地 Laslappie van Mieliestronk

SKABIES
Die verskriklike gejeuk

Skabiesmyt-wyfie

Die boorgang van 地 skabiesmytBO: 地 Skabiesmyt-wyfie (Sarcoptes scabiei). Haar getonnel in die menslike vel lei tot 地 groot gejeuk wat 地 vreeslike krappery tot gevolg het.

Foto deur Kalumet,
wat dit op hierdie bladsy by Wikimedia Commons op die w靡eldwye web gelisensieer het ingevolge die GNU Free Documentation-lisensie en ter uitbreiding die Creative Commons Attribution ShareAlike 3.0-lisensie, waarkragtens deling en die maak van afgeleide werke op sekere voorwaardes vergun word
 

 
REGS BO: Die boorgangetjie van 地 skabiesmyt. Die groot skubberige letsel links is deur krappery veroorsaak. Die skabiesmyt het na regs bo beweeg en sit nou aan die einde van die boorgang.
地 Erge gejeuk en 地 veluitslag is die mees algemene simptome van mense met skabies. Die simptome word veroorsaak deur 地 sensitisering (地 soort 殿llergiese reaksie) teen die proteene en ontlasting van die parasiet.

 

Foto deur Michael Geary,
wat dit tot openbare besit verklaar het (途eleased into the public domain)
 

 

D

IS 地 groot gejeuk要eral in die nag of in warm toestande. Hier krap-krap, daar krap-krap... 地 onkeerbare drang om die vreeslike irritasie op jou vel met mag en mening weg te skraap.

Jy krap en jy krap, freneties en aanhoudend, maar dit help nie. Want hoe meer jy met jou vingernaels wikkel om die konstante kriewelings te laat bedaar, des te kwaaier raak die huidletsels en hoe erger word die treiterende geprikkel.

In die volksmond staan die probleem bekend as help-my-krap of lekkerjeuk.

Maar niks, volstrek niks is lekker daaromtrent nie. Vra maar vir mense wat al daarmee te doen gehad het.

Die naam van hierdie beproewing is skabies of jeuksiekte, iets wat maklik kan voorkom waar heelparty mense saamwoon, soos in koshuise, ouetehuise, inrigtings en dies meer. Infestasie kan deur persoonlike artikels soos handdoeke en klere oorgedra word, maar die belangrikste manier van oordrag is intieme kontak. Om daardie rede word skabies ook as 地 seksueel oordraagbare siekte beskou.

Maar wat veroorsaak skabies eintlik? Die sondaar is 地 myt.

Sarcoptes scabiei var. hominis, die jeukmyt wat in die vel van sy menslike slagoffers inboor, is 地 geleedpotige parasiet in die klas Arachnida, subklas Acari, familie Sarcoptidae. 

Die myte grawe in die boonste laag van die menslike vel in. Die gangetjies wat hulle boor, lyk soos klein opgehewe, kronkelende lyntjies, wat gryserig is of die kleur van die vel kan h en 地 sentimeter of langer kan wees.

Daar is ook ander soorte skabiesmyte wat die lewens kan vergal van soogdiere soos huiskatte, honde, varke en perde. Dit is belangrik om te weet dat sulke myte ook na mense oorgedra kan word, wat 地 tydelike gejeuk kan meebring. Gelukkig vir die mens kan hierdie kastyders van diere egter nie op 地 menslike slagoffer aanteel nie.

Lewensiklus van Sarcoptes scabiei

DAAR is vier stadiums in die lewe van Sarcoptes scabiei, te wete die eier-, larwe, nimf- en volwasse stadium. Die wyfies l twee of drie eiers per dag tydens hul boordery onder die vel.

Die ovaalvormige eiers is 0,10 tot 0,15 mm lank en broei n drie tot vier dae uit. Nadat die eiers uitgebroei het, migreer die larwes wat uit die eiers gekom het na die veloppervlak. Hier boor hulle in die onbeskadigde stratum corneum in, die heel buitenste laag van die epidermis of opperhuid. In die stratum corneum maak hulle feitlik onsigbare, kort gaatjies wat vervelsakkies genoem word.

In sy larwestadium, wat sowat drie tot vier dae duur, het Sarcoptes scabiei slegs drie paar pote.

Nadat die larwes vervel het, kom die nimfe te voorskyn wat vier paar pote het.  In hierdie vorm vervel hulle en word ietwat groter nimfe voordat hulle weer vervel en volwassenes word. Larwes en nimfe kan dikwels in vervelsakkies of haarsakkies gevind word en lyk baie soos die volwassenes, maar hulle is kleiner.

Die volwassenes is ronde, sak-agtige, ooglose myte. Die wyfies is 0,30 tot 0,45 mm lank en 0,25 tot 0,35 mm breed, en die mannetjies is ietwat meer as die helfte so groot. Paring vind plaas nadat die aktiewe mannetjie die vervelsakkkie van die volwasse wyfie gepenetreer het. Die paring gebeur net een maal en die wyfie is daarna vir die res van haar lewe bevrug.

Bevrugte wyfies verlaat hul vervelsakkies en beweeg rond op die veloppervlak totdat hulle 地 geskikte plek vind om 地 permanente gang te boor. Terwyl hulle op die veloppervlak is, klou die myte aan die vel met suieragtige kussinkies aan die voorste pote.

Die wyfie tonnel met haar kenmerkende kronkelgang al hoe verder in die vel in en l in die proses haar eiers vir die res van haar lewe (een tot twee maande). In die heel gunstigste omstandighede ontwikkel sowat tien persent van haar eiers uiteindelik tot volwasse myte.

Skabiesmyt in velskraapsels wat met 地 blou stof behandel isREGS: Sarcoptes scabiei in velskraapsels wat met 地 blou stof behandel is.

FOTO: U.S. Centers for Disease Control and Prevention


Die mannetjies word selde gesien; hulle maak tydelike vlak gaatjies in die vel om te vreet totdat hulle 地 wyfie se vervelsakkie binnedring en met haar paar.

Die oordrag van bevrugte wyfies van mens tot mens vind veral plaas wanneer mense se velle aan mekaar raak. Die parasiete kan egter ook deur dinge soos beddegoed, handdoeke en klere versprei word.

Skabiesmyte kom w靡eldwyd voor, by mense van alle rasse en sosio-ekonomiese klasse in alle klimate.

Simptome

WANNEER iemand die eerste keer met skabiesmyte besmet word, verskyn die simptome gewoonlik nie voor twee tot ses weke nadat die besmetting plaasgevind het nie. Tog kan 地 besmette persoon in di tyd steeds ander mense besmet, al toon hy of sy geen simptome nie.

Wanneer iemand reeds vantevore skabies gehad het, verskyn die simptome baie gouer (een tot vier dae) n blootstelling.

地 Erge gejeuk en 地 veluitslag is die mees algemene simptome van mense met skabies. Die simptome word veroorsaak deur 地 sensitisering (地 soort 殿llergiese reaksie) teen die proteene en ontlasting van die parasiet.

Die kwaai jeukery, veral snags, is die mees algemene kenmerk van skabies. 地 Perserige, jeukende 都kabiesuitslag kom ook algemeen voor. Die gejeuk en uitslag kan op 地 groot deel van die liggaam voorkom of dikwels beperk wees tot sulke plekke soos:
  
   tussen die vingers
   pols
   elmboog
   armholte
   penis
   tepel
   middellyf
   boude
   skouerblaaie

By babas en baie jong kinders word die kop, gesig, nek, palms en sole dikwels aangetas, maar dit gebeur gewoonlik nie by volwassenes en ouer kinders nie.

Klein boorgangetjies word baiemaal op die vel gesien. Hulle word veroorsaak deur die wyfie van die skabiesmyt wat net onder die veloppervlak met haar tonnelwerk besig is. Die boorgange lyk soos klein opgehewe, kronkelende lyntjies, wat gryserig is of die kleur van die vel kan h.

Aangesien die getal myte op 地 besmette persoon dikwels maar klein is耀legs tien tot vyftien myte per slagoffer楊an dit wees dat hierdie boorgangetjies moeilik opgespoor word.

Behandeling

DIT is belangrik om te weet dat skabies met welslae behandel en die parasiete gedood kan word. As jy skabies het, of vermoed dat jy dit het, gaan spreek dadelik jou dokter, wat die nodige middel en behandelingsmetodes sal voorskryf. Sover bekend is geen middels wat 登or die toonbank te koop aangebied word, getoets en goedgekeur vir die behandeling van skabies nie.

 

Nie net die besmette persoon nie, maar ook sy of haar gesinslede en mense met wie die persoon in aanraking was, moet behandel word.

Klere en persoonlike artikels moet met hitte (byvoorbeeld kookwater of 地 strykyster) gereinig word.


Hoofbron vir hierdie artikel: U.S. Centers for Disease Control and Prevention

Klik hier om terug te keer na die Laslappie-bladwyser

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad