Takalani Sesame
Sanlam se R100
miljoen-bydrae tot die opvoeding van die jeug van
SA
DIT
was kort voor die jongste eeuwisseling dat die wiele
begin rol het,
in 1997 om presies te wees.
Sesame Workshop,
wêreldberoemde media-maatskappy wat hom op kinders
toespits, het met die ontwikkeling van ’n opvoedkundige
media-inisiatief in Suid-Afrika begin. Dit was danksy ’n
skenking van die Amerikaanse agentskap vir
internasionale ontwikkeling, USAID, en ’n ooreenkoms met
die Suid-Afrikaanse Departement van Opvoeding.
|
Takalani en vigs
MET die uiters ernstige invloed van
MIV/vigs op die Suid-Afrikaanse bevoking lewer Takalani Sesame
ook sy belangrike bydrae tot die
bewusmakingsveldtog. Die projek het hom aangesluit by
die Departement van Opvoeding se HIV/vigs-kurrikulum vir
kinders van skoolgaande ouderdom.
Die jong gehoor word naamlik in
dialoë oor die siekte ingelig, onder meer deur mites te
vernietig en die stigma daarom af te breek. Alles word
gedoen op ’n manier wat kinders sal verstaan, soos deur
die toevoeging van
Khami, die heel eerste MIV-positiewe
Muppet-tipe speelpop.
Trouens, Takalani self is die
heel eerste
program nog wat die vigs-onderwerp met jong kinders
aanspreek.
|
Die plan het
getuig van durf—om ’n reeks kinderprogramme te skep wat
nie net die kennis van lees en skryf en reken moes
bevorder nie, maar sy gebruikers ook lewensvaardighede en nasiebou
moes leer, terwyl geprobeer moes word om die
rasse-ongelykhede aan te spreek
wat deur die jare
van apartheid geskep is.
Die gebrekkige
toedrag van sake waar formele voorskoolse onderrig
vir slegs
een uit elke ses kinders beskikbaar is, het ’n
media-insiatief des te noodsaakliker gemaak. Só het Takalani Sesame
dan ontstaan.
Maar daar was een
baie netelige kwessie. Alle lede van die Suid-Afrikaanse
bevolking het nie toegang tot televisie nie en die
kinders wat onderrig die meeste nodig het, sou steeds
nie bereik kon word nie. Om hierdie probleem aan te
spreek, het Sesame Workshop, met die geldelike steun van
USAID, ’n unieke nuwe opvoedkundige radio-inisiatief vir
kinders ontwikkel.
Tog was dit steeds nie genoeg nie. ’n
Uitreiking op voetsoolvlak was nodig om ouers en
kinderversorgers op te lei in die gebruik van
media-gedrewe onderrig. Dit sou meebring dat die program
en wat dit bied na die uithoeke van die land gebring
moes word.
Om die model in
werking te stel, was meer organisatoriese steun uit
Suid-Afrikaanse geledere nodig. Die Suid-Afrikaanse
uitsaaier SABC het toegetree om vir sowel die uitsending
van die TV- as die radio-reeks te sorg. Die SABC was ’n
natuurlike vennoot vanweë sy openbare mandaat om opvoedkundige klankprogramme van hoë gehalte aan jong
kinders en hul versorgers te bied.
Die inisatief het
die belangstelling van
Sanlam gewek, wat nie
slegs die spreekwoordelike stuiwer sou bygooi nie, maar
inderdaad vir die grootste borgskap-pakket in sy
geskiedenis sou sorg. Die maatskappy het Takalani beskou
as sy hoofbydrae tot opvoeding in hierdie land en ’n
waardevolle werktuig om die speelveld gelyk te maak in
voorskoolse opvoeding in Suid-Afrika.
Sanlam se bydrae
het verseker dat al die elemente van die projek gedek en
uitgevoer kon word. Só is ’n openbare/private
vennootskap gebore.
Altesame 65
televisieprogramme van ’n halfuur lank het die lig
gesien wat die Departement van Opvoeding se nasionale
kurrikulum en veeltalige doelstellings weerspieël het.
Daarbenewens is 39
radioprogramme in vier tale geskep en
in elk van die vooraf bepaalde provinsies uitgesaai.
Plakkate, boekies
en ander gedrukte opvoedkundige uitreikingsmateriaal het
’n geraamde 60
000 eindgebruikers bereik.
Die eerste
uitsending was in Junie 2000.
Die reekse, wat twee jaar lank daagliks op SABC-televisie
en oor die radio uitgesaai is, is deur miljoene kinders
gesien en gehoor.
Die trefkrag van die projek was so
oorweldigend dat Sanlam, Sesame Workshop, USAID, die SABC en
die Departement van Opvoeding weer hul kragte vir die
volgende stadium saamgesnoer en nog 105 TV-programme en
500 radioprogramme geskep het. Hierdie programme is met
’n verlengde uitsaaityd tot September 2006 uitgesaai.
Maar nog was het einde niet!
Daarna is aangekondig dat
Sanlam sy Takalani-borgskap
vir nog ’n aantal jare tot Januarie 2011 verleng het. Sanlam
sal dan betrokke gewees het in die voorskoolse opvoeding
van ’n hele geslag van skoolkinders.
Takalani-tapisserie: nog feite oor hierdie groot
suksesreeks