地 Laslappie van Mieliestronk

SONBESIE:

Jare ondergronds, slegs weke in die son

 

Nadat hy baie lank (miskien tot sewentien jaar) as 地 larwe in die ondergrondse donkerte gelewe het, kruip hy in die nag uit die grond en klim teen 地 boom op. Sy vel bars oop容n die goggabie kry vlerke. Kort voor lank begin die uitbundige gesang in die sonlig... dog ook maar net vir 地 bitter kort tydjie...

    

SonbesieREGS: 地 Sonbesie, ook genoem sikade, langasem, singbesie, doringbesie of boomsingertjie. Nie alle sonbesies lyk darem so flambojant soos hierdie veelkleurige kalant nie.

 

Foto: Argonne National Laboratory / U.S. Library of Congress

 

JIEEE! sing die sonbesie. 典jieeeeeeee. En die skril gesang word 地 eentonige geraas wat aanhou en aanhou en aanhou in die warmte van die middagson. Want 地 sonbesie is 地 langasem. Sy bekkie kry jy nie stil nie.

 

Die 殿sem en die 澱ekkie in die vorige sinne is natuurlik net figuurlik gesproke, omdat hierdie soort besies (wat ook sikades of boomsingertjies genoem word) se geluidsorgane weinig met ons eie stembande gemeen het. Eintlik is dit van die ingewikkeldste geluidsorgane in die diereryk.

 

SonbesieOm die verduideliking te vereenvoudig kan ons s dit l op die eerste agterlyfsegment van die sonbesie, met 地 styf gespande trommelvlies wat deur sterk spiere vinnig in- en uitbeweeg word en die geluid voortbring. Die agterlyf is grotendeels met lug gevul, wat die klank soos 地 trom versterk.

 

En gewoonlik is dit ook net die mannetjies wat kan sing. Regte troebadoere. Hul liefdeslied moet immers vir hulle wyfies kan vind sodat die spesie kan vermenigvuldig en die bosse kan vul.

 

Die klassieke skrywers het reeds geweet dis slegs die manlike besies wat die geluide voortbring, 地 kennis wat die ou Griek Xenarchus ewe lakoniek laat opmerk het: 敵elukkig is die lot van sekades, want hulle almal het spraaklose gades.

 

Daar is baie duisende soorte sonbesies op aarde, insekte wat behoort tot die families Tettigarctidae en Cicadidae van die orde van die Halfvlerkiges. Van die Tettigarctidae bestaan daar nog twee spesies, te wete een elk in Suid-Australi en die eiland Tasmani by Australi.


Die Cicadidae vind 地 mens egter op alle vastelande buiten Antarktika. Hulle word in die subfamilies Tettigadinae, Cicadinae en Tibicininae ingedeel.

Die grootste sonbesies is di van die genera Pomponia en Tacua. Australi het omtrent 200 spesies in 38 genera, Afrika het nagenoeg 450 spesies, maar Engeland het slegs een, die sogenaamde 哲ew Forest Cicada (Melampsalta montana), wat wydverspreid regoor Europa aangetref het. 

 

Suid-Afrika is die tuiste van sowat 150 soorte sonbesies.
  

Van die interessantste soorte is di in die genus Magicicada, wat in die ooste van die VSA voorkom en 地 haas ongehoorde dertien tot sewentien jaar lange lewensiklus het 擁ets heel seldsaams in die insektew靡eld. Ander soorte se kleintjies ontwikkel tussen twee tot vyf jaar ondergronds.

 

Die sonbesies begin as eiers wat deur 地 wyfie met 地 skerp eierboor in die bas van jong takkies van bome gel word.  Piepklein, sespotige nimfe broei uit die eiers, val grond toe en met voorpote soos grafies grawe hulle in die grond in.

 

鉄ewentienjaar-sonbesies

 

Die Amerikaanse 都ewentienjaar-sonbesie in sy ondergrondse gedaante (LINKS BO) en hoe hierdie soort as volwassenes lyk (REGS BO).

 

Foto痴: ARS / U.S. Department of Agriculture

 

Daar soek hulle skuiling by boomwortels, waar hulle tot sewentien jaar lank lewe van die boomsap wat hulle uitsuig. Uiteindelik, asof hulle die een of ander teken ontvang om dit te doen,  澱esef hulle saam-saam dat die tyd ryp is om boontoe te tonnel. Hulle maak dan in geweldige hordes hul verskyning om die laaste keer te vervel en volwassenes te word, wat sal paar en waarvan die wyfies van nuuts af eiers sal l (elke wyfie so 400 tot 600 eiers).

 

Die volwasse sonbesies lewe nog maar enkele weke en die nuwe geslag van nimfe broei n ses tot tien weke uit die eiers. In vergelyking met die uitgerekte ondergrondse bestaan geniet veral die 都ewentienjaar-sonbesies dus maar 地 bitter kort tydjie in die son.

   


Klik hier om terug te keer na die Laslappie-bladwyser

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad