers sit en studeer nie.

En, soos een geleerde te kenne gegee het, moenie 地 berg uitklim en dink dat jy daar bo in die vrye natuur en vars lug beter sal kan leer nie. In die dun lug en minder suurstof sal jy toeslaan soos 地 vetkoek!

Klik hier om terug te keer na die Laslappie-bladwyser

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad