|
Staatsgesag
in
N
Suid-Afrika is die staatsbestuur onderworpe aan die grondwet en setel
die regering in ’n uitvoerende, ’n wetgewende en ’n regterlike
gesag. Die president is sowel die staatshoof as die regeringshoof. Hy
word deur die Nasionale Vergadering vir vyf jaar gekies, en dit is sy
taak om die ministers en adjunkministers te kies. Huidige president: Jacob Zuma Huidige adjunkpresident: Kgalema Motlanthe
Die land grond sy regstelsel op die Romeins-Hollandse reg en die Engelse gemene reg. Die regterlike gesag bestaan uit die Grondwetlike hof, Appèlhof, hooggeregshowe en landdroshowe. Die Grondwetlike hof interpreteer en besluit oor grondwetlike aangeleenthede. Die Appèlhof is die hoogste hof vir die interpretasie van en beslissings oor nie-grondwetlike sake. Hoofregter met ingang 12 Oktober 2009: Sandile Ngcobo (in opvolging van Pius Langa) |
|
|
• Lees die lewenskets van pres. Jacob Zuma op ’n afsonderlike bladsy van die Mieliestronk-webtuiste: klik hier |
|
|
BO: Adjunkpresident Kgalema Motlanthe.
Foto: Mass Communication
Specialist 2nd Class Die lewe van die Suid-Afrikaanse adjunkpresident Kgalema Motlanthe
GALEMA MOTLANTHE word op 19 Julie 1949 in die Johannesburgse township Alexandra gebore. Sy ouers behoort tot die werkersklas; sy pa is ’n mynwerker. ’n Jaar tevore, in 1848, het die Herenigde Nasionale Party (later hernoem tot die Nasionale Party) in Suid-Afrika aan die bewind gekom. Die Nasionale Party se beleid van apartheid sou grootliks die rigting bepaal waarin Kgalema se lewe sou verloop.
Hy werk in die jare sewentig vir die Johannesburgse stadsraad, en in dié tyd word hy gewerf om hom by die ANC se gewapende vleuel, Umkhonto we Sizwe (MK), aan te sluit. Motlanthe se opdrag is om rekrute vir MK te werf. Later word die eenheid aangesê om tot sabotasie oor te gaan. Party lede van die eenheid verlaat die land, maar Motlanthe en ’n mede-MK-lid, mnr. Stan Nkosi, bly is Suid-Afrika agter om te help sorg dat strukture van Umkhonto we Sizwe aktief bly. Op 14 April 1976 word hy en Nkosi inhegtenis geneem. Die rede vir die arrestasie is dat hulle die doelwitte van die ANC, wat destyds ’n onwettige organisasie was, sou bevorder het. Hulle word elf maande lank by John Vorster-plein in Johannesburg aangehou. In 1977 word Motlanthe skuldig bevind aan oortredings van wetgewing teen terrorisme en deur die hof tot tien jaar tronkstraf gevonnis. Hy dien sy vonnis op Robbeneiland uit. Hy word in 1987 vrygelaat waarna die bevrydingsbeweging die taak aan hom opdra om die vakbondbeweging uit te bou. Hy begin as hoof van hul onderwysafdeling vir die National Union of Mineworkers (NUM) werk. In 1992 word hy tot algemene sekretaris van dié mynwerkersvakbond verkies. Motlanthe het ’n leidende aandeel in die daarstelling van ’n ooreenkoms waarvolgens die loonverhogings van mynwerkers op grond van produktiwiteit bepaal sal word. Hy is betrokke by die stigting van die Mynwerkersbeleggingsmaatskappy, wat in sy geheel deur die Mynwerkersbeleggingstrust besit word. Dit word deur die ANC beskou as een van die beste voorbeelde van ekonomiese bemagtiging in die land. Toe die ANC in 1990 ontban word, word Motlanthe aangesê om die wettige strukture van die party in die destydse PWV (vandag Gauteng) te laat herleef. Hy word in 1997 onbestrede tot sekretaris-generaal van die ANC verkies en word in 2002 tot dié amp herkies.
Mnr. Motlanthe is op 25 September
2008 deur die parlement tot president van Suid-Afrika verkies—’n
tussentydse pos wat hy beklee het tot die algemene verkiesing in April 2009, waarna die hoofleier van
die ANC, mnr. Jacob Zuma, die land se president geword het. Motlanthe
word deur Zuma aangewys as sy adjunkpresident. |
|
|
Nog nuttige inligting oor ons land •
Hoofstede:
Pretoria (uitvoerend) en Kaapstad (wetgewend); Bloemfontein is die
geregtelike sentrum |
|