|
’n Laslappie van Mieliestronk |
|
7 WONDERS VAN DIE OUDHEID
|
![]() 1. Die Kolos van Rhodos |
![]() 2. Die Hangende Tuine van Babilon |
![]() 3. Die Mausoleum van Halikamassos |
![]() 4. Die Tempel van Diana by Efese |
![]() 5. Die standbeeld van Zeus by Olimpië |
![]() 6. Die piramides van Egipte |
![]() 7. Die vuurtoring (Pharos) van Alexandrië |
|
|
|
VAN
die sewe wêreldwonders van die Oudheid het jy moontlik al meermale gehoor.
Maar wie het dan in daardie tyd besluit watter bouwerke nou juis tot “wonders”
verhef moes word? Dit
was die Grieke van weleer. Hulle was geesdriftige reisigers. En die eerste
lyste van die sogenaamde wonders van die antieke wêreld het blykbaar
verskyn in die “reisgidsboeke” van die Hellenistiese Tydperk (van 323
tot 30 v.C.). Dit
is egter die lys van sewe “outentieke” wonders deur Philo van
Bisantium wat deur latere skrywers aanvaar is as die korrekte Griekse
beskouing van destyds. Die
enigste van die sewe wonders wat tot vandag toe betreklik ongeskonde
behoue gebly het, is die piramides. Maar ’n aantal jare gelede het die
herwinning van brokstukke van die vuurtoring, of Pharos, van Alexandrië
ook groot opspraak gewek.
Die
oorblyfsels is deur ’n ekspedisie van Franse argeoloë uit die see
gehaal. |
|
|
|
|