地 Laslappie van Mieliestronk

Die sewentiende eeu en wat daarin gebeur het

DIE sewentiende eeu is die honderd jaar van die begin van die jaar 1601 af tot en met die jaar 1700. Dit was om verskillende redes 地 baie belangrike tydperk in die geskiedenis.

Indien die leerder gevra sou word om in 地 skooltaak van die sewentiende eeu te vertel, is daar 地 aantal artikels op die Mieliestronk-werf wat met vrug hiervoor geraadpleeg kan word.

Om te weet watter belangwekkende dinge in hierdie eeu gebeur het, is dit egter eers nodig om 地 tydlyn van die betrokke tyd te bekom. S 地 tydlyn is ongelukkig (nog) nie vir Mieliestronk opgestel nie, maar op die internet is dit geen probleem om een te vind nie. Dis weliswaar in Engels, maar gebruik byvoorbeeld een of altwee die volgende skakels
( http://en.wikipedia.org/wiki/17th_century of
http://www.fsmitha.com/time/ce17.htm ) om die inligting buitekant Mieliestronk te kry.

Soos die leerder sal opmerk, was daar in di besonder gebeurtenisryke eeu allerlei ontdekkings, nuwe bevindings en hoogtepunte op verskillende terreine. Dit was egter ook 地 eeu van tragedies, soos die dodelike pes wat mense by die tienduisende afgemaai het.

Vervolgens kan 地 mens verskillende artikels op die Mieliestronk-werf een-een oopmaak om met bekende figure van die sewentiende eeu kennis te maak en van elkeen van hulle iets oor di tydperk te leer:

  • Koningin Elizabeth I van Engeland, wat in die begin van die eeu (1603) oorlede is, het met haar heerskappy 地 goue tydperk vir haar land ingelui. Die 44 jaar van betreklike vrede wat sy geskep het, en die nuwe idees van die Renaissance en Hervorming, het Engelse geleerdes, kunstenaars, musici en ontdekkers laat gedy. Dit was ook van besondere belang in die w靡eldgeskiedenis omdat die Engelse so 地 groot invloed op die w靡eld as geheel gehad het. Elizabeth I het as 稚 ware die tafel help dek vir die fees van gewigtige ontwikkelings in die eeu n haar.
     
  • Tog was die toename in kennis, kundigheid en kulturele skeppinge natuurlik nie net tot Engeland beperk nie. In die vroe 1600痴 doen byvoorbeeld die sterrekundiges Galileo Galilei (Italiaans) en Johannes Kepler (Duits) sekere ontdekkings. Inligting oor Galileo se bevinding oor die pendule is by hierdie skakel. Mieliestronk se afsonderlike webwerf oor die ruimte bevat nog inligting oor Galileo en Kepler in 地 neutedop:

    1) Galileo Galilei: Die Italiaanse wetenskaplike en sterrekundige Galileo Galilei (1564-1642) het sy eie teleskoop gemaak en ontdek het dat ons Maan kraters het, dat die planeet Jupiter mane het, dat daar vlekke op die Son is en dat die planeet Venus fases soos ons Maan het. Galileo is in sy tyd voor die Inkwisisie gedaag妖ie kerklike hof wat afvalliges van die Rooms-Katolieke leer gestraf het容n gedwing om te ontken dat ons w靡eld beweeg. Om nie gemartel te word nie, moes hy hardop verklaar dat die Aarde nie in die ruimte wentel nie. Maar gedemp het hy glo geprewel: 哲ietemin, dit beweeg tog. Eers teen die einde van 1992 (meer as drie en 地 halwe eeu n sy veroordeling) is die groot gees deur die Vatikaan in Rome kwytgeskel van sy 都onde.
    2)
    Johannes Kepler (1571-1630). Hierdie Duitse sterrekundige en skitterende wiskundige was 地 baanbreker wat beroemd geword het vanwe sy drie wette oor die beweging van die planete. Uiteindelik sou Kepler se wette die groot Engelse wetenskaplike Isaac Newton lei tot die formulering van die monumentale Universele Wet van die Swaartekrag.
     
  • In 1616 sterf die groot Engelse dramaturg William Shakespeare (1564-1616).
     
  • Die groot Nederlandse skilder Rembrandt van Rijn (1606-1669) lewe ook in hierdie eeu.
     
  • In 1652 land die Nederlander Jan van Riebeeck (1619 -1677) aan die Kaap en begin die Europese betrokkenheid met die suidpunt van Afrika in alle erns.
     
  • In 1665 word twee derdes van die mense in Londen, Engeland, aanges om die stad te verlaat as gevolg van die dodelike pessiekte die 鉄wart Dood, maar byna 70 000 mense sterf nietemin binne net een week daaraan.
     
  • William Harvey (1578-1657) doen 地 belangrike ontdekking oor die bloedsomloop en Antoni van Leeuwenhoek (1632-1723) begin 地 mikroskoop gebruik om organismes te ondersoek wat te klein is om met die blote oog te sien.
     
  • In die 1680痴 kom die groot wetenskaplike Isaac Newton (1642-1727) vorendag met sy Principia en verander hy die manier waarop die mens aan sy w靡eld dink radikaal.
     
  • 地 Bekende koning van die sewentiende eeu was Frankryk se Lodewyk XIV (1638-1715), die sogenaamde 鉄onkoning. Hy het die troon met absolute mag bestyg en was l'etat, c'est moi (電ie staat, dit is ek). Hy kon dus regeer net soos hy wou sonder om aan enigiemand verantwoording te doen. Sy spandabelrigheid sou egter later teen die Franse troon boemerang en teen die einde van die volgende eeu stellig een van die hoofoorsake van die Franse Revolusie wees.

    Aan die einde van hierdie eeu is daar ruweg 600 tot 680 miljoen mense op aarde, maar die geneeskunde het nog nie die sofistikasie bereik waar die meeste op 地 betreklike lang lewe kan hoop nie. Die lewensverwagting in 地 land soos Engeland is maar 地 skamele 36 jaar.

Nog belangrike inligting:  Die sewentiende eeu is al bestempel as waarskynlik die belangrikste eeu in die vorming van die moderne w靡eld. Benewens die vele groot geeste wat in hierdie tyd hul stempels op die geskiedenis afgedruk het, was is dit ook die tyd toe sterk gesentraliseerde Europese lande w靡eldwyd om rykdom en mag begin meegeding het. Daardeur is die tempo van kolonisasie versnel.

Die Engelse, Nederlanders, Franse, Portugese en Spanjaarde het almal gespook om hul kolonies en handelsposte in afgele w靡elddele in stand te hou en uit te brei, wat 地 diepgaande invloed met permanente gevolge op die w靡eldsbeloop gehad het.

Die Europers het voorts onbroederlik onder mekaar gebaklei, terwyl oorlogvoering al hoe ingewikkelder en duurder geraak het. Om mekaar op die slagvelde te troef, het Europese lande in navorsing oor milit靡e tegnologie bel. Dit hulle ook in staat gestel het om betreklik maklik die oorhand te kry in gevegte teen volkere elders op die aardbol buite Europa.

Klik hier om terug te keer na die Laslappie-bladwyser

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad