n Laslappie van Mieliestronk

 

SNEEU-APE VAN JAPAN:

Koulike kese met hul eie private warmbron!

     

 

REGS: Buite is dit vrieskoud, maar in hul eie private warmbron is dit snoesig warm.

 

Foto deur gebruiker Yosemite beskikbaar gestel in die Engelse weergawe van die vrye Wikipedia-ensiklopedie op die wreldwye web en wel in onder meer die artikel oor Japanse makake. Die groter weergawe van die foto verskyn in die Wikipedia by hierdie skakel, waar vertel word dat kopiring vergun word ingevolge die GNU Free Documentation License, weergawe 1.2 of enige latere weergawe, soos deur die Free Software Foundation gepubliseer. Ook in ooreenstemming met n bepaling in die vergunning kon ons die oorspronklike foto modifiseer deur slegs n deel daarvan (die fokuspunt) te gebruik en die detail regs, bo en onder weg te sny.

 

DIE bibberkoue wintersneeu hinder hulle nie, ook nie die ysnaalde wat soos klits aan hul hare kleef niewant die sneeu-ape van Japan baai alte lekker in hul eie warmbron. Met rooi gesigte en rooi agterstewes waad hulle deur die hittige vertroeteling, wat hulle boonop vryeriger maak en in die proses hul bakkiese en boude nog rooier laat word. En van heinde en ver kom die mense om die wonderlikheid te aanskou.

 

Maar hoe kom hulle hierhierdie kordate groep primate? Hul storie begin n paar dekades gelede...

 

In die berge van Oos-Honsjoe, vyf uur per trein noordwes van Tokio, het die eienares van n herberg haar destyds ontferm oor die nihonzaru, of Japanse makake, wat in die ongenadige wintermaande baie ontberings moet trotseer. Eers het Harue Obaachan (85) hulle in die winter met appels by haar herberg bederf.

 

Maar hier is ook n warmbron, waarvan die water van 80 grade C met koue water gemeng en na die baaiplek by die herberg gelei word. Toe, op n dag, het n matroos wat daar gebaai het, n aapkleintjie in die water ingelok en di se ma het gevolg. Spoedig het ander ape die verkwikkende plesiere van die bad ontdekmet ietwat katastrofale gevolge. Die ape het die baaiplek sommer ook as n toilet gebruik en om tussen al die aap-dinges te baai het die toeriste darem nie aangestaan nie.

 

Gelukkig vir die ape l die herberg egter in n wildtuin, en die park se owerheid het n bad, wat deur dieselfde warmbron gevoed word, n halwe kilometer rivier op eksklusief vir hulle gebou. n Spannetjie wildbewaarders onderhou dit, maak dit skoon, gee die ape kos en beheer die besoekers wat eenvoudig al hoe meer word.

 

Want om n aap-ouma in die middel van die bad te sien sit, met druipende ooglede en stoom wat oral rondom haar gesig opstyg, is n rare aanskoulikheid wat ook n mens die apiestuipe laat kry van plesier!

   


Klik hier om terug te keer na die Laslappie-bladwyser

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad