Mieliestronk-speletjie vir ’n klompie ledige minute   

Speel jy graag nulletjies-en-kruisies? Dis ’n veel taaier tameletjie dié!

Vier-in-’n-ry (in 3D boonop)

Rooi: Speler
Rooi: Rekenaar
Vlak: 1 2 3 4
Blou: Speler
Blou: Rekenaar
Vlak 1 2 3 4
Rooi begin Blou begin

JavaScript met vergunning van
The JavaScript Source

Speel jy graag nulletjies-en-kruisies—die speletjie waarin jy ’n opponent probeer uitoorlê deur die eerste te wees wat drie nulletjies en kruisies in ’n ry het? Wel, die speletjie hierbo, waarin jy op verskillende vlakke van jou keuse teen die rekenaar (of ’n ander speler) te staan kom, is ’n goeie entjie ingewikkelder. Jy moet vier balletjies in ’n ry kry, maar dit kan ’n reguit ry in enige driedimensionele rigting wees. As jy eers wil sien hoe die sakie werk, bewerk die knoppies sodat die rekenaar ’n aantal kere teen homself speel en hou hom dop. Wanneer jy self wil speel, klik jy telkens op die bokant van ’n pennetjie om jou balletjie daarin te laat afgly. Jy kan ook die speelperk roteer, soos jy sal opmerk. Moet net nie te gou tou opgooi nie!

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad